Wat is die groter euwel? Seks voor die huwelik of skei?

divorce460

Ek word elke dag gekonfronteer met hierdie vraag: “Seks voor die huwelik, sonde of nie?” 

Maar ek dink ons fokus nou al te lank op die verkeerde ding. Daar is geen vers wat uitdruklik sê seks voor die huwelik is sonde nie, want in die Bybel se tyd het mense getrou op die ouderdom van puberteit en dus was seks voor die huwelik nie regtig ’n kwessie gewees nie.

“Die Woord van God is duidelik daaroor dat voorhuwelikse seks sonde is.” Is ’n antwoord wat elke tweede persoon in die kerk gee. (Ek wag nog vir daardie duidelik vers.)

Kom ons kyk gou na die realiteit. Hierdie boodskap, waarskuwing en sondige wet, werk nie. Dit help niemand nie. Dit bring net meer skuld en verander niemand se lewens ten goede nie.
Die resultate van ’n klein studie van 800 Afrikaanssprekende Christene wat ek gedoen het oor “Was jy ’n virgin op jou troudag” het 76.6%  “nee” geantwoord.. En slegs 19.7% het “ja” geantwoord. Die res, 3.8%, het gesê hulle beplan om te wees.

Ons seks voor die huwelik boodskap werk duidelik nie, want 76.6% van die mense het seks voor die huwelik gehad.
Ek self dink en bemoedig mense om so lank as moontlik te wag voordat hulle seksuele aktief word en om dit slegs in ’n committed verhouding te doen, wat veronderstel is om ’n huwelik te wees. (So jy kan maar relax, want ek glo dieselfde as jy. Maar ek is vas oortuig daar moet ’n beter manier wees om die boodskap van gesonde seks en gesonde huwelike oor te dra as om mense onder sonde te verdoem. En het Jesus nie in elk geval met sonde gedeel nie? Hoekom is sonde nog so ’n groot issue vir ons?)

Maar ongelukkig het EGSKEIDING hierdie seks voor die huwelik boodskap kragteloos gelos. Met die skeisyfers so hoog, is daar baie tieners wat uit gebroke huise kom. Wat eerstehands gesien het hoe “sleg” ’n huwelik kan wees. Nou verwag ons dat hierdie tiener moet luister vir dieselfde ouer en gesagsfiguur om nie seks te hê “iets lekker” voordat hy getroud is nie “in sy kop iets slegs”, want dit is sonde en verkeerd. Vir hom, is die sonde en verkeerd wat sy ouers gedoen het toe hulle hul huwelik opgemors het.
Die toename in mense wat saambly is ’n getuienis van die feit dat ons die konsep van ‘trou’ en ‘huwelik’ besoedel het. Dat mense eerder sal saambly en seks hê eerder as om te trou, want daaraan is al die seer van skei, ongelukigheid en affairs daaraan gekoppel.

Ek eindig af met hierdie gedagte. Nêrens in die Bybel staan daar dat God seks voor die huwelik haat nie, maar wel dat Hy egskeiding haat (Mal 2:16).
As God se fokus meer is op skei en om skei te keer, hoekom is ons fokus dan op seks en om seks te keer?

 

Het julle al ‘n voorhuwelikskursus bygewoon? Hoekom doen julle nie sommer ons 6-week huweliksvoorbereiding e-Kursus vir verloofdes en pasgetroudes nie.

Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/14-huwelik-voorbereiding-vir-verloofdes-en-pasgetroudes

14 thoughts on “Wat is die groter euwel? Seks voor die huwelik of skei?

  1. Ek dink mens moet biji dieper kyk. Elke keer wanneer jy seks met iemand het, glo ek daar vind n sielsverbintenis plaas. Nou het ek seks voor die huwelik met X en trou met Z. Nou sit ek met X se verbintenis ook. Dink net as mens nou met 8 mense voor die huwelik seks het. Dit gaan nie oor die daad seks. Dit gaan oor dieper as dit. Seks is n daad wat jy jou verbind aan iemand.

  2. Timothy nou kom ek gee jou n duidelike vers dat voor huwelikse sex sonde is. As jy n vrou se virgin breek is daar n bloed verbond gesluit tussen jou en haar en God is hier betrokke so elke ander wat jy hyet is n verbond met wie???? Jou saad is bloed en as jy saad stort op enige plek is dit sonde jy moet jou bybel lees jammer ek verskil met baie goed wat jy die mense op die blad leer.

    • Waar is ‘n man se saad bloed?
      En as jy regtig daardie bloed verbond ding wil deur volg dan moet jy ook (volgens die selfde stuk vers waarna jy verwys) al die vrouens wat nie bloei op hulle wittebrood nie, dood steuning.
      En gaan lees weer wat ek in die artikel geskryf het, ek het nie casual seks goed gepraat nie, ek het gepraat van seks voor die huwelik in commited paartjies wat saambly. Daar is ‘n groot verskil tussen die twee.
      Dis oraait dat jy verskil, want ek verskil van baie dinge wat aan my geleer was deur die vorige generasie.

  3. God het ons so gemaak – en dit was goed! so waarom sal ek my voor God skaam as ek in my hart glo dat Hy verstaan – vergeet wat mense sê! ek het baie keer op my kinders se vraag “Pa, mag ek na daardie of so ‘n plek gaan, is dans sonde” -, of watter vraag die kind mee worstel , maar net geantwoord dat as jy dink God mag saam met jou daarheen gaan, of daar wees wanneer jy dit of dat doen, waarom twyfel jy dan! God het jou ook ‘n gewete gegee – luister maar daarna!

  4. Seks voor die huwelik is sonde, want dit word duidelik gestip in die Bybel dat je net een sielsgenoot mag he. Maak nie saak of jy met 30 mense geslaap het nie, jy het jou fisies tot daai persoon gebind. As jy jou Bybel gaan lees sal jy sien daar staan ook dat as jy wel seks voor di huwelik met n persoon gehad het en julle Trou nie is dit soos egbreek(skei) j sondig.

  5. Gaan lees jou Bybel, Ja hulle het wel hoeveel vroue gehad maar as jy gaan kyk het, het nie een van hulle “geskei” nie. so nou vra ek jou as jy seks het voor die huwelik trou en 3 maande later skei jy is dit dan ook reg. as jy gaan navorsing doen oor die tipe goed sal jy sien wat gese word. enige iemand kan dan ook maar netso wel glo dat eva nie die eerste vrou op aarde was nie maar wel lilth, sy is in die see gegooi nadat sy die opdrag van God gewyer het.

  6. Baie dankie Wert, nou verstaan ek ook soveel meer dinge nadat jy dit vir my in konteks geplaas het.

    Wat Die oorspronklike vraag aanbetref: EK dink albei is verkeerd, maar gesien uit die oogpunt van n kind veral, sal ek se skei is erger! Veral aangesien ek uit n gebroke huis kom en self deur twee egskeidings is. Dis veral erger vir die persoon wat “agterbly” of verwerp word. Dit laat onnodige letsels by die verwerpte persoon en kinders.

    Ek glo nie die skrywer probeer enige vd punte goedpraat nie, dis nie my gevoel nie. Maar ek sal gesien ivm my eie “experiences” veel eerder saambly as trou, in elk geval tot ek soveel moontlike sekerheid kan kry oor die ander persoon. (Al weet ek in my hart dat dit nie die regte ding is om te doen nie).

    Ek wil egter net baie pertinent noem dat ongelukkigheid en affairs steeds n deel kan uitmaak van so n saamblyery / vaste verhouding. So dis eintlik maar in my oe n 50/50 situasie.

    Graag sou ek natuurlik weer wil trou, maar die keer letterlik “tot die dood ons skei”.

  7. Ek verstaan uit die Bybel dat God alle sonde haat en dus nie onderskei tussen ‘n groter of kleiner sonde/euwel nie. Ek dink God het seks geskep om ‘n baie spesiale band tussen man en vrou te smee met die gedagte dat dit ‘n lewenslange band sal wees. Sou jy dus ‘n maat ontmoet en werklik glo dat hy/sy jou sielsvenoot is waarmee jy die res van jou lewe gaan deel … en dit is opreg wedersyds , kan seks voor die huwelik mos nie sonde wees nie? Die stukkie papier wat julle onderteken is tog immers niks werd nie … dis die opregtheid van julle verbond voor God wat julle huwelik sal laat staan al dan nie. Uit ons sondige natuur en gejaagde lewe is ons nie meer bereid om “effort” in te sit om die huwelik te laat werk nie en ek dink dit is eerder hier waar die probleem le … so ons wil die lekker sonder die commitment he!

    • Prys die Here vir so siening! Daar is soveel opinies en dogmas waaronder ons gebind word en ons dra ons dood daaraan omdat ons oningelig is en die Woord gemanupileer word juis deur onkunde. En wie trek waar die streep oor wat seks is: gedagtes, vry, masturbasie of penetrasie en orgasme?
      Die “huwelik” begin met die commitment verseker! Die “sign on the dotted lign” is net n formaliteit om ANDER se gewetens te sus en tonge stil te maak…..dis moeiliker om werklik te commit as om NIE seks te he nie!

  8. Ai ou broer jy slaan die pyker op die kop! Ek het ‘n bediening om mense beter te laat voel oor hulleself en het onder al die pasiente gevra “Kry julle dit reg om nie te sondig nie?” My statistiek is nog beter as joune. 100% van die respondent het gese dat hulle al gesondig het. Ek het daarom voorgestel dat hulle moet vergeet van stry teen die sonde want dit is te moeilik (en almal val in elk geval) en dit laat hulle in elk geval skuldig voel so hulle moet vergeet van die begrip sonde en net lewe soos hulle wil. Ek het nou amper 100% “buy-in” in hierdie begrip en dit beteken tog dat die begrip sonde irrelevant is!.
    Jy doen goed broer, hou net aan met hierdie prediking en jy sal duisende ondersteuners he.

    • Verseker stem ek saam! moenie wat mooi, eenvoudig en opreg is alewig probeer lelik en ingewikkeld maak en mense skuldig laat voel nie. miskien moet ons meer konsentreer op dit wat mooi en reg is as om gedurig energie op die verkeerde te mors. daar is in elk geval ook soveel mooi en goeie mense in die wêreld dat ons mekaar en ook mekaar se vertroue en bedoelings mag respekteer – alles is nie net lelik op hierdie aarde nie! God gee soveel mooi en pragtige dinge waarop ons ons kragte en ons plesier kan gee.! Boonop het ons nog ‘n gewete ook gekry – die meter in ons lewe wat vir ons sal sê of ons besig is om verkeerd te gaan – ons sal weet!

  9. Sjoe dis baie interessant hoe mense reageer. My post was “tong -in-die-kies(wetter)” oor die feit dat Timothy deur sy “studie” gevind het mense kan hulleself nie weerhou voor die huwelik nie en daarom moet ons nou seks voor die huwelik sanksioneer as reg omdat die praktyk bewys mense het in elk geval seks voor die huwelik. Ek het dit met die feit vergelyk dat omdat mense nie kan ophou sondig nie, ons dan nou kamma se dat dit daarom reg is dat as mense nie God se standaard (heiligheid) kan navolg nie, ons dan maar toegee aan die sonde want God sal mos verstaan. Hy is immers ‘n liefdevolle god wat net wil he mense moet gelukkig wees in alle omstandighede, gee nie om hoe hulle lewe nie.
    Omdat ons in ‘n permissiewe gemeenskap lewe waar ons eie plesiere en voorkeure voorrang geniet is dit immers ons reg om seks voor die huwelik te he of dan wat sal volg, buite-egtelike seks in die huwelik omdat my maat dalk nie so progressief (of permissief) soos ek is nie. Die uiteinde is immers die gemeenskap wat ons tans het waar 12 jariges (wat ook nie hulle seksdrang kan beteuel nie (en wat tog net nie teegegaan moet word of hulle plesier bederf moet word nie) en waarvoor almal sekulere oplossings voor soek.
    Heb. se “julle het nog nie ten bloede toe teen die sonde weerstand gebied nie”. Hierdie is beslis fundamentalisties en word nie in vandag se “goeie geselsskap” geduld nie. Dis te veel “judgemental” en nie in die gees van die tyd nie.
    gelukkig se die Bybel dat die leermeester meer geoordeel sal word as die arme skaap wat hom volg. Sterkte Timothy jy bou ‘n goeie gevolg op!

  10. Ek weet nie presies waar ek staan as dit kom by seks voor die huwelik nie.

    Een kant van my weet dit is verkeerd, en ek glo dat daar genoeg in die Bybel geskryf is om te verstaan dat dit verkeerd is. Ek stem 100% saam dat mens nie net kan seks hê agv die “plesier” aspek van dit nie. Mens kan ook nie net met enige persoon seks hê nie, daar moet n seker verbintenis wees.

    Aan die ander kant wonder ek, is dit verkeerd om seks te he met n persoon waarmee jy nie in n huwelik is nie, maar verseker weet dat dit verseker hou lewensmaat is, dat daar baie meer in daardie verhouding is as net “plesier”
    Dan is daar weer n ander kant van my wat my laat wonder of mens nie net die Woord aanpas sodat by jou lewensstyl inpas nie, sodat dit aanvaarbaar is, of minder verkeerd is, of voel nie.

    Dit is moeilik om oor seks te praat, baie mense dwing hul opinie op jou af en glo dadelik dat jy in sonde leef oor die argument wat dan op die tafel is, en daar is gewoonlik geen konstrutkiewe gesprekke nie, mense baklei baie daaroor, en dit is eintlik so onnodig, baie mense is so onseker oor wat hul regtig doen, en wat reg of verkeerd is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s