So berei jy ‘n romantiese ete vir vroulief voor

Young couple in their kitchen

Daar is al baie gespekuleer oor wat alles ’n romantiese ete behels, watse aphrodisiac kosse om voor te berei tot die hoeveelheid gegeurde kandelare om op te steek, maar as jy dit reg doen…

… sal dit nie saak maak of jy vir haar gebrande toast of ’n driegang maaltyd opdis nie. Dit sal eindig met haar wat vir jou dankie sê nes jy daarvan hou.

Die meeste mans word afgesit van die romantiese ete idee omdat hulle nie hulleself as ’n goeie kok beskou nie. Maar hier is die geheim agter elke romantiese ete – Dit is nie wat jy vir haar doen nie, maar wat jy raaksien wat sy vir jou elke dag doen. Die romantiese ete is ’n goeie aand uit en ’n geliefde intieme aand wat dalk nog vir ’n dag of twee jou vrou op wolk nege gaan hou, maar na ’n week van die normale dag tot dag vereistes, is daar niks meer wat oorbly van die romantiese ete nie. Wat sal gebeur as jy nie net ’n goeie romantiese ete vir haar opdis nie, maar ook vir haar iets gee wat sy elke dag in haar normale lewe aan jou laat dink en warm gevoelens vir jou koester?

Dit is nie wat jy doen nie, maar wat jy raaksien wat sy vir jou doen!

Saam met enige romantiese ete wat jy haar mee bederf, moet jy dit duidelik maak dat hierdie is maar net ’n klein teken van jou waardering vir die etes wat sy elke dag vir jou en die gesin maak. Komplimenteer haar op die dinge wat jy al van self sprekend geneem het, soos om elke aand aandete te maak. Koppel hierdie gevoel van die romantiese ete aan die normale elke dag roetine en jou romantiese aand voordele sal baie langer geniet kan word.

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis.

Hoe meer onverwags die ete, hoe meer romantiese punte is daar vir jou. So moenie te veel verwag om haar te beïndruk om iets spesiaals te doen op haar verjaarsdag, Valentynsdag of op julle huweliksherdenking nie. Dit word van jou verwag! Maar as jy sommer maar net en vir geen rede vir haar kos in die bed bring, mag jy dalk net seks in die kombuis kry. Breek weg van die normale met kos en met seks. ’n Gesonde huwelik is een waar daar nog misterie aan gekoppel is. Moenie toelaat dat julle in die boring groef verval nie.

Ontbyt in die bed…

Staan ’n bietjie vroeër op as sy en gaan sit die ketel en oond aan. In plaas van die normale bacon en eiers, maak vir haar ’n bacon-eier-muffin. Haal ’n muffin-tray uit en smeer botter of spray nonstick. Neem ’n gewone sny van brood en sny die kante af. Plaas ’n gesnyde brood in elke muffin houer en druk dit af dat dit die onderkant van ’n muffin vorm. Breek een eier in die middel van elke “brood-muffin”. Jy kan dit ook opvul met tamaties, groenpeper, mushrooms en bacon stukkies. Top dit af met gerasperde kaas oor die top en sit dit in die oond. Gee so paar minute vir die eier om te bak om die “brood-muffin” te vul. Bedien dit saam met koffie of tee vir jou vrou in die bed, met die boodskap, dat hierdie maar net ’n klein blyk van waardering is vir alles wat sy elke dag vir jou doen.

Seks in die kombuis…

Die beste manier om enige ete romanties te maak is om dit saam te maak. Dit is nou al ou nuus dat seks vir ’n vrou begin in die kombuis. Of altans enige ander plek as in die slaapkamer. ’n Vrou moet nie net voel dit is nog ’n huweliksplig wat sy moet verrig voordat sy moet gaan slaap nie. Ruim die huis op, maak aandete, sit kinder in die bed en plesier manlief in die slaapkamer! Gee vir haar die boodskap dat jy saam met haar in die huwelik is as ’n gelyke. Wanneer jy weer jou vrou sien voor die stoof staan en kos maak, moet jy dadelik terug dink aan die fliek “Ghost”, waar Patrick Swayze agter Demi Moore kom staan en saam met haar die pottery doen. Seks in die kombuis is nie om regtig in die kombuis seks te hê nie, maar om die alledaagse van aandete te maak, ’n romantiese twist te gee. Maak seker dat wortels sny en vleis braai nog nooit so eroties was nie!

 

Gebeur dit met jou dat jy so graag goeie en nuwe seks met jou man wil hê, maar jy sukkel om te dink aan kreatiewe seks idees? Wel, moenie langer bekommer nie. Bestel my boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis” om vir die volgende jaar elke week ‘n nuwe vars en kreatiewe Gesonde Seks Huiswerk op jou man uit te oefen.

Om jou boek nou te bestel besoek: http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s