Kyk en begeer of kyk en bekeer?

sturgis_womens_tank_top_hot_sexy_lady_t_shirt-p235526930834559116qzrf_400

Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

In my Bybel is hierdie vers (Matteus 5:28) in rooi ink en nee dit is nie omdat ek dit probeer uitkrap het nie! Hierdie het Jesus in sy eie woorde gespreek en daarom moet ons regop sit en luister.

Kyk en bekeer!

Hoe dit vir my oorgekom het soos wat ek groot geword het in die kerk is dat jy moet kyk en bekeer. Dit was in my ingedril dat jy alle meisie soos jou suster moet behandel. (1Timoteos 5:1-2) Hierdie was ’n probleem want ek het al my suster se vriendinne anderste gesien as ek my suster gesien het.

Daar word onrealisties verwag dat ’n man se seksualiteit afgeskakel moet wees tot hy trou en dan wanneer hy getroud is behoort sy seksualiteit net aan sy vrou. Maar in werklikheid behoort elke persoon se seksualiteit aan hom of haarself. En sonder daardie kyk en begeer, sou geen man enige vrou gevra het om te trou nie.

Die hele kyk en bekeer boodskap is een wat die man skuldig laat voel oor sy seksualiteit, om hom te herinner dat hy net een ding op die brein het en om die punt huis toe te bring dat seksualiteit is eintlik iets vuils, lelik en verkeerd. Iets wat ons as Christen-mans moet van wegdraai en onsself van moet bekeer.

As die man gemaak is om visueel gestimuleer te word, hoekom dan is dit verkeerd om deur die visuele gestimuleer te word?

Kyk en begeer?

Kyk en begeer is normaal. Dit is ’n teken dat jy ’n gesonde volbloed man is. Jesus tydens Sy bergrede (Matteus 5) wys die mens na sy tekortkominge en maak dit baie duidelik dat sonder God se genade, sal niemand perfek kan wees nie. Jesus se bedoeling is nie om teen die man se seksualiteit te praat nie. Hy gebruik egbreuk en begeer as ’n voorbeeld om die mens op sy swakheid uit te wys. Begeer is ’n normale en gesonde deel van elke man se seksuele lewe. ’n Deel van sy menswees wat God vir hom gegee het. Maar dit is wanneer die man nie sy kyk en begeer kan beheer nie dat dit problematies begin word. Dit is amper asof die eerste kyk is onvermeidelik, maar die tweede kyk is ’n toets van jou karakter.

Kyk en bestuur

Die gevaar om skuldig te voel oor die begeer gedeelte en dit dan te probeer afskakel, is dat jy met jou seksuele DNA begin peuter wat baie groter gevolge vir jou gaan inhou. Hoe verder jy jou seksualiteit onderdruk, hoe groter gaan die uitval daarvan wees. Kom ons gebruik Koning Dawid as voorbeeld. Hy het vir Batseba gekyk, haar begeer en volgens my verstaan van seksualiteit en die Woord is dat dit alles nog ’n teken van ’n man met 20/20 visie is. Daarna het hy ondersoek gaan instel om te hoor wie sy was. Hier begin dit ’n bietjie dodgy raak, want hy maak planne om sy kyk en begeer na ’n ander vlak te neem. Hy het geen rede gehad om dit te doen nie, want op daardie stadium het hy meer as 3 ander vrouens alreeds gehad om aan sy seksuele behoeftes te voorsien.

Nadat hy uitgevind het sy is ’n getroude vrou, het hy nie homself daaraan gesteur nie en het ’n one night stand gehad met haar. Met ander woorde: hy het haar gebruik vir sy eie plesier. Hy het nie belanggestel in haar as mens nie. Hy wou nie met haar trou nie. Hy wou net sy eie plesier kielie en die hel met die res. Van daarvandaan was dit net afdraande vir hom waar hy geëindig het om moord te pleeg.

Dawid se probleem was nie dat hy Batseba aanloklik gevind het nie. Sy probleem was dat hy nie sy seksualiteit gesond kon bestuur nie. Seksuele sonde is wanneer jy net oor jouself omgee. En wat Jesus in Matteus 5 ook noem is dat dit beter is vir die man om sy oog uit te pluk of sy hand af te kap. Met ander woorde, die man moet soms sy eie begeertes bestuur in so ’n manier dat dit van homself gaan kos, byvoorbeeld soos Josef. Josef het begeertes gehad vir Potifar se vrou, maar hy het dit so bestuur dat hy gesê het hy sal nie teen sy God en sy baas “Potifar” kan sondig nie.

Begeer op sy eie is nie verkeerd nie, maar dit is waarna toe jy dit bestuur wat jou in die sop gaan laat beland.

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? – Ja, maak seker jy lees my boek “Wat Adam my van seks geleer het”. Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

3 thoughts on “Kyk en begeer of kyk en bekeer?

  1. Pingback: Jesus, die groot vegter vir vroueregte | Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

  2. Is dit nie waar baie getroude mans begin skeeploop nie? Die feit dat die getroude man sy vrou bekyk en haar begeer en dan soms sekere voorstelle maak soos om sexy aan te trek as hulle uitgaan. Die man IS MOS visueel. Die vrou wil dit dan nie doen nie en dan draai hierdie getroue en getroude man na ander vrouens en kyk eerder na hulle omdat hulle nie so “skaam” is nie. ‘n Getroude man bly eg aan sy eie vrou. Hy wil sy manwees en visualiteit saam met sy eie vrou uitleef, maar wat gebeur as sy vrou bietjie “koekerig” en skaam is? Kyk die getroude man nou maar na ander vrouens?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s