Wat is cheating nou eintlik?

cheating

Soos elke woord wat ʼn seksuele konnotasie het, is die woord cheating, ook een wat sterk gevoelens by die meeste van ons opwek. Maar soos met al die ander seksuele woorde, glo ek daar is dieper liggende issues wat ons eerder moet adresseer en verstaan as om die hele tyd woorde rond te gooi sonder dat ons bereid is om vir ʼn oomblik stil te staan en dit van ʼn ander hoek af te bestudeer. (Soms is die lewe meer as net swart en wit. Soms die lewe baie grys. En wanneer dit by die seksuele kom is daar selfs 50 shades of grey.)

Ek verstaan baie mense verkies om aan die “happy ever after”, Cinderella fantasie vas te hou, “soo iets sal nooit met my gebeur nie en as dit doen, los ek die vark” sieninge vas te hou. Maar in my beskeie opinie is dit om soos ’n volstruis sy kop in die sand te steek om nie die moontlik gevaar te trotseer nie. Jy mag dalk jare gaan of self jou hele lewe deur gaan dat daar geen omgeval jou oorkom nie, maar wat van al die mense wie nie so gelukkig is nie. Wat van al die mense wie nie die gevaar kon sien aankom en/of  nie die tools gehad om te fix wat gebroke is nie?

So wat ek en Janet hier met Gesonde Seks poog is meer as net om vir alreeds gelukkige paartjies so paar nuwe sekswenke te gee nie, maar om ook vir die stukkende mense hulp aan te bied. (Die tipe hulp wat nie net ʼn pleister oor die seer plak nie, maar om kennis en insig te gee oor hoe die seksuele mense werk, sodat hierdie seer nie jou toekoms hoef te verwoes nie. En derdens probeer ons om vir die persoon wie naïeflik (swart en wit) na seksualiteit kyk, ʼn bietjie vooraf waarskuwing gee, van waarin hulleself dalk eendag mag in vashardloop. (Ek moet bieg, hierdie is die moeilikste groep om te bereik, en soms wonder ek of dit ooit nodig is om hierdie groep te bereik? Maar dan ontmoet ek weer iemand in my spreekkamer wat nie kan ophou huil nie, want hulle het dit net nie gesien kom nie en weet nie hoe om dit nou te hanteer nie… so ek swig voort.)

Die groot ongeluk gister en vandag op ons Gesonde Seks Facebook blad het gekom van ʼn anoniem se vraag wat soos volg lui:

Anoniem vra: “Kan jy asb. vir my anoniem op fb sit. Ek het dringend raad nodig. Ek en my man is 5 jaar getroud. Hy was ‘n rukkie terug uit die land op besigheid. Terwyl hy daar was het dit uit gekom dat hy en sy kolegas ‘n massage parlor besoek het en dat hy orale seks ontvang het. Ek is verpletterd. Hoe vergewe en vergeet mens??? Hoe gaan ek hom ooit weer vertrou of intiem wees met hom?
Hy het berou en hy erken hy het ‘n fout gemaak, maar hoe kry ek ooit daai images uit my kop uit? Hoop julle kan help.”

Ongelukkig kon anoniem nie baie hulp kry op die blad nie, want die meeste mense het dadelik die reg en verkeerd uit gewys. Die man was verkeerd om op sy vrou te verneuk en die vrou is nou in haar reg om hom te skei.

Daardie tipe advies is wat ons gereeld op ons FB kry en is ongelukkig die standaard siening van die samelewing. Maar in my opinie is dit soos om ʼn pleister oor ʼn gebreekte been te sit.

Die comments het so erg begin raak dat Janet in gespring het om ietsie waardevols vir anoniem te gee. (ek was heeldag besig in berading om te help om volstruis koppe uit gate te kry)

Baie mense was geskok oor wat Janet geskryf het en het dadelik my opinie oor die saak gesoek. Die van julle wat nog nie my en Janet se verhouding goed genoeg ken nie, ons praat van uit dieselfde mond. (Ons het ons onderonsies in privaat, maar in die publiek is ons united.)

Janet het toe geskryf: (Dit kon netso wel ekke gewees het)

“Julle is baie hard op die man. Ek sien nie ‘n blowjob by ‘n massage parlour as cheating nie. Heel waarskynlik het hy nie eers geweet wat gaan gebeur nie- hy dog hy gaan vir massage! En sommige van jul sal skei oor so iets!! Aikona! Anoniem, julle kan hieroor kom. Hy steek niks anders van jou weg nie. Dis nonsens! Hy het dan uit gekom met hierdie sodra dit gebeur het! Hy voel baie sleg. Genade is iets wat jy gee wat iemand nie verdien nie. Ons almal was genade gegee en ek voel ons moet weer genadig wees aan mekaar. Mettertyd gaan julle nog lag hieroor!! Hy stel nie belang in daardie vreemdeling nie! Hy bly lief vir jou!!”

Baie van julle het Janet se stelling geïnterpreteer dat dit nou okay is vir alle mans om nou blowjobs te gaan kry? Nêrens word dit gesê nie of eers na verwys nie. (Sielkunde leer vir ons dat ons sien (lees) ons grootste vrese raak.) Daarom mis sommiges die eintlike boodskap wat Janet hier skryf,

dat daar hoop is,

dat hy nie daarop uit is om jou lewe hel te maak nie,

dat hy nog lief is vir jou,

dat hy wel berou het,

dat hy self bereid was om dit aan jou te confess.

Nee, niks van dit wat Janet eintlik gesê het, het hulle gehoor nie, want al wat hulle gehoor het is hulle eie vrese (my man gaan ʼn blowjob iewers anderste kry.)

Nou vir die mense wat nog steeds wil aanhou lees, ek gaan vir jou my opinie oor die saak gee. (Die res van julle het ek seker alreeds verloor het, want al wat jy aan kan dink is wat jy in jou brief vir my gaan wil skryf. Stuur dit ek lees dit graag.)

Ek hou altyd daarvan om by die begin te begin. Waaroor praat ons? Cheating. Want die grootste probleem (ook seker net so ver soos wat die mense gelees het) wat sommiges met Janet se stelling gehad het is dat sy nie blowjobs by ʼn massage parlour as cheating beskou nie. Die res wat Janet geskryf het maak nie saak nie, want hulle stem nie saam nie met die eerste sin nie, dus kan hulle nie saam stem met enige iets wat volg nie.

So kom ons kyk wat is die woordeboek se definisie van cheating.

cheating  present participle of cheat (Verb)

Verb

  1. 1)Act dishonestly or unfairly in order to gain an advantage, esp. in a game or examination: “she cheats at cards”.
  2. 2)Deceive or trick.

So nou dat die fondasie gelê is en ons almal op dieselfde voet is, kan ons voort gaan om oor cheating te praat. (en nie meer oor jou eie onderliggende vrese nie.)

#1 Was die man dishonest met haar? Nee, want hy het dan op sy eie skoon gekom en haar om verskoning kom vra. (Wat alreeds sê hy weet hy het verkeerd gedoen teenoor sy vrou, hy het nie nodig vir enige iemand om vir hom sy sondes uit te wys nie. Hy soek vergifnis. Hy soek hulp. Hy soek genade.)

#2 Het hy haar deceive of trick? Nee, want ek lees nie raak dat hy dit met opset gaan kry het of dat hy plan maak om dit weer te gaan soek nie. Daar is geen “kul jou hier en kul jou daar en sien daar of suig my hier” nie. Daar is slegs, ek het fouteer ek is jammer.

Wanneer jy in die hof beland omdat jy iemand dood geskiet het, gaan hulle nie net dadelik jou ʼn lewensvonnis gee net omdat jy iemand dood geskiet het nie. Nee, daar word lank en hard van alle kante gekyk en weer gekyk en weer oor gekyk na die motief.

Was dit premeditated?

Was dit opsetlik?

Was dit beplan?

Wat was die motief?

Was die moord gewelddadig?

Was daar enige berou na die tyd?

Was die moordenaar by sy volle positiewe verstand?

Was die victim bekend aan die persoon?

Het hy gedink sy was ʼn dief wat in sy huis in gebreek het?

Is hierdie persoon ʼn sosiale gevaar om borg te weier?

So ons kan sien dat om iemand die doodvonnis (en skei is die huwelike se ekwivalent van ʼn doodsvonnis.) te gee, is daar baie meer insig en kennis wat ons moet kry. Want ons wil nie net almal in die trok gooi, wat nie daar moet wees nie.

(Nie VERDIEN om daar te wees nie en wat daar MOET wees, is 2 verskillende dinge.)

So hoekom wanneer dit kom by seksualiteit, ons huwelik, ons gesinne, stel ons in niks van hierdie belang nie.

“Skei, skei, skei skreeu die gebreekte record.”

Hy VERDIEN om te sterf,

                       maar MOET hy sterf?

“Hy red mense sonder dat hulle dit verdien. As mense hulle redding moes verdien, sou God mos nie meer ʼn genadige God wees nie.” – Romeine 11:6 (Die Boodskap)

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel

18 thoughts on “Wat is cheating nou eintlik?

  1. dankie Gods man! my man my ook verneuk en gelos maar ekt hom reeds vergewe nie omdat ek beter mens is maar oor ek wil, oor ek hom lief het, oor ek God lief het en soek ek hom terug>>>> JA ASB! mag God hom ook oortuig soos die man. die vrou is baie gelukkig dis so min wat man besef hys verkerrd en nog verskoning vra. en dis satan wat huwelike opbreek, wat goed oor ons paaie stuur. ons kan net bid en vashou aan God. en vir die wat so lelik comment en oordeel en geen genade het bid ek dat so iets hul nooit oorkom nie.

  2. Ek wat self geskei is van ‘n man wat egbreuk gepleeg het, vind hierdie artikel vreeslik interessant en tot die punt, baie goeie verduideliking en ek stem volkome saam!

  3. Amen! Dankie tog dat julle nie ook so maklik op die skei treintjie spring nie. “You only see in others what you recognise in yourself” het ek eendag raakgelees, ek stem so baie saam met dit wat jul se dat mense so bang is iets “negatiefs” gebeur met hulle, “maar dit sal nie want my man/vrou is regtig lief vir my en het respek vir my en en en… dan sodra dit moontlik met hul gebeur of ‘n situasie wat dalk net lyk asof daar moontlik so iets aan die gebeur is val hul lewentjies uitmekaar uit. Hoekom is mense so bang vir enige iets buite hul “comfort zone” ?
    Hoekom is dit so erg as iemand nie iets doen soos hul dit sou doen nie, want natuurlik sal hul nie want hul is lief vir hul maat. ai, dis uitputtend. En eintlik is jou “comfort zone” regtig nie comfortable nie want jy moet die heeltyd binne die lyntjies bly anders gaan jy hel toe. Die ergste hel is die hel wat mense vir hulself maak elke dag.

    Hoekom gaan mense met oogklappe deur die lewe? Beslis nie omdat dit makliker of beter is nie, genade nee. Dis ‘n struggel elke dag!

    Mense moet ophou dink dat daar sonde in elke liewe aksie is, laat gaan jouself en lewe ‘n bietjie.

    Net omdat iets vir jou verkeerd is, is dit mos glad nie verkeerd vir iemand anders nie, dis mos elke mens en elke paartjie se keuse of iets vir hul werk of nie.

    Ek reken daai vrou het net gedink dis die einde van haar huwelik omdat almal altyd so aangaan oor ontrouheid en wantroue het in elke liewe mens om hulle!

    Elke persoon wat die bybel lees intriperteer dit wat geskryf is op ‘n ander manier. Dis my gevoel dat die essence van God se boodskap heeltemal weg is, mense lees dit heeltemal mis want dis nie swart en wit genoeg nie.

    Ek dink ek het nou baie gerant en rave hehehehehe

    Anyway, dankie julle 2 vir ‘n awesome blad. hehehe en dan reken ek die saying van “you can choose your friends, and not your family” kan ons aanpas na “You can choose your fb page content but not your fans” of ietsie soos dit:-)

    Lekker dag julle

  4. Nee my maat julle sit die pot nou moer ver mis. So ek gan strip club toe vanaand oeps ek kry n hand job gan huisto en se vir my vrou so ekt nie gecheat nie. Bullshit, hy het en punt hy het die reg gehaat sodra dit begin het om stop te sit en op te staan en uit te loop maar hy het nie. In teen deel dink ek het hy dit geniet en haar mond vol gekom. Come on dink logies hier oor. Jy loop met n blind doek nes Janet om te se dis nie cheating nie. Fok ja dit is. As hy weg geloop het nadat die vrou sy piel in haar bek gedruk het ander storie. Maar die soos het heel moontlik bly sit en elke liewe minuut davan geniet. Ek stel voor kry jou feite reg voor jy kak praat. Cheat is cheat of jy dit doen soos jy beskryf of even n flirty boodskap stuur dit bly cheat. Jy is unfaithful want jou vrou is nie meer jou idol of jou mooiste nie. So kom by ou boet maak jou ogies oop. Jy redeneer soos n kind hier.

    • En dan wat Pieter? Hy het gecheat. Hy was verkeerd. Skei hom? Hou dit altyd teen hom? Vloek op hom soos jy nou op my? Ek is nie bereid om net op my oomblike gevoelens te reageer nie. Maar bereid om te luister, verstaan, aanvaar en van daaraf die toekoms in te bestuur.

    • Pieter. In die eerste plek is jy die laaste ou wat met so vuil bek ander kan oordeel. In die tweede plek dink ek nie jy is enigsins gekwalifiserrd om Timothy op hierdie gebied teen te praatnie. In die derde plek is ek flippen bly ek is nie jou vrou nie

  5. Timothy, ek het ‘n uitdaging vir jou: Jy ontleet graag woorde vanuit die woordeboek. Het jy al die woordeboek betekenis van “Massage Parlour” gaan lees? Ek wil jou ook graag uitdaag om “Massage Parlour” te gaan google – jy sal skrik as jy sien watse dienste daar beskikbaar is in so ‘n parlour. Komaan, wie is nou eintlik SO naief om te glo dat ‘n groep mans (MANS Let wel) na ‘n “Beauty salon” toe sal gaan vir ‘n ontskuldige back & neck massage. Nee regtig hoor!! Massage Parlours offer spesifieke dienste vir mans (gaan lees maar die woordeboek, internet en koerante as julle my nie glo nie) en die mans wat soontoe gaan weet PRESIES watse dienste hulle gaan kry. Inteendeel, hulle kies VOOR DIE TYD die paket wat hulle wil hê. Janet, ek het baie respek vir jou maar ek dink jy is ongelooflik naief (dalk onskuldig en onkundig?) as jy dink dat ‘n man na ‘n MASSAGE PARLOUR toe gaan vir ‘n onskuldige massering. En GEEN maar GEEN professionele skoonheids terapeut (die plek waar mense regtig onskuldige masserings kry) sal sommer ‘n man se penis gryp en ‘n bj gee nie. As jy op die internet gaan lees oor “massage parlours” en die pakette wat hulle aanbied sal jy sien dat al hul masserings ‘n “happy ending” het. Soos Timothy sê, laat ons nie soos volstruise ons kop in die sand druk nie – laat ons die werklikheid vierkantig in die oe kyk en die massage parlour sien vir wat dit regtig is. Ek wonder ook net waar staan dit in die vrou se brief dat haar man dit aan haar kom belei het? Sy skryf dat die “uitgekom” het – nie dat hy dit aan haar belei het nie. Vir my maak dit al die verskil in die wereld. Het hy self belei? Indien wel sou ek saamstem dat daar genade vir hom moet wees. Het dit op ‘n ander manier uitgekom? Dan dink ek hy is net jammer dat hy uitgevang is.

    • Marlize, as ‘n seksuoloog kan ek jou verseker ek en Janet is volkome bewus, wat daar buite aangaan, wat in die huwelike aangaan, wat in mense se fantasiee aangaan en veral wat in die donker aangaan. Dis my werk om te weet. Dis ook my werk om vir mense wat hulleself in sulke slaggate en doodloopstate bevind die hoop te gee, dat dit nie die einde van die wereld is nie.

      • En ek stem volkome saammet jou! Maar laat ons net die waarheid vierkantig in die oe kyk en nie naief vir mense vertel dat hy gedink het hy gaan net ‘n gewonde massering kry en toe kry hy per ongeluk ‘n bj by nie. As julle bewus is van wat werklik in sulke plekke aangaan, hoekom dan iemand probeer wys maak dat hy gedink het dis onskuldig? Die WAARHEID maak vry. Nie rooskleurige brilletjies nie.

    • Marlize. Kom ek gee jou ‘n klein bietjie insig in die dieper prentie wat in ‘n man se kop aangaan.

      Die belydenis wat met berou gepaard gaan is maar dun gesaai en die wat wel alles in detail bely het is in elk geval so in die “dog boks” vir die res van sy lewe, dat hy maar net sowel geskei kan wees….

      Ek is nie ‘n seksuoloog nie, Daarom moet Timothy en Janet my reghelp as ek verkeerd oorkom. Die man wat begin rondloop het bloot uit nuuskierigheid of groepsdruk besluit om die stap te neem. Dit was selde -indien ooit- sy intensie.

      Vir meeste mans is so stap ‘n eenmalige gebeurtenis…. iets…. waaroor hy nooit trots is nie. Hy loop met die skuldgevoelens en met tyd is dit juis die skuldgevoelens wat maak dat hy weer en dalk weer rondloop. Ek glo nie daar is een enkele christen man wat hom verlekker in die verkulling van sy vrou nie…….maar is eintlik in ‘n tronk van wellus vasgevang waaruit hy nie kan ontsnap nie!!!!

      Die stereotipering van hierdie rondloper mans vanuit die christen gemeenskap maak dit ook nie eintlik makliker vir die arme ou om vry te kom nie, want die goddelike opdrag om diegene wat oortree te vergewe en vry te spreek bestaan bloot nie. Die man word sy hele lewe lank as melaats behandel en beskinder en beswadder deur kerkmense….daarom dat diegene selde sal kerk toe gaan of assosieer met ander sg.christene!

      Indien die man se oortredings dan die vrou se ore op een of ander manier -anders as deur ‘n opregte belydenis en erkenning bereik- is die gort dan behoorlik gaar!!! Vrouens vergewe dalk, maar VERGEET NOOIT!!!

      Die feite is: Geen man wat nog nie daardeur is, besef werklik die seer wat hulle hulle vrouens aandoen as hulle owerspel gepleeg het op welke manier ookal nie.
      Eers wanneer die bom bars…word dit ‘n realiteit vir die man en besef hy werklik hoe diep hy sy vrou seergemaak het. As daar dan nie versoening plaasvind nie, word die man dan ook die slagoffer…..NET SOVEEL AS DIE VROU WAT BESLUIT OM SY HUIS OP TE BREEK EN TE TREK!!!
      DIe boodskap-volgens my waarneming- wat Timothy dus probeer oordra is dat vrouens hulle mans in kompartementjies plaas en dan kop verloor wanneer hulle uitvind hulle mans is nie die prins op die wit perd wat hulle hom probeer idealiseer het nie. Ek ken huwelike wat baie sterker is nadat daar opregte vergifnis en vryspraak plaasgevind het, as die vroue wat haar man geskei het en in ‘n nuwe verhouding beland het….en maar weer dieselfde paadjie loop…….dan kan ek nogal verstaan hoekom daar deesdae so baie vroue en mans is wat hulle eerder wend tot maats van dieselfde geslag.

      My gevolgtrekking is dus:

      Jesus het nie opdrag gegee dat die vrou of man sy/haar maat MOET skei as daar owerspel plaasgevind het nie….Hy het dit bloot voorgehou as ‘n wettige opsie vir man of vrou om te skei sou daar so iets wees en dit nie iewers ophou nie. M.a.w. daar is deurlopende ontrouheid met min of geen tussenposes…..die man is ‘n seksmanjak en molesteer selfs kinders……die man slaap by elke vrou wat beweeg of is openlik uitgesproke en onbeskaamd oor sy eie seksuele wangedrag….en stel sy kinders bloot aan onaanvare immoraliteit!! Dan sou ek seg is dit geoorloof vir die vrou om eerder haar kinders te vat en te loop. dit sal dus beter wees vir haar eie vrede en haar eie veiligheid as sy geepad!

      Daarom glo ek nie vir een oomblik dat die man wat in ‘n oomblik van swakheid geswig het en soos ‘n hond daaroor voel en sy lewe daarna regruk, tel onder die mans wie weens hulle immorele gewoontes onbeskaamd voortgaan en dan kry wat hulle verdien as die vrouens trek en hulle huise opgebreek word nie.

  6. Ek was ook vir n oomblik geskok in Janet se comment, maar die verduideliking maak 100% sin. Het ek my eie huwelik eers so benader voordat ek geskei het, kon ek myself al die hartseer, woede, skuldgevoelens en verlange spaar. Belangrikste wat ek uit die artikel verstaan is: stop, haal asem, word rustig en bekyk die situasie eers voor jy net skei. Ek dink dit is goed geskryf Timothy!

  7. Volgens my verskil elke persoon se siening van “cheating”. Dit het baie te make met die samelewing se siening daaroor maar natuurlik ook hoe mens grootgemaak is en wat jou eie stel morele waardes en sieninge is in die lewe. Die ideaal sou dus wees vir enige paartjie om saam te sit aan die begin van hul verhouding en die term “cheating” te bespreek en vir mekaar duidelik te maak wat hul onderskeidelik beskou as “cheating”. So kan onnodige wrywing uitgeskakel word. Jy weet mos nou presies wat aanvaarbaar is en wat nie in jul verhouding en as jy dan een van die goed op die “lysie” wel sou doen, weet jy mos onmiddelik jy is verkeerd. Elke persoon in hierdie lewe het mos n keuse. Dit is dus jou keuse of jy gaan cheat of nie!

  8. Ek wil net graag iets sê oor Janet se antwoord. Ek dink haar eerste sin van bj is nie cheating het almal ontstel…..miskien moes sy gesê het dit kan nie as cheating beskou word nie, omdat hy eerlik met haar was…..in die eerste sin.
    Ek lees al geruime tyd die blad en genade die vrouens is vreeslik insecure en as ń man net skeef trap dan word hy gestening en skree almal skei skei. Dit lyk of vandag se jong vrouens regtig issues het en dis nogal ontstellend dat die moeders van vandag so onvergewendgesind is en soos jy sê geen genade het nie…..
    Ek hou baie van jou blad en jy het baie werk so Sterkte en Genade vir jou met die taak.

  9. Ek stem volkome saam, ja baie mense mag nou wel kort duskant ‘n hart aanval omdraai as hulle die raad lees, maar dit is die waarheid.

    Ek ken hoeveel ouer tannies wat sê : “My kind, as ek daardie tyd geweet het wat ek vandag weet, het ek nooit geskei nie!”

    En dis absoluut die waarheid. Ek het ‘n vriendin wie se man vir werk na die Kaap toe is.
    Terwyl hy daar was het ‘n prostituut gekry om na sy hotel te kom. Tot sy groot konsternasie is sy toe deel van ‘n sindikaat wat hom probeer afpers vir meer geld.
    Nou ja, al keuse wat voor hom gestaan het was om sy vrou te laat afkom Kaap toe en die hele storie aan haar te vertel. (Hy sou geensins groot somme geld wat net ‘verdwyn’ aan haar kon verduidelik nie.)

    Sy was gebroke, seergemaak, verneder en al daardie gevoelens wat jy nooit wil kry nie. MAAR, sy het hom ‘n kans gegee. Hulle het vir berading gegaan, hulle het deur dit gewerk en hulle is vandag nog saam.

    Vertrou sy hom nog volkome soos aan die begin? Nee.
    Gaan sy hom ooit weer ten volle kan vertrou? Nie sommer nie.
    Dink sy dat hy elke keer met ‘n ander vrou slaap as hy weggaan vir besigheid? Tien teen een.

    Maar die belangrikste ding is, hulle is nog saam, hulle kinders het nog ‘n ma en pa onder een dak wat lief is vir mekaar. Ja daar is nog baie seer en daar is nog baie gevoelens wat ten volle verwerk moet word. Maar dit is ‘n harde deel van die lewe wat hulle saam aanpak.

    Ek self is deur so ‘n slegte gebeurtenis met my man, nadat ons so paar maande getroud is het hy sy eks vrou ‘n boodskap gestuur op Facebook dat hy haar die oggend gesien het en dat sy goed lyk. ‘n Maand of wat na dit het hy twee ander vreemdeling vroue op Facebook ook gekontak, vir die een het hy vertel sy is tog te ‘cute’ en vir die ander een, wel kom ons sê net hy het deffinitief nie haar persoonlikheid raak gesien op haar foto’s nie. Ek was kwaad verby die punt wat ek nog ooit kwaad was, ek was verneder en ek was deurmekaar. Maar nadat ek my (onnodige) woede uitbarsting gehad het en gevoel het ek het genoeg geskree en baklei, het ek kalmeer.

    Ons het op die bed gaan sit en oor als gepraat, sy grootste bekommernis was dat hy nou my vertoue verloor het. Hy het gesê hy was nog nooit so spyt in sy lewe nie, hy het direk na hy dit vir haar gestuur het sleg gevoel, en nog slegter toe ek die boodskap gesien het.

    Snaaks genoeg, op daardie oomblik het ek gevoel ek gaan hom nooit weer kan vertrou nie, ek het gedink ek gaan obsessief raak en permanent elke stukkie tegnologie wat hy toegang tot beskik elke dag dophou om seker te maak dit gebeur nie weer nie.

    Maar ek het net besef, ons het ‘n probleem ondervind, ons het die probleem aangespreek, en ons het ‘vergeet en vergewe’. Ek het ook besef as hy my wil verneuk met boodskappe of as hy wil rondslaap gaan ek hom nie kan keer nie. Ek het met die Here gepraat en vir hom gesê : “Dad, hierdie saak is te veel vir my om te hanteer, vat die seer en vat die wantroue en maak ons weer reg.”

    En ek kan vandag sê ek het nie een keer die drang gevoel om sy Facebook, bbm of foon dop te hou of deur sy boodskappe te gaan nie, want ek vertrou hom, en selfs al het hy iets gedoen om my vertroue te breek, weet ek dat ek die vrou van sy hart is, ek is die een wat hy gevra het om sy lewe mee te deel.

    Die Here het gesien ek het my vertroue verloor, maar met een gebed het hy dit weer geskenk! Ek dink skei moet verkieslik ALTYD as die HEEL LAASTE opsie gesien word.

  10. Ek stem volkome saam, ja baie mense mag nou wel kort duskant ‘n hart aanval omdraai as hulle die raad lees, maar dit is die waarheid.

    Ek ken hoeveel ouer tannies wat sê : “My kind, as ek daardie tyd geweet het wat ek vandag weet, het ek nooit geskei nie!”

    En dis absoluut die waarheid. Ek het ‘n vriendin wie se man vir werk na die Kaap toe is.
    Terwyl hy daar was het ‘n prostituut gekry om na sy hotel te kom. Tot sy groot konsternasie is sy toe deel van ‘n sindikaat wat hom probeer afpers vir meer geld.
    Nou ja, al keuse wat voor hom gestaan het was om sy vrou te laat afkom Kaap toe en die hele storie aan haar te vertel. (Hy sou geensins groot somme geld wat net ‘verdwyn’ aan haar kon verduidelik nie.)

    Sy was gebroke, seergemaak, verneder en al daardie gevoelens wat jy nooit wil kry nie. MAAR, sy het hom ‘n kans gegee. Hulle het vir berading gegaan, hulle het deur dit gewerk en hulle is vandag nog saam.

    Vertrou sy hom nog volkome soos aan die begin? Nee.
    Gaan sy hom ooit weer ten volle kan vertrou? Nie sommer nie.
    Dink sy dat hy elke keer met ‘n ander vrou slaap as hy weggaan vir besigheid? Tien teen een.

    Maar die belangrikste ding is, hulle is nog saam, hulle kinders het nog ‘n ma en pa onder een dak wat lief is vir mekaar. Ja daar is nog baie seer en daar is nog baie gevoelens wat ten volle verwerk moet word. Maar dit is ‘n harde deel van die lewe wat hulle saam aanpak.

    Ek self is deur so ‘n slegte gebeurtenis met my man, nadat ons so paar maande getroud is het hy sy eks vrou ‘n boodskap gestuur op Facebook dat hy haar die oggend gesien het en dat sy goed lyk. ‘n Maand of wat na dit het hy twee ander vreemdeling vroue op Facebook ook gekontak, vir die een het hy vertel sy is tog te ‘cute’ en vir die ander een, wel kom ons sê net hy het deffinitief nie haar persoonlikheid raak gesien op haar foto’s nie. Ek was kwaad verby die punt wat ek nog ooit kwaad was, ek was verneder en ek was deurmekaar. Maar nadat ek my (onnodige) woede uitbarsting gehad het en gevoel het ek het genoeg geskree en baklei, het ek kalmeer.

    Ons het op die bed gaan sit en oor als gepraat, sy grootste bekommernis was dat hy nou my vertoue verloor het. Hy het gesê hy was nog nooit so spyt in sy lewe nie, hy het direk na hy dit vir haar gestuur het sleg gevoel, en nog slegter toe ek die boodskap gesien het.

    Snaaks genoeg, op daardie oomblik het ek gevoel ek gaan hom nooit weer kan vertrou nie, ek het gedink ek gaan obsessief raak en permanent elke stukkie tegnologie wat hy toegang tot beskik elke dag dophou om seker te maak dit gebeur nie weer nie.

    Maar ek het net besef, ons het ‘n probleem ondervind, ons het die probleem aangespreek, en ons het ‘vergeet en vergewe’. Ek het ook besef as hy my wil verneuk met boodskappe of as hy wil rondslaap gaan ek hom nie kan keer nie. Ek het met die Here gepraat en vir hom gesê : “Dad, hierdie saak is te veel vir my om te hanteer, vat die seer en vat die wantroue en maak ons weer reg.”

    En ek kan vandag sê ek het nie een keer die drang gevoel om sy Facebook, bbm of foon dop te hou of deur sy boodskappe te gaan nie, want ek vertrou hom, en selfs al het hy iets gedoen om my vertroue te breek, weet ek dat ek die vrou van sy hart is, ek is die een wat hy gevra het om sy lewe mee te deel.

    Die Here het gesien ek het my vertroue verloor, maar met een gebed het hy dit weer geskenk! Ek dink skei moet verkieslik ALTYD as die HEEL LAASTE opsie gesien word.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s