Hier’s my probleem met die “SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDE” boodskap

nosex

Nou dat ek almal se aandag het, wil ek net die artikel begin om te noem dat ek ook glo dat die veiligste plek vir seks om plaas te vind is in ʼn gesonde huwelik. En ek dink ook daar is baie onnodige seer en hartseer betrokke in ‘casual sex’.

Wat ek egter nie mee saam stem is die manier HOE die kerk hierdie boodskap van gesonde seks in die huwelik oor die jare oorgedra het en steeds mee volhou.

Ek is al baie lank van die opinie dat die “SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDEno sex before marriageboodskap nie werk nie. Jy mag dalk vir my wil sê:

“Maar dit is wat die Bybel sê.”

“Moenie God se standaard verlaag nie.”

“Sonde bly sonde.”

Jy hoef nie. My ore tuit alreeds!

As ons regtig-egtig so hard glo dat dit beter is om te wag met seks totdat ons getroud is en dat ons in hierdie besigheid (kerk/Christenskap) is om mense te help, maak dit dan nie sin om alles in ons vermoë te doen om die mense te help om so maklik as moontlik die boodskap te neem en te volg nie? Ek dink aan die spreekwoord, jy kan meer vlieë vang met ʼn bietjie heuning as met baie asyn.

Maar ongelukkig is asyn vir baie jare, generasie en eeue al deel van die godsdienstige juk wat op mense geplaas word. “Draai of braai, boeta!” (Of is dit in hierdie geval “Knyp of buk, sussa!”?)

Is Jesus se onvoorwaardelike liefde, nie ʼn sterk genoem boodskap van oortuiging nie?

Wil nie almal gesonde en lewens van oorvloed geniet nie?

En as ons regtig-egtig glo ons as Christene het die antwoord tot so ʼn lewe, (en ek glo werklik ons het), dan moet ons mos uit ons pad uit gaan om Jesus se woorde in Matteus 11:30 te ego:

“Want My juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”

Ek sien nie die vingerswaaiende-Bybel onder die arm-draai of braai Jesus hier nie.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens verstaan.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens lief het.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens wil lei, met sagkens en teerheid.

Ek sien ʼn Jesus wat met elke individu ʼn verhouding mee wil aanknoop, inplaas van om net die hemel vol te wil maak.

Ek dink daar is ʼn BAIE beter manier om mense te kry om langer te wag met seks as die baie oneffektiewe vingerswaaiende-Bybel onder die arm-seks voor die huwelik is sonde boodskap.

Maar voordat ek enige aandag kan spandeer aan die nuwe manier, moet ons eers saam stem dat die huidige manier van doen, werk nie.

En hier is hoekom dit nie werk nie. (Wel een van die redes!)

In my navorsing oor die Afrikaanssprekende Christen se seksuele belewenisse, vind ek ʼn effens konserwatiewe blanke dame tussen die ouderdom 35-44. Sy is getroud in haar eerste huwelik. Afrikaans is haar huistaal en sy is lidmaat aan die NG Kerk.

Hier is haar antwoord op my navorsingsvraag:

V: “Watse rol het jou geloof gespeel ten opsigte van jou seksualiteit?”

A: “Die Here het gesê dat seks slegs plaasvind as jy getroud is en omrede dit alreeds voor my huwelik plaasgevind (verkrag en molestering) het dit vir my gevoel asof ek nie meer ʼn kind van God is nie.”

Gee dit so ʼn oomblik om in jou hart te gaan lê.

Het dit jou al getref?

Voel jy die ‘heaviness’ van haar woorde?

Dit suig al die lewe uit jou uit!

Iewers het ons as kerk en Christene hierdie middeljarige Afrikaanssprekende Christen ʼn groot onreg aan gedoen. JA – ONS! Nie haar verkragters en molesteerders nie. Ek en jy. Haar broers en susters in die geloof. Ons het haar laat voel dat sy NIE MEER KWALIFEER OM ‘N KIND VAN GOD TE WEES NIE.

Nie as gevolg van watse erge verkeerd aan haar gedoen was nie, MAAR AS GEVOLG VAN HIERDIE VERDOMDE BOODSKAP VAN SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDE.

no-sex-before-marriage-with-textSy het groot geword dat die mees belangrikste ding in haar lewe is haar maagdelikheid!

Sy het groot geword dat die grootste sonde wat sy op hierdie aarde kan doen is om nie as ʼn maagd te trou nie.

En hierdie twee beginsels is oor en oor in haar ingedril met die woorde “GOD Sê” en “DIE BYBEL Sê”.

Waar is die sagte juk?

Waar is die ligte las?

Waar is die sagkens?

Waar is die teerheid?

Waar is die arm om die skouer?

Waar is die ween saam?

NEE, al wat sy kry is ʼn vingerswaaiende-Bybel onder die arm-Seks voor die huwelik is sonde.

Ons kan nie verwag dat mense die mooi in seks gaan kan raak sien as die kerk 9/10 keer die klem lê op die sonde nie.

Dit is soos om vir jou kind te leer van gesonde eet gewoontes en al wat jy vir hom sê, gil, skree en indril: “MOENIE JOU KOS OP DIE GROND GOOI NIE!”

Asof dit die kind gaan enige iets positief leer van gesonde eet gewoontes?!

Dit gaan die kind net baie nervous maak wanneer hy saam met jou aan tafel sit en eet.

En bewaar sy siel as hy ooit iets op die vloer mors. Dalk val die vurk, of iemand stap verby en stamp hom en kos val op die vloer.

Die kyk in daardie kind se oë.

Die gevoel in daardie kind se hart.

Die selfbeeld en selfvertrou van daardie kind,… WEG!

Net soos wat ons middeljarige Afrikaans dame gevoel het toe sy kos op die vloer gemors het, per ongeluk! Dat dit haar outomaties diskwalifiseer om by haar VADER se tafel aan te sit.

Wie is ek of jy om mense te diskwalifiseer om aan ons VADER se tafel te sit, as Jesus self nie eers enige iemand diskwalifiseer nie?

Wanneer gaan ons snap dat dit nie is WAT ons sê nie, maar HOE ons dit sê wat die verskil is tussen

Wet en Genade

Dood en Lewe

Sonde en Geregtigheid

Maar hier is die kruks van dit alles. Hier is die stopblok.

Die meeste van ons hou hardkoppig aan glo wat ons hardkoppige voorouers vir ons geleer het oor seksualiteit en spiritualiteit.

Ons sal nie mense soos hierdie middeljarige Afrikaanssprekende NG Kerk-gaanende dame kan help totdat ons nie self ons eie harte ondersoek en ons eie Seks IQ verhoog en gesond kry nie.

So wat van ons leer die mense ʼn nuwe beginsel oor seks voor die huwelik?

Dat daar is een ding wat belangriker is as jou maagdelikheid!

…EN DIT IS JY!

Om meer te lees oor wat ek as Gesonde Seks beskou en wat ek uit die Bybel kry oor seksualiteit, gaan kry my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” vanaf ons aanlyn boekwinkel:

http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke

One thought on “Hier’s my probleem met die “SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDE” boodskap

  1. Ek stem saam, hou op klem le dat dit sonde is en vertel die jeug van vandag, dat seks voor die huwelik nie moet gebeur nie: omdat jou siel met daardie persoon verbind word en in God se oe, is dit soos ‘n huwelik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s