Die lank en kort van penis vergroting.

david statue

Kom ons begin by die begin. Is die grootte van ʼn man se penis regtig so ʼn belangrike saak?

Ja en nee. Dit speel ʼn verskriklike groot rol maar ook nie regtig nie. Kom ek probeer my verduideliking so kort as moontlike te hou, terwyl ek dit probeer langer uitrek.

Studies het gewys dat 85% van vrouens is wel tevrede met hulle man se penis grote, maar slegs 55% van dieselfde mans is tevrede met hulle eie grootte.

So die grootte van jou meneer maak nie vir jou vrou soveel saak nie, maar wel vir jouself. (Hou net in gedagte as jy dalk “hang” soos wat jy graag so wou gehang wees, is daar ʼn baie goeie kans dat jou vrou die berge in sal hardloop wanneer sy jou sien.)

Maar omdat ʼn man se ego, manlikheid en seksuele lus direk gekoppel is aan sy beeld van sy penis, maak die grootte wel saak.

Om voort te gaan moet ons na drie kante van hierdie ding kyk.

1)      Hoe groot die penis van die man is wanneer ons dit met ʼn liniaal meet. (Nee, moenie een gaan haal nie.) (Biologiese-grootte)

2)      Hoe groot die penis vir die man voorkom. (Sielkundige-grootte)

3)      Hoe groot is die funksie van die man se penis. (Funksionele-grootte)

1)      Biologiese-grootte

As jy gehoop het ek het oefeninge wat jou biologiese-grootte van jou penis gaan vergroot, mag jy dalk teleurgesteld wees. Jou penis is nie ʼn spier nie, en hy gaan nie groter word soos wat jy hom meer oefen nie. Jou penis bestaan uit weefsel wat vol bloed word soos wat jy ʼn ereksie kry. Die meeste mans se grote tydens ʼn ereksie is iewers tussen 12.9 – 16cm, maar in sy flaccid state, (wanneer hy slap is), is elke man se biologiese-grootte anderste. (Dink net hoe sou die kondoom maatskappy gesukkel het om verskillende sizes te bemark: “Ag shame”, “amper daar”, “normaal”, “geseënd”, “you wish”.)

Sal jy my glo as ek vir jou sê jou penis is eintlik dubbel so lank as wat jy dink dit is?

Die deel van jou penis wat jy sien is maar net die deel wat uitsteek, maar as jy jou vingers neem en voel onder jou skrotum sal jy voel hoe jou penis aanhou binne in jou lyf. (Asb as jy hierdie artikel by die werk of in die woonkamer lees, moenie nou voel nie.) Jy sal dit veral voel tydens ʼn ereksie tussen die anus en skrotum. (Onthou hierdie plek, want dit is die man se turbo knoppie.)

As jy absoluut daarop aandring, kan jy vir ʼn penisvergroting gaan waar hulle jou penis ʼn bietjie meer ‘uitskuif’. So jou penis word nie eintlik groter nie, maar net meer sigbaar.

Daar is ook ander penisvergroting-apparate, soos die penispomp, wat beweer om die penis te vergroot, maar hierdie pomp forseer net meer bloed in jou penis en dus swel jy groter op, maar sodra jy weer gaan sak gaan jy terug keer na jou normale grote. So tensy jy elke keer eers wil pomp voordat jy pomp is dit nie noodwendig vir jou nie. (Wees versigtig, want jy kan ook teveel bloed in jou penis in pomp dat een van jou are bars wat nooit goed is nie.)

Enige ander pille, smeermiddels of wondertegnieke wat beloof om jou biologiese-grootte te vergroot, loop weg daarvan, want dit is alles net geldmaak-gimmicks.

Dit is in elk geval net die eerste 5cm van die vrou se vagina waar al die senuweepunte is, so as die lengte van die penis nie ʼn funksionerende rol speel nie, moet dit meer van ʼn sielkundige rol speel.

2)      Sielkundige-grootte

Mans se identiteit en manlikheid is in baie opsigte gekoppel aan hulle penis en seksuele vermoë. Ons vergelyk onsself van laerskool met ander seuns en begin die “myne is groter as joune” kompetisie. Daar is twee belangrike faktore om hier te adresseer.

Puberteit. Dit is nou maar ʼn feit van die lewe dat sommige seuns vinger en vroeër gaan ontwikkel as ander en dit is waar die sielkundige trauma begin. Die gevoel dat jy nie man genoeg nie. Jy is nog ʼn seuntjie, jy is nie ʼn man nie. En al hierdie “manlikheid” word slegs gemeet deur hoe lank jy meet.

Aan die einde van puberteit is die meeste mans dieselfde grote, maar niks van dit maak saak vir die seun wat laat begin ontwikkel het nie, want in sy kop kan hy nie die mas van manlikheid opkom nie. In sy geestesoog sien hy homself as hierdie haarlose klein “vienna” wat nie eers hang nie, wat net staan, voor twee droë rosyntjies vs. die perdmens. En in sy kop is alle mans perdmense, en net hy nog seuntjie.

Die tweede faktor wat ʼn rol speek in die sielkundige-grootte van ʼn man se penis is illusie.

Ons almal het al ʼn toorkunsie gesien. Het hy regtig die dame in twee gesaag? Het hy regtig die muntstuk laat verdwyn (daar is baie sulke talentvolle mense in Suid-Afrika wat geld laat verdwyn). Dit is alles goeie illusies.

En wanneer jy na jou self kyk, in ander woorde jy buig jou kop en kyk af na jou penis, sal hy kleiner lyk as wat jy reguit kyk na iemand anderste se penis. Omdat jy die hele penis kan sien, inplaas van net die bo deel van jou eie. So wees gerus dat wanneer ʼn ander man na jou penis kyk sal hy dink dis groot.

Moenie eers begin om jouself met die penisse op tv te vergelyk nie, want alles wat jy sien op TV is groter as in die regte wêreld. (Maar dan moet ek hier by voeg dat sommige mans in die porn industrie is meer perd as mens, maar okay, ons praat nou van normale mense.)

So as ons die sielkundige aspekte rondom penisgrote begin verstaan, sal ons begin verstaan dat jy die enigste een is wat jou “klein” penis raak sien. Ander mans sal na jou penis kyk en dink dit is “groot” en ʼn vrou sal na jou kyk en dink, “dit is ʼn penis”.

Maar jy kan darem hierdie illusie tegnieke gebruik om vir jouself groter te lyk.

1)      Skeer al jou pubiesehare af. Jou penis sal dadelik baie groter lyk, want dit is al wat jou oog nou op moet fokus.

2)      Kyk vir jouself meer in die spieël as van bo.

3)      Neem foto’s van jou penis, want dit sal die porn illusie inbring dat alles op tv is groter, beter en sterker.

3)      Funksionele-grote

Nou, ons het alreeds gesien dat vrouens nie so baie gepla is oor ʼn man se penisgrootte nie, of dat die man soos ʼn perd gebou hoef te wees om ʼn goeie sekslewe te geniet nie. Maar wanneer die man sleg voel of skaam voel oor sy penis, sal dit ʼn negatiewe effek hê op sy liefdemaak vermoë.

Vra vir jou vrou om vir jou meneer meer komplemente te gee en ʼn bietjie meer van ʼn big deal te maak van jou penis. (Dit is nie net vrouens met swak selfbeelde wat konstante bemoedigende komplemente verlang nie, ons mans het ook cheering nodig.)

En die laaste funksionele-groote wenk waarmee ek wil eindig, is om alles van jou penis te gebruik om liefde te maak. Jou hele sielkundige-penis asook jou hele biologiese-penis. Onthou daardie turbo knoppie wat ek vroeër van gepraat het. Die versteekte penis aan die binnekant. Plaas ʼn bietjie drukking op daardie turbo knoppie tussen jou anus en skrotum wanneer jy seks het of wanneer jy masturbeer en gebruik so jou penis tot sy volle potensiaal.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Vir meer inligting oor seksualiteit en hoe jy ook ʼn Gesonde Sekslewe kan geniet, skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap by www.gesondeseks.co.za

4 thoughts on “Die lank en kort van penis vergroting.

  1. … geniet al jou artikels. Het jare gelede ‘n boek gelees “wat God oor seks se in die huwelik” kan ongelukkig nie die skrywer onthou nie, maar weet dat hy dit ingestel het, en dit wat jou artikel hierbo se is absoluut waar. Mans het “issues” oor die grootte, vrouens wil liefgehe word deur hulle mans ongeag die grootte. Hou aan met jou puik artikels.

  2. ha ha ha Ag ek het nou lekker gelag. Hou van die humor inslag wat jy hier gebruik het. Dis waar, vir die vrou is dit nie die grootte wat tel nie, maar wel die manier waarop die penis gebruik word en veral die gevoelens daaragter. EK het toevallig een keer “net die regte woorde” gebruik in n kompliment en dis soos n refrein wat vassteek in die man se kop. (ten goede natuurlik)

  3. Pingback: Wat is jou bra-grootte en hoe om dit te vergroot? (Of nie?) | Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s