Hoekom vrouens sukkel om komplimente te aanvaar

mirror-mirror-on-the-wall-jeff-kolker

“Spieëltjie, spieëltjie aan die wand wie is die mooiste in die land?”

Dit is een van die vrou se grootste begeertes om gekomplimenteer te word, hulle sal selfs gereeld skimpe los om dit te kry: “Liefie, hoe lyk ek in hierdie skoene?”, “Hoe pas hierdie rok my?”, “Wat dink jy van hierdie oorbelle?” en dalk die gevaarlikste een van hulle almal vir die man om te beantwoord “Maak hierdie my vet lyk?”

Dit maak nie regtig saak wat die man hierop antwoord nie, hy is verkeerd en in die moeilikheid!

Selfs mans wat uit hulle eie, hulle vrouens smoor met opregte komplimente, is dit totaal afhangklik van hoe sy op daardie oomblik voel. As die vrou sexy voel, is sy bereid om ʼn sexy kompliment te aanvaar. Maar as sy vet en lelik voel, sal self ʼn opregte kompliment van die hand gewys word.

Vir een of ander rede werk hierdie net met komplimente van die persoon vir wie die vrou lief het. Maar wanneer ʼn wild vreemdeling ʼn kompliment vir haar gee, word dit absorbeer soos ʼn skaars reëndruppel in die woestyn en verander in verwyd dat haar man nie meer gereeld sulke dinge vir haar sê nie.

Dalk is dit omdat in daardie oomblik van die vreemdeling se kompliment voel sy getransformeer in hierdie beeldskone seksgodin, maar by die huis, na vele komplimente van haar man, voel sy net soos ʼn gewone vrou. Die fantasie van hoe sy graag wil voel kan nooit opmeet teen die werklikheid ‘self vergelyking’ nie.

Studies het getoon wat ons lankal weet, dat vrouens is baie meer krities oor mekaar en hulleself as wat mans van die vrou se lyf dink of omgee.

As ons die woorde van Beyonce hier kan gebruik: “Your self-worth is determined by you. You don’t have to depend on someone telling you who YOU are.”

As ek die artikel kan af eindig om ʼn uitdaging vir die vrouens te gee. Moenie op jou man staatmaak, of enige ander man om jou selfbeeld hoog te hou nie, want dan gaan jy hom na ʼn ruk nie meer begin glo of vertrou nie. As hy aanhou om te sê hoe mooi jy is vir hom, maar jy vergelyk jouself met iemand op die TV, sal jy altyd jou man se komplimente van die hand wys.

Raak verlief op jouself.

Op jou eie individualiteit.

Wanneer laas het jy voor die spieël gestaan en jouself raak gesien?

Nie net dit wat jy moet doen voor die spieël nie.

Maar regtig jouself raaksien.

Raak verlief op jouself.

Nes jy is.

Hierdie nuwe goedvoel gevoel wat jy oor jouself begin kweek, sal nie net jou man weer twee keer vir jou laat kyk nie, maar dit sal ook jou instaatstel om sy komplimente weer te aanvaar.

 

Om ‘n gesonde sexy selfbeeld te kry is nie iets wat oornag gebeur nie. Daarom het ons verskillende e-Kurusse ontwikkel waarin ons ‘n pad stap saam met jou om jou te help om daardie inner seksgodin in jou te vind.

e-Kursusse wat ons aanbeveel is: Die Hooglied vrou, Styl en Voorkoms en Orgasme 101

Gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse om meer te lees oor ons e-Kursusse.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

4 thoughts on “Hoekom vrouens sukkel om komplimente te aanvaar

  1. Ek stem nie saam nie Timothy. Ek waardeer altyd n opregte kompliment, komende van die man in my lewe, maak nie saak hoe ek voel nie! Wat die opslurp van komplimente aanbetref vanaf ander mans – wel, miskien is dit juis omdat baie vroue in dieselfde situasie is as ek en amper geen komplimente ontvang van daai belangrike persoon af nie? Die situasie kan omgekeerd wees, want daar is baie mans daar buite wat nie genoeg kan kry van komplimente nie, maar moenie dink hul sal dit uitdeel nie! Al is baie vroue meer krities op mede vrou, is hul gewoonlik ook die eerste om n opregte kompliment te gee. Ek stem egter 100 % saam met die aanhaling van Beyonce.

  2. Pingback: Wat is jou bra-grootte en hoe om dit te vergroot? (Of nie?) | Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

  3. Pingback: Jou sexy-gevoel bepaal hoe gereeld jy gaan lus voel vir seks. | Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s