Die Bachelor Party Oeps

Bachelor-Party-3

Gister het anoniem op Gesonde Seks Facebook blad gevra oor haar man wat na ʼn Bachelor Party toe gaan. Hier is wat sy gevra het.

“Ek wil net weet wat is julle mening oor “Bachelors” party’s? My man gaan na 1 more waar hulle strippers gehuur het en dit word by iemand se huis gehou. Hy gaan ook daar oorslaap en ek is bitter ongelukkig daaroor! Ek weet hoe mans raak as hulle gedrink het en ek weet ook wat “daai” vrouens doen vir ekstra geld! Nou moet ek by die huis sit en na ons 2 klein kindertjies kyk terwyl hy snot dronk raak en na kaal vrouens kyk. Is ek ʼn heks omdat ek dit nie goed keur nie. Maak inelkgeval nie saak wat ek vir hom se nie hy het KLAAR besluit hy gaan!!!”

Hierdie post het heelwat van julle aan die gons gekry met meer as 250 comments. Die meeste vrouens het sterk reageer dat dit onaanvaarbaar was en dat getroude mans nie by sulke partytjies hoort nie. Sommige mans het saam gestem. Daar was die vrouens en mans wat die man se kant geneem het en gesê het dit is innocent en dat die vrou nie so agterdogtig moet wees oor haar man nie. Sommige het gevoel sy hom gemanipuleer het deur om hierdie vraag op Facebook publiek te maak. Die man het toe later terug geskryf dat hy eerder die partytjie kanselleer, want hy sien nie kans vir hierdie bakleiery nie. Baie van julle het hom applouse vir dit en hom verseker dat sy huwelik sterker sal wees as gevolg van sy besluit om dit te kanselleer.

So omdat julle so lekker gesels het en baie goeie punte opgebring het, wil ek graag oor ook my opinie oor die saak bring en kyk wat ons hier van kan leer.

Eerstens is ek nie ʼn groot fan van die Bachelor of Bachelorette party konsep nie. Hoekom voel ons ons moet ons laaste dag van enkel wees vier en geniet. Is die huwelik dan so ʼn tronk waarin jy intree? Dit daar gelaat, ek dink die meeste mense gaan maar voor met hierdie partytjies omdat dit tradisie is, en dit is iets wat ons almal hier in Suid Afrika maar moeilik van breek, al is dit ʼn stupid tradisie.

Die van julle wat nou al lank my volg op Gesonde Seks sal al agtergekom het ek lê nie baie klem op wat is reg en wat is verkeerd nie. (Juis sommige van julle se kritiek teen my.) Maar eerder wat is gesonde en ongesond.

Ek voel dit is juis hierdie reg en verkeerd, wat ons blind maak vir die ware skade wat in die verhouding gebeur.

Bv. As ons net fokus op wat die ‘regte’ ding is om te doen, wat die man wel besluit het om te doen, om die party te kanselleer, dan sal hulle verhouding mos beter waas as gevolg van dit. Maar ek dink nie dit is die geval nie.

Sodra die man en vrou vir mekaar begin sê wat hulle mag en nie mag doen nie, speel hulle ʼn baie gevaarlike magspel speletjie. Die vrou beweeg in die ma rol deur om te sê wat is reg en verkeerd en dit los die man met twee opsies.

#1 Hy veg haar vir die alfa persoon in die verhouding en baie keer is daar emosionele of fisiese abuse daaraan betrokke.

#2 Die man aanvaar die vrou se ma rol en regress terug tot sy seuntjie rol. Die probleem met hierdie een is dat seuntjies nie altyd die beste besluite maak nie.

So nou het die man ingegee, sy vrou het gewen, maar hy voel verneder en soos ‘n seuntjie. As hierdie gevoel bly en groei, maak dit die deur oop vir enige ander vrou om hom soos ‘n man weer te laat voel om hom van sy vrou te lok.

(Dan is hy mos eers ‘n vark.) Maar kan jy sien hoe die vrou se magspel hierdie bose kringloop aangehelp het?

Die feit dat hy hierdie party gekanselleer het moenie gesien word as ‘n “wen” vir die huwelik nie, want die man sien dit nie so nie. Hy sien dit as ‘n “wen” vir haar en ‘n “verloor” vir hom. Daarom is dit baie belangrik dat die vrou om verskoning moet vra dat sy hom so in ‘n hoek gedruk het en dat haar vrese en eie insecurities die beste van haar gekry het.

So, as ons nie in die “reg en verkeerd” van ‘n situasie moet vaskyk nie, wat moet ons doen?

Vra eerder vir jouself: “Is dit gesond of ongesond vir jou en vir jou verhouding?”

Hierdie gaan jou help om ‘n besluit te maak, sonder dat een van julle soos ‘n verloorder hoef te voel en ‘n ander een die wenner. Leer om besluite saam te maak en bly weg van “jy mag nie of jy moet”. Nee, praat eerder soos twee gelyke volwassenes daaroor. Is dit gesond of ongesond vir jou en vir ons?

 

Bv. Hoe hierdie Bachelor party gesprek moontlik kon gegaan het deur om na die gesond en ongesonde feite te kyk.

Die vrou kan begin om vir haar man te sê sy is nie gemaklik daarmee nie, want dit laat haar ‘n bietjie jaloers voel.

Maar dat sy hom wel vertrou.

(Daar is niks fout om jou gevoelens met mekaar te deel nie, solank soos wat dit nie die ander een aanval nie. Daarom begin altyd met “Ek voel…”)

Die man kan vir sy vrou verstel dat dit hom baie gaan embarrass voor sy vriende as hy die enigste een gaan wees wat nie opdaag nie.

Nadat hulle albei beurte geneem het om in “Ek voel” sinne al hulle gevoelens met mekaar gedeel het, kan hulle oor gaan om die gesondheid en ongesondheid daarvan te bepaal, deur om na die feite te kyk.

#1 Drank

#2 Stripper

#3 Oorslaap

Probeer om nie in die obvious ‘reg en verkeerd’ vas te kyk nie. Waar lê die ‘gesonde en ongesonde’?

DRANK.

Die drank is die grootste ongesonde faktor in hierdie lysie, want studies en berading het oor en oor bewys dat wanneer iemand onder die invloed van drank is, doen jy dinge wat jy anderste nie sou doen as jy sober was nie.

OORSLAAP.

Die oorslaap is die tweede ongesonde faktor in hierdie lysie. Daar is geen grense, curfew, geen gedagte aan ‘grootmens’ dinge nie. Dis net een groot slumberparty. Jy is gefokus op die hier en die nou. Plus jy is nog dronk ook nog, word hierdie hier en nou eweskielik baie meer uitdagend.

STRIPPER.

Die feit dat daar ‘n stripper gaan wees is die minste van die ongesonde faktore. (Alhoewel ek al in die begin gesê het hierdie is vir my ‘n baie stupid tradisie.) So gekoppel met al die drank, die geen worries wat die oorslaap bring, mag daar dalk een of twee ouens wees hulle luck try met die stripper.

Maar wanneer ons van uit ‘n ‘reg en verkeerd’ oogpunt hierna kyk dan sal ons 9/10 eerste en net by die stripper vas hak. Die probleem met dit is die man voel dadelik goedkoop. Hy voel sy vrou vertrou hom nie. Hy voel in ‘n tronk, veral as hy niks eers in sy kop beplan het met die stripper nie.

Sy vrou maak hom skaam voel oor sy seksualiteit en dit is waar hierdie bose kringloop begin.

Waar as julle saam kan sien dat daar meer ongesonde faktore is as gesonde faktore, en waar die stripper nie eers die grootste rol gespeel het nie, sal die man nie skaam voel oor sy seksualiteit nie en ʼn groter kans het dat man en vrou saam hierdie situasie kan oorwin.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel

17 thoughts on “Die Bachelor Party Oeps

  1. Ek is maar nog nuut op jou blad. Em ek stem heeltemal saam met jou antwoord hier. Ek vertrou my man ten volle en weet dat hy geen belangstelling in n stipper of ander vrou het nie al is hy by so n party. Ek dink ook n verhouding en huwelik moet gebou word op vertroue en trust. As jy jou man die heeltyd verdink van dinge sal hy naderhand dit doen want jy verdink hom dan inelkgeval oor dit. Wat meeste mense nie verstaan nie is die feit dat die stripper gewoonlik met n “bouncher” kom en hulle nie sommer sal “oorslaap” by die party nie.
    Dankie vir jou blad, ek geniet dit om als lees en geniet die raad en goed. Mense moet meer oop wees oor wat gesonde waardes is.
    Tx

  2. Nie dat ʼn Bachelor Party juis ‘n Afrikaanse tradisie is nie, of hoe? Ek meen dit het onlangs(erig) oorgewaai van elders af.
    Nietemin – goeie argument wat jy maak.

  3. WOW! 10/10 vir jou!

    Ek het nou daai post gemis op jou FB page.

    Ek is natuurlik geneig om saam te stem met jou.

    1) Die ma rol in ‘n huwelik veroorsaak dat mense mekaar aanval soos jy gese het. Bo en behalwe vir die vernedering, maak dit deure in mense se lewens oop vir allerlei geestes goggas wat liewers kon geblei het. Die gevaarlikste van die is die Jezebel/Ahab kombinasie. Uit my eie beradings ondervindings, en wat ek gesien het in die sessies wat my Pa as Pastoor gedoen het, is hierdie gedrag BESONDERS gevaarlik. Ja ek stem saam dat dit NIE gesond is vir ‘n getroude man om na so strip sessie toe te gaan nie. Al is hy “sterk Genoeg” om die versoekings te weerstaan, is die beelde klaar geplant, en maak DIE nou weer op sy beurt Nuwe deure vir perversie oop wat ook maar kon gebly het.

    2) Die Seuntjie rol is NET so erg, omdat die man nou sy autoriteit neerle en nou ‘n weerbarstige kind word. Hy word dan mos soos ‘n kind behandel, en dus sal hy dan nou soos ‘n kind optree. Wat jy hier gese het maak baie sin, en weereens uit my eie agtergrond sien ek heeltemal te veel van die soort dinge gebeur.

    3) Die mags stryd vir die beheer in die huis is uiters on gesond en AL wat nou gebeur is dat daar ‘n wig tussen die man en vrou geslaan word. Mens kan hier heen en weer argumenteer oor hoe die situasie hanteer moet word. Ek sal natuurlik die SKRIF raadpleeg hier en kyk wat GOD dink van dit. Die skrif sal vir ons wys dat die man NIE aan hierdie soort tradisie moet deel he nie, terwille van homself en sy gesin. Die skrif sal OOK vir ons wys dat die vrou, na sy haar misnoe teenoor hom bekend gemaak het – op ‘n manier wat nog steeds respek toon teenoor hom as hoof van die huis – NIE in ‘n mags stryd met hom betrokke mag raak nie, maar sou eerder se dat sy vir hom bid, en dat sy oe oop gemaak word vir wat daar gebeur.

    ‘n Mens kan regtig ‘n boek skryf oor die een enkele voorval, juis omdat dit sulke erenstige onder strominge het!

    Brovo vir die man wat by die huis gebly het. Hy het die regte besluit geneem.

    Vir die vrou rus dit nou om hom omverskoning te vra vir hoe sy die situasie hanteer het, en aan hom te verseker dat sy NIE sy plek as hoof van die huis aanval nie, en dat sy nie voel dat SY gewen het nie, maar eerder hul huwelik. Ek stem nie saam met haar aksies nie, JUIS as gevolg van die onder strominge wat nou hier begin vloei.

    As sy nie die skade wat sy aan gerig het herstel nie, sien ek hulle binnekort in die kantoor van ‘n berader sit.

  4. Ek stem heel hartig saam met jou! Veral oor die drank kwessie, ek kon nog nooit verstaan hoekom sommige mans so baie wil drink in die eerste plek nie, ek voel n mens se sin vir vranwoordelikheid moet tog ook inskop en se Nee, twee biere was genoeg

  5. Gee mekaar ruimte en vertrou mekaar, Want ons het mos selfrespek – nie net alleen vir onsself nie, maar ook vir ons maat en vir ons huwelik. Bly werk aan jul huwelike, en moet nooit tevrede genoeg wees nie – dit kan altyd beter en beter en lekkerder en uiteindelik word dit ‘n heerlike veilige hawe wat kosbaar is en vol vertroue. En juis dan besef elkeen dat hy/sy vir die ander belangrik en baie baie spesiaal is. Boost mekaar se ego’s – dit is so belangrik dat dit lekker moet wees om by mekaar te wees.
    Kobus.

  6. Ek stem 100% saam Timothy, baie dankie vir jou post ook Kobus, dit is baie waar.

    Ek self dink nie bachelor parties is nodig nie, veral nie strippers nie, dit is seker maar elke persoon se keuse.

    Ek self was gevra om n bachelor partytjie te reel so 3 maande terug, en was nogal verbaas gewees toe van die ouens begin vra het oor strippers.Ek het dadelik gese stripper is nie welkom nie, oor ek weet watse reaksie dit sal uitlok, ek self stel ook glad nie belang in die idee dat daar strippers moet wees nie. Al die mans het net bymekaar gekom, het rugby gekyk lekker gebraai en paar drinks gedrink.

    Ek was ook al op n geleentheid by n bachelors partytjie gewees waar daar wel strippers was, ek was glad nie betrokke by dit nie en het gekies om eerder buite te sit, n paar ander ouens het ook nie eers die moeite gedoen om dit te ondersteun nie, en ons het lekker saam gesit en buite gekuier.

    Dit is jou keuse om dit te ondersteun, en ek weet jou vrou/verloofde/meisie sal dit moeilik vind om jou te glo as jy sê, jy gaan na die partytjie toe gaan maar jy sal nie vir die stripper gaan kyk nie.

    Ek het dit al ervaar, en ek haal my hoed af vir die paar mans wat dit nie ondersteun het nie.

  7. Dankie Timothy

    “die Vrees van Here” het my nog altyd weggehou van hierdie partyjies. Vandag, op 54 is ek ewig dankbaar daarvoor. Die “Vrees van die Here” is goed! Dankie vir die insig wat jy in die blog ingebring het.

    Nogmaals dankie.

    Jan Delport

  8. Bachelors Parties is nie altyd net strippers en drank nie. Ek persoonlik het al ‘n paar parties gehost en bygewoon, en party was met strippers, maar meeste nie. Ek persoonlik hou nie van stripper parties nie, en sal gewoonlik reguit aan die organiseerder sê dat ek ongemaklik voel daaroor en ek eerder nie wil bywoon nie. Maar as ek genoodsaak voel om by te woon, weet ek my vrou sal my laat gaan, aangesien ons mekaar 100% vertrou. Ek sal ook oop kaarte met haar speel en vertel van die strippers. Die probleem kom wanneer ‘n man nie sy vrou vertel dat daar strippers gaan wees nie.

  9. Ek wil verskil.Nie oor die strippers nie want die groot gevaar is eintlik die dames saam wie ons mans werk.Ek het my man een honderd persent vertrou tot een van sy vriendinne twee blokke van ons huis af in n woonstel in getrek het en by tee geleenthede voor my man vir my vertel het hoe sy op warm aande na n koue stort sommer sonder n draad klere rond loop My man moes meer en meer van haar probleme oplos en ek is minder en minder saam genooi Tot die aand wat hy agtuur die aand vir haar DVD s moes vat omdat sy niks het om te doen nie.My woorde aan hom was jy moet oppas daardie vroumens gaan vir jou moeilikheid maak. Hy het hom vervies en gese ek weet nie hoe bevoorreg ek is nie n Maand later se hy hy soek sy vryheid Hy het meer as n jaar laas aan my geraak. Hy wou my boelie om die egskeiding te begin maar ek het gewyer .Hy het my gedagvaar ek wag nog net vir die dagvaardiging om afgelewer te word .So wat het ek verkeerd gedoen?

  10. Aai, ek het dadelik vir my verloofde die gestuur, sy ‘vriende’ het ook vir hom ‘n batparty gereel vir more aand. 400 km van die huis af. Ek moet maar net bid en vertrou op God om hom veilig en op die regte pad te hou, al het hy al rondgeloop. Bid, bid, en nog bid.

  11. “Ons” het ‘n ander tradisie begin, ons hou ‘n “tool party” elke man bring vir die aanstaande bruidegom ‘n stuk gereedskap soos ‘n hammer of ‘n skroewedraaier. Iets wat hy sal kan gebruik in en om die huis. Baie soos ‘n “kitchen tea” vir die bruid. Ons maak ook seker beide die Pa en aanstaande Skoonpa is teenwoordig, ons gee hulle beide die geleentheid om met die aanstaande bruidegom voor al sy “pêlle” te gesels oor hulle verwagtinge/visie/drome of wat ookal op hulle hart is vir die komende huwelik. Ons sluit die aand dan af met ‘n lekker bring en braai.

    • Yes man, ek laaik dit kwaai.
      Ek gaan sommer hierdie idee op Gesonde Seks se facebook blad sit.
      Mag ons meer mans so groot maak en reg leer vir die huwelik inplaas om
      die seuntjie in die man te treur en dronk aan die lewe te hou

  12. Ek stem saam en ook nie. Jou benadering vir my is 100% reg. Maar as daar n sin van vertroue en ma-wees in n huwelik nie daar is nie. Dan was die storie nie nou geskruif nie.
    Ek gee my man baie vryheid as dit kom by sulke dinge tradisie of nie. As jy n man heers soos die klein seuntjie waar aan Timothy refer dan sal hy nooit dink aan die greater good van die verhouding dink nie.

    Soos dir saying goes: a little bit of trust goes along way. Noem jou vrese maar dont bully. Ons vrouens doen dit al te maklik

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s