Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis

Image

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis is Timothy Kieswetter se tweede boek waarin hy seks openlik bespreek en beoog om seks as deel van ’n gesonde huwelik te illustreer. Dit maak nie saak wie jy is nie, jy is as seksuele wese geskape met die doel dat seksualiteit vir jou ’n seëning sal wees en nie ’n straf nie. Gesonde Seks bevorder gesonde huwelike en vir te lank is die onderwerp van seksualiteit ’n taboe om oor te praat. Vir sommige paartjies is dit soms moeilik om die ‘gesondheid’ van seks raak te sien en die bedoeling met intimiteit te begryp, wat nog te sê dit in die fynste besonderhede te bespreek. In

 

 

 

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis gee Timothy Kieswetter praktiese wenke (en ja, in die fynste besonderhede) hoe om Gesonde Seks te beoefen. Sy doel is om die persepsie dat seks vuil, sleg en lelik is te verander na dat seks ’n wonderlike deel van die huwelik uitmaak. Die boek gee praktiese voorbeelde van hoe om intimiteit in jou huwelik te bevorder en jou huweliksmaat se seksualiteit en sensualiteit te leer ken. ’n Moet-lees vir elke paartjie wat wil leer hoe om dit tussen die lakens warm te hou!

Intiem Tydskrif skryf:

Wat ‘n prettige en leersame boek! Het jy ooit gedink daar kan soveel tipes seks wees? Wel, in hierdie lekker-lees boek, lig Timothy Kieswetter jou nie net in nie, maar hy moedig jou aan om daad by woord te voeg. Die boek bestaan uit kort, toeganklike skryfstukke met verskeie metodes waarmee getroude paartjies hul sekslewens kan opkikker. By elke skryfstuk, is daar ‘huiswerk’ wat hiermee saamgaan. Die boek is beslis nie vir slaapkamerlammetjies nie en jou grense van gaan dalk getoets gaan word, maar dit is ‘n ‘veilige’ boek wat vanuit ‘n Christelike perspektief geskryf is.  Al ooit gehoor van Broek-seks, Skilpad-en-Haas seks en Multiplayer seks (nee, dit is nie ‘n threesome nie!)? Stof af jou stoute skoene en pak saam die boek “Ontbyt in die bed en seks in die kombuis – 52 weke tot ‘n beter sekslewe” aan. Dit is ‘n móét hê huiswerk-boek vir elke Suid-Afrikaanse getroude Christenpaartjie.

 

Bestel jou kopie vandag vanaf die Gesonde Seks website.

Die boek is ook beskikbaar as ‘n Amazon Kindle e-book

2 thoughts on “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis

  1. HAAL MY VAN JOU KONTAKLYS AF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! EK IS MOEG VAN AL DIE e-MAILS. EK HET NIE GEVRA OM DIE GOED TE KRY NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! STOP DIT!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

    • Retha, die enigste manier hoe ek jou email adres kon kry is wanneer jy dit vrywilliglik self gegee het toe jy aan die blog subscribe.
      As jy moeg is om die emails te ontvang, kan jy jouself unsubscribe, deur om af te scroll op die emails wat jy ontvang en op die unsubscribe link te klik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s