Jesus, die groot vegter vir vroueregte

woman rights

Jy hoef nie baie vêr rondom jou te kyk om te sien die wêreld is nie ʼn baie regverdige plek nie. Veral nie as jy ʼn vrou is nie. Alhoewel ons in 2013 lewe, in ʼn land met die mees progressiewe vroueregte in die wêreld, is daar nog steeds ʼn gevoel, atmosfeer, geloof wat heers dat die man die baas is.

Wanneer ons die Bybel lees, veral die Ou Testament, dan dink ons maar dit is hoe God die man en vrou gemaak het. Maar soos baie dinge sien ek dit anderste. (Ek gaan nie nou hier my hele geslagsiening met jou deel nie – dalk sal ek dit eendag in ʼn boek sit.) Hierdie is maar net om ʼn klein klip in die bos te gooi (en hoop niks word terug gegooi nie).

Daar is twee stukke waar ek lees hoe Jesus opgestaan het vir vroueregte.

#1. Johannes 8, lees ons van ʼn vrou wat op heterdaad betrap is besig met owerspel. Die wet het gesê so ʼn vrou moet dood gemaak word. En die Fariseërs het gereed gestaan met klippe om haar te stenig. Wat het die wet gesê van die man wat in owerspel betrap is? Niks nie.

Jesus kom en spreek haar vry. Hy is die vrou se seksuele reg op dieselfde vlak as die man se seksuele reg. As die man nie gedood moet word nie, moet die vrou ook nie gedood word nie.

#2. Matteus 5:28, een van my gunsteling verse waar Jesus met die getroude man praat en sê al kyk hy net na ʼn ander vrou en haar begeer, het hy alreeds egbreek in sy hart gepleeg.

(Ek glo nie Jesus praat hier teen wellus nie, maar maak egter ʼn dieper geslagsidentiteit-punt. Lees my ander artikels en interpretasies van hierdie vers hierso:

Kyk en begeer of kyk en bekeer,

A deeper truth revealed in Matt 5:28,

Sondig ek in my hart as ek na ‘n mooi vrou kyk?

Hou in gedagte in watse klimaat Jesus hierdie vers gespreek het: in ʼn tyd waar dit toelaatbaar was vir die man om owerspel te pleeg, maar die vrou nie. (Johannes 8 storie)

En hier drop Jesus ʼn bom wat die manlike patriarg-kultuur tot sy fondamente skud. Nie net spreek hy die manlike egbreker aan nie, maar ook dat al bedink hy dit net, is hy alreeds skuldig aan egbreek. En hierdie sê hy vir die manne wat nie eers geglo het hulle is skuldig aan egbreek al word hulle op heterdaad daarmee betrap nie.

Ek glo die groot geslagsrif tussen man en vrou is te danke aan die sondeval. Dit is nie hoe God dit bedoel het om te wees vir man en vrou nie. Is jou huwelik onder die vloek? Is daar ʼn groot gesagsverskil in julle huis? Of lewe jy in die tuin van Eden, as gelykes?

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? – Ja, maak seker jy lees my boek “Wat Adam my van seks geleer het”. Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

3 thoughts on “Jesus, die groot vegter vir vroueregte

  1. Tim,

    Ekt net ‘n vinnige ontbyt by Bugatti kom eet, toe ek hd blog v jou op my iPhone kry, & die kelner het nou al hoeveel x ‘n draai kom maak, want ek kon net nie los nie. Wens jy was nou by?

    Baie geluk met die boodskap, & laat d godsdiens gees kritiek, soos water van ‘n eend se rug rol?

    Beste groete

    Paul

    Sent from my iPhone

  2. Dankie vir al die interessante en sinvolle skrywes!

    Ek sien uit na LES 2 VAN SALOMO SE LIEFDES GEHEIME! Nog nie hierdie week opgedaag nie! Wel die week is nog nie verby nie, so miskien kom dit nog.

    Mooi dag

    Kobus Smit

  3. Pingback: Jesus, fighter for women’s rights? | Biblical Personhood

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s