Rede hoekom ek dink nog so baie vroue kwaad is vir ons.

angry woman

Deur die laaste 2 jaar van Gesonde Seks se Facebook se bestaan, het ons al lekker gesels, gelag, gehuil, verskil en soms selfs met mekaar baklei. My inbox verklik van die feit dat daar nog baie vrouens is wat kwaad is vir ons oor ons antwoord vir anoniem oor haar man wat op haar gecheat het.

Ons het toe die standpunt geneem dat ons voel cheating het meer met motief te doen as die eintlike oortreding.

“Cheating is cheating” is iets wat ek oor en oor by julle hoor.

So ek het toe alles weer deeglik en rustig deur gelees om te sien waar ons mekaar mis, want ek glo nog steeds ons almal strewe na dieselfde doel toe – vir gesonde seks, huwelike, individue en gesinne.

Ek het toe iets raak gesien wat moontlik kan verduidelik hoe daar nog vrouens is wat nog ongelukkig met ons is. Ons het een van die eerste stappe in berading en tot die genesing en herstel van die gebroke oorgeslaan en dadelik begin om die situasie in ‘n ander lig probeer skets. (Wat absoluut brood nodig is vir enige gesonde herstel.)

Die stap wat ons oorgeslaan het, (en daarvoor ons om verskoning vra) is dat ons anoniem (die vrou wie verneuk voel) se emosies, pyn, seer en hartseer nie genoeg erken het nie.

Omdat die vrou nie voel dat ons as Gesonde Seks nie haar pyn en seer raak sien of haar glo as sy sê sy voel verneuk nie, en dadelik spring om die situasie in ‘n ander konteks probeer te verduidelik, word die vrou se pyn en seer, net vergroot want eintlik soek sy net empatie. Iemand wat saam met haar kan huil en ween.

So aan al die vroue wat nog kwaad voel vir ons, ons is wel bewus van die seer en pyn van die vrou. Jou pyn en seer is groot en ons probeer glad nie dit klein maak nie. Daar was teenoor jou gesondig, jou vertroue is gebreek, jou liefde bevraagteken. En ons is so verskriklik jammer dat jy jouself in hierdie situasie in die eerste plek moet bevind.

Gesonde Seks is nie net aan die man se kant nie of promoveer ons nie die wille-los-doen-wat-jy-wil-seks nie.

Gesonde Seks glo in die Eden bloudruk wat sê: 1 Man vir 1 Vrou vir ewig.

Gesonde Seks glo in Genesis 2:25 waar die man en sy vrou kaal kan staan voor mekaar sonder dat hulle skaam voel.

Gesonde Seks glo ook dat soms gebeur daar seer en pynvolle dinge, (soos om van die verbode vrug te eet)

Gesonde Seks glo ook dat wanneer dit gebeur, hoef jy nie uit die Tuin van Eden geskop te word nie. (m.a.w. jou gesonde huwelik)

Gesonde Seks glo dat hoe jy in die Tuin van Eden kan bly ten spyte van die versoekings van die verbode vrug, is om NIE te doen wat Adam en Eva gedoen het nie.

“Is nie ekke nie, is die ander een.”

Gesonde Seks glo dat om in die Tuin van Eden te bly moet jy jammer kan sê, vergewe, vertrou al is daar rede vir wantroue, en bowenal nie teen mekaar draai en baklei nie, maar namekaar draai en VIR mekaar baklei.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel

6 thoughts on “Rede hoekom ek dink nog so baie vroue kwaad is vir ons.

      • Nes ‘n man dink, verwag ‘n vrou moet weet wat in sy kop aangaan! LOL Ek aanvaar jul verskoning. Wat hier gebeur het is presies wat gebeur in die huwelik en dis hoekom vroue so moeilik vergewe as hul tenagekom word, want die man dink alle verskonings uit om sy optrede te regverdig en nie haar emosies erken as regverdig nie. Die oomblik wat ‘n man ‘n verskoning aanbied sonder enige verskoning is wanneer ‘n vrou geneig is om oor te gaan in die proses om te vergewe. Ek wens so dat my man net na my toe kon kom, my in my oe kyk en vir my se: “Ek is sooo jammer”, en so ook al my vriende en vriendinne wat in dieselfde situasie is.

      • Melody dis mos nie waar nie. Kan ek jou herinner aan die feit dat dit Janet (n vrou) was wat hierdie hele gesprek begin het om vir anoniem aan te raai om dit in n ander lig te sien. Janet het juis dit in haar eie naam geskryf want sy het geweet vrouens gaan dit ja tipies man. Daar is nie as jy dit doen dan sal ek dit doen. Liefde is ek vergewe eerste selfs nog voordat jy die jammer ontvang het.

  1. Ek stem saam, my man verneuk my ook – internet, sosiale media, e-mails en so gaan die lysie aan, wat hartseer is, is dat party van die “online”verhoudings dan wel oorgaan na die regte ding. Ek voel ook soms dat ek net iemand soek wat kan probeer verstaan, ‘n bietjie moed kan inpraat en my vertel dat dit nie my skuld is nie.

    Dis ‘n siekte van ons samelewing, dis deesdae so maklik om iemand te kry om jou huweliksmaat mee te verneuk, kyk na al die dating-sites wat daar is, aan die ee kant voel ek daar is regtig mense wat alleen (ongetroud) is en graag weer iemand sal wil ontmoet om hulle lewe mee te deel. Aan die ander kant dink ek dis die duiwel wat sommer so kliphard en aanvaarbaar hier besig is om ontrouheid te bevorder.

    Ek weet nie wat Anoniem se situasie is nie, my man werk oorsee, is ‘n maand by die huis en ‘n maand by die werk. Hy raak so halsoorkop verlief om die vrouens dat dit ‘n baie groot invloed op ons huwelik het, ek weet elk keer wanneer daar weer iets aan die gang is, sy hele houding verander teenoor my. En dan begin die seer, die bekommernis, die skaam en die behoefte vir simpatie. Mens twyfel oor alles en twee van die grootstes is : hoekom, is ek dan nie goed genoeg nie en : wat as hy my werklik los en skei vir hierdie ander vrou…

    Dis moeilik, ek lewe nou al drie jaar so, het so baie van my vriendinne verloor omdat almal net wil sien dat ek skei. Ek wil nie skei nie, ek het beloftes gemaak en ek het ook nie getrou sodat ek eendag kan skei nie. My man het ‘n probleem, ek keur nie goed wat hy doen nie, maar ek glo dat liefde die kwaad sal oorwin.

    Vir Anoniem, ek het simpatie en verstaan.

  2. Ek stem tenvolle saam. Baie vroue loop en verdink hul mans heeldag, as daar n ander vrou in jou huis stap dan hou jy jou man heeldag dop. Anoniem kan bly wees haar man respekteer haar genoeg om dit met haar te deel. Daar is min mans wat dit sou doen. As vrou sou ek ook baie kwaad en verward voel en tyd nodig moes he om dit te verwerk, en sou werk vat om weer daai vertoue terug in die huwelik te bring. As sy dit te lank teen hom gaan hou, sal hy in die toekoms as so iets of soort gelyks moes gebeur dit nie weer met haar wou deel nie en maar die skuld gevoel dra. En n huwelik gebasseer op leuns is n wankellende huwelik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s