Is ek besig met ’n affair as ek met ander vrouens sms, skype, bbm, mxit, whatsapp, Facebook, Tweet, chat?

kuber verhouding

Wel, as jy al hierdie kommunikasie mediums gebruik om met net een ander vrou te praat is die antwoord seker ja, jy het ’n affair met haar.

Hierdie is een van die vrae wat ek oor en oor en oor elke dag kry, waar die man of vrou konstante sosiale kommunikasie handhaaf, met ander persone van die teenoorgestelde geslag.

Rooi ligte of net onskuldige geselsies?

In vorige generasies was daar net so veel egbreuk en cheating wat vandag aangaan, die enigste verskil is met wie jy dit doen.

In die verlede (voor sosiale media) was die affairs wat aangegaan het met iemand vanuit jou vriendekring, familie, werkskollega’s of kerk  (ja, verbaasenlik baie daarvan.)

Met sosiale media, is ons nie meer beperk met wie ons ’n ‘affair’ het nie. Dit is soos ’n ‘affair buffet’.

Wag, ’n bietjie Timothy, ons praat net met mekaar. Daar is niks seksueel nie. Ek cheat nie op my vrou nie.

Wel, dit is die hele probleem, dat julle net praat. Julle leer mekaar ken.  Is dit nie wat jy en jou vrou gedoen het toe julle net ontmoet het nie?  Wat het toe gebeur toe julle lank genoeg gepraat het?

Waar is die groot gevaar?

’n Kuber-verhouding is ’n fantasie-verhouding. Die gras is altyd groener aan die ander kant.  Duh, want jy loop nie die hele tyd daarop nie. Elke keer wanneer jy en jou vrou ’n rissie het,  wie gaan jou troos? Jou Kuber-maatjie.

Hier is een van die eerste dinge wat mense in ’n kuber-verhouding vir my sê om my te oortuig dat hulle NIE besig is met ’n affair nie. “Ons praat so baie oor ons huweliksmaats.” Luister, tensy jy met jou berader praat, praat jy nie oor die slegte dinge van jou huweliksmaat nie.

Na my mening is ’n kuber-verhouding BAIE meer (x10) gevaarlik as die ergste pornografie verslawing. Al twee die kuber-verhouding en die porn is fantasieë, ’n vinnige manier vir jou om jou seksuele of (emosionele) koppie vol te maak, met amper geen moeite.  Sjoe, om konstant hierdie koppie vol te hou by die huis is so veel moeite, voorspel, naspel, rose, komplimente, help met die kinders, kos maak, vrek – dit is soveel makliker om “big breasted woman” te Google of gou vinnige “Wat maak jy? Ek maak AL WEER die kos” te bbm na jou anonieme (fantasie kuber-verhouding) persoon.

En hier is hoekom porn minder gevaarlik is as ’n kuber-verhouding. Want die kanse dat jy ooit seks gaan hê of ’n verhouding gaan hê met hierdie persoon wie jy nou op jou skerm sien, is nul. (sorry stud.)

Maar wag net lank genoeg en ’n verhouding, (’n regte een), ’n seksuele verhouding, selfs ’n toekoms met hierdie nuwe persoon wie jy vir die laaste paar maande so getrou ge-‘date’ het via sosiale media vir jou soos die enigste uitweg uit jou vertrapte-grasperk huwelik lyk.

Kom ek deel ietsie van myself met julle.

Net voordat ek Janet ontmoet het, was ek in ’n sms-verhouding met ’n meisie wat my nommer gekry het van een van my vriendinne toe ek by haar Hoërskool gepreek het. Sy het gesê ek het sexy gelyk. (Goeie oë vir ’n matriek meisie wie van heel agter die saal kyk.) Maar hey, sy is ’n meisie, ek is ’n ou, so ek moet sexy wees. Ek was gevlei en my vriendin permissie gegee om my selnommer vir haar te gee. Binne so paar minute het ek my eerste sms ontvang en ek was hooked. Nog nooit haar gesien nie maar die gevoelens en emosies en die band het sterker geword met elke sms.

Ons het tussen mekaar 100 sms per dag vir mekaar gestuur. (Onthou dit is in die dae toe jy nog moes betaal vir jou boodskappe. 100 was baie!) Ek het twee selfoon batterye gehad want ek kon nie bekostig om net 1 sms te mis nie. Ons het oor alles gepraat en ook oor niks nie.

Ons het drie keer probeer reël om mekaar te ontmoet, maar dit het nooit uit gewerk nie. (Prys die Here. Ek weet presies wat sou gebeur het.)

Ek ontmoet toe vir Janet en van die begin af, was ek hals oor kop verlief op haar. (Wow, het jy haar al gesien? Ek is so ‘n lucky man!) Binne daardie eerste maand, het ek besef ek sal nie kan voortgaan met die sms-verhouding nie. Want dit sal altyd vir my soos ’n ‘back door’ wees. Sodra Janet my kwaad maak of seer maak (of nee sê), sal ek versoek word om ’n sms te stuur. “Raai wat?”

Ek besluit toe om een laaste sms te stuur vir hierdie meisie wie ek nog nooit ontmoet het nie, maar wie ek in ’n baie kort tydjie leer lief kry het, op ’n manier wat mens nie sal verwag nie. Dit was ’n totsiens-sê sms. Ek het haar vertel ek het ’n meisie ontmoet wie ek dink die een mag wees. En ek wil graag die verhouding die kans gee om te sien waar dit eindig en ek sal dit nie kan doen as ek voortgaan om haar te sms nie. So baie dankie vir wat ook al hierdie was, dit het verskriklik baie vir my beteken en sy moet weet hierdie is vir my ’n baie moeilike besluit om te neem, maar een wat ek weet wat ek moet neem. So vir solank soos wat ons mekaar se sms sal onthou, liefde en groete, maar hierdie sal my laaste sms wees. Totsiens.

Ek delete toe haar nommer en gaan slaap, voelend soos ’n vark. (Maar ’n verligte vark.)

Sy het my vir 2 maande daarna nog elke dag ge-SMS wat ek net delete het sonder om dit te lees. Ek het haar seer gemaak, maar hier is wat ek geleer het: Soms moet jy iemand ‘offend’ om jou huwelik te red. Soms moet jy ’n vriend af sê om jou vrou te respekteer. Soms moet jy ongeskik wees om ’n heer te wees. So vergeet daarvan dat jy Mr. Nice wil wees en niemand seer maak nie. Jy is klaar besig om jou vrou seer te maak!

Dis nie die moeite werd om almal op jou Facebook blad of mxit (WATDE #@$# SOEK ’n VOLWASSENE OP MXIT?) gelukkig te hou en jou vrou by die huis voel hoe jy met elke boodskap, verder en verder emosioneel van haar wegdryf.

As jy nog steeds nie enige iets fout vind met jou kuber-verhoudings nie, skryf hierdie neer:

Timothy Kieswetter, Huweliksberader

Spreekkamer in Pretoria, Moreletapark

Beradingsure: Maandae tot Vrydae 9am – 5pm

Besprekings: timothy@gesondeseks.co.za

Prys: Minder as wat die kuber-verhouding jou alreeds gekos het.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel

22 thoughts on “Is ek besig met ’n affair as ek met ander vrouens sms, skype, bbm, mxit, whatsapp, Facebook, Tweet, chat?

  1. Flip ek wens rerig jy wil in engels skryf! Dis so waar als wat jy hier onder se…

    ________________________________

  2. Hi
    My eerlike oepinie oor tegnologie is wonderlik maar dis die direkte oorsaak van soveel skeidings tussen mens… self is ek skuldig soek ook geselskap maar toe ek in ‘n verhouding was was daar net 1 persoon met wie ek gepraat het… van haar kant af was dit onskuldig om met almal te praat… en soos in jou berrig is dit toe iemand wavoor sy my gelos het…. vandag is ek nog so hartseer maar so dankbaar…. sekere dinge is neti bedoel nie.

    maar baie dankie vir julle berigte en en en leer baie en sal als 1 dag wanne ek die regte meisie ontmoet wil toe pas

    NB die regte fondasie vir ‘n verhouding is GOD

  3. This is a crucial topic to be discussed. It’s a pity that so many men hide behind a phone. People do not realise what is does to them. You can end up loosing your identity being someone else you are not. Know lots of men who have more than 3 woman they chat to.

  4. ek was in i verhouding met i man,ons het saamgebly..2 begin gesels ek met i man op mxit..en elke keer dat ek n my ou stry gkry het dan is d mxit ou daar met vertroosting..vandag is d mxit ou my getroude man..maar ons het alle vorns van chat sites delete bhalwe fb

  5. Wens so my man kon die lees. Dankie tog ander mense sien dit in soos wat ek dit doen, gedink ek is dalk besig om mal te word.

  6. Ai hoe wens ek nou my man kon hierdie artikel n paar maande terug gelees het. Dit sou so baie seer kon vermy het. Dankie Timothy

  7. Shoe dankie Tim.
    Hierdie het beslis my oë laat oop gaan en aan n soortgelyke situasie, waardeur ek en my verloofde gegaan, het laat dink.
    Dankie!!

  8. Pingback: Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

  9. Dis soos om in ‘n gesprek oor naaktheid te praat (De Kat se onlangse voorblad met Elsabe Zietsman) en jou kerel ontplof skielik langs jou oor al die negatiewe kommentaar daarop en se: Dis presies dieselfde as pornografie! Daar is niks daarmee verkeerd nie, almal doen dit elke dag in hul slaapkamer. En as jy hom daarop wys dat dit nie dieselfde is nie (die slaapkamer deel) want jul doen dit in privaatheid en basuin dit nie die hele wereld vol of versprei dit op sosiale media nie dan ontplof hy eers.

    Party mense wil net nie weet dat pornografie verkeerd is nie en sal enige verskoning / vergelyking gebruik om dit te regverdig.

  10. Ek is al 23 jaar getroud so 6 jaar terug ht my man en ‘n ander vrou ook “onskuldige” boodskappe aan mekaar gestuur. Dit het amper ons huwelik gekos na ek uitgevind en hy dit ontken ht!!! Vergewe was nie so makilk maar ek het. Dis die vergeet wat aan mens bly knaag en d nagmerries!!!

    So as jy enigsins iets voel vir jou “beterhelfte” stop dadelik waarmee jy besig is! Spyt is ‘n goeie ding maar kom altyd te laat.

    🙂

  11. Wow dit is regtig goed gese. Ek moet se ek was altyd die een wat die praatjies, smse bbm’s en facebook messages gedoen het. Ek het 7 maande terug getrou. Dit was regtig ‘n mission en ‘n half om van al die mese ontslae te raak. My man voel presies dieslefde soos jy oor die kuber verhoudinge en ek hoor sy woorde soos ek jou reply nou gelees het. Ek stem honderd persent saam met jou

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s