10 Jaar getroud vandag en steeds vlinder die verliefdheid

Janet Kieswetter, sou jy ooit raai dat iemand wat gevra het om te trou via sms, sal ooit genoeg leer oor romanse, liefde, emosies en seksualiteit om ʼn Gesonde Seks blad te run? So om in daardie gees te bly wil ek graag my 10 huweliksherdenking beloftes hernu via Facebook. (Sien ek leer vinnig.)

Presies 10 jaar gelede het ek voor so 100+ mense gestaan en bewe in ʼn baie te groot swart pak buite in die son.  Daar is nie genoeg EGO in die wêreld om daardie nerves te vermom het nie. Maar toe jy fashionably late daar opgedaag het, het alles tot ruste gekom. Ek het ophou bewe. My bors het geswel op die swart pak te pas. (Sjoe, ek moes mooi konsentreer op my spelling daar.) Die nerves het dadelik verdwyn. Die son het stil gaan staan. Die wind het opgehou waai. Die 100+ mense het weggegaan. Jou pa langs jou het ek uitgeblok. Die gedagtes en planne vir later die aand het ek op ys gesit. My gebed het ek as “Amen” aanvaar.

Want daar staan my lewe. My begeerte. My toekoms. My lover. My versorger van my kinders-to-come. My ander hele. (Ek glo nie daaraan om jou beter helfte te vind nie, want jy moet jou eie beste hele wees.)

Jy het gedog jy trou ʼn jeugpastoor. Maar ek het altyd geweet met jou as my vrou gaan ek eendag ʼn meester graad kry in seksuologie.

Liefie, die res van wat op my hart is, sal ek vanaand saggies in jou oor fluister.

Net soos 10 jaar gelede, voor daardie 100+ mense, familie, vriende, so een of twee bekende persoonlikhede en voor God, maak ek nou weer daardie selfde belofte voor -+ 30 000 mense, waar ek en jy die soort van bekende persoonlikhede is.

“Timothy Paul Kieswetter, nou dat u weet dat God die huwelik ingestel het en wat Hy u daarin beveel, getuig u hier voor God en almal wat teenwoordig is (like, tweet, of volg), dat dit u opregte voorneme is om so in hierdie staat te lewe, en begeer u dat u huwelik nou gesluit en bevestig sal word?”

“Ja.”

“Verklaar u, Timothy Kieswetter, dat, sover u weet, daar regtens geen beletsel is teen u voorgenome huwelik met Janet Ann Kieswetter hier teenwoordig nie en dat u almal hier teenwoordig roep  (om te like en share) om getuie te wees dat u Janet Kieswetter tot u wettige vrou neem?

“Ja.”

“Mag ons Here God die voorneme wat Hy u gegee het, bekragtig, en mag die begin van u huwelik wees in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het! (en Gesonde Seks)

Timothy, u het hier voor God en Facebook en Twitter almal teenwoordig verklaar dat u Janet Kieswetter steeds as u wettige vrou neem.  Beloof u dat u haar nooit sal verlaat nie, dat u haar sal liefhê en getrou sal onderhou soos ‘n getroue en Godvresende man aan sy vrou verskuldig is?  Beloof u verder dat u heilig met haar sal lewe en haar in alles getrou sal bly ooreenkomstig die uitspraak van die heilige evangelie?

Wat is u antwoord?”

“Ja.”

“Ek verklaar nou dat Timothy Kieswetter en Janet Kieswetter hier teenwoordig regtens steeds getroud is en Gesonde Seks het.  Mag die Vader van alle barmhartigheid, wat u deur sy genade tot hierdie huwelik geroep het, u met opregte liefde en trou verbind en u sy seën gee!  Amen.”

15 thoughts on “10 Jaar getroud vandag en steeds vlinder die verliefdheid

  1. Ag dit is nou regtig pragtig Timothy – so se n tannie wat al 36jaar gelukkig getroud is met dieselfde man.

    Bou so voort jy het nog 26jaar om te kom waar eke vandag is!

    Waardeer mekaar en wees lief vir mekaar – dit is die belangrikste van enige huwelik – dat jy lief sal wees

    Vir die mamma van jou kinders en versa visa.

    Gelukkige huweliks herdenking vir jou en vroulief

      • ai maar julle is pragtige voorbeelde van twee wat waarlik een geword het!
        Geniet mekaar, want die lewe gaan so gou verby!
        mag julle nog baie seën ervaar in julle model huwelik.
        Kobus Smit

  2. Ek hou baie van jou brief. Dit het diepte en baie waarde daar in. Geluk jul twee. Dankie vir die blad en bly altyd so goeie insirasie vir almal

  3. Nee wat, Tim, jy wen verseker!!! Nog altyd ‘n skrywer van formaat 🙂 het nou gevoel of ek weer by julle troue was en jou liefde vir jou vrou is…heart warming! Baie geluk julle twee met 10 amazing jaar, so bly ons kon deel van elke een wees! Baie lief vir julle! XXxxx

  4. Jy is ‘n man so na enige vrou se hart. Ek wens net alle mans kon dit so verwoord soos jy. Jou vrou is waarlik gelukkig om jou te hê. Uitstekend gesê

  5. My gebed vir julle is dat julle werklik God se seen in jul huwelik sal ervaar. Ek leer so baie uit alles wat ek op die blad en jou boeke lees en wens julle net voorspoed en vreugde toe vir die toekoms saam.

  6. Pragtig en baie geluk! Maar die huwelik is ongelukkig nie net maanskyn en rose. Seks of te nie. Kinders en die harde werklikheid van die lewe kan sy tol eis. Fairytales, happy ever after, is net fairytales. Ongelukkig raak ‘n mens gewoond aan mekaar, dis menslik. En dis waar die trick inkom. Met jare verander en groei jou persoonlikheid. Dit wat was is nie meer dieselfde. Drome is verwenslik of nie. Fokusse verskyf. Na 10 jaar kom die sewe sakke sout eers. Realiteit is ‘n swaar pil om te sluk. Happy for ever after is net ‘n storie wat van klein tyd in jou kop geprop word, sonder die after deel. Gelukkig raak ‘n mens gewoond daaraan en as daar helder oomblikke kom, waardeer jy dit net soveel meer. Enjoy the journey!

  7. O ja, Amper vergeet ek om te stem!
    ek hou baie van alles wat jy sê Timothy, maar Janet kry verseker my stem – sy is ‘n voorbeeld vir so baie van ons vroue! vir die wat nog nie weet nie – julle mis soveel!!
    Kobus

  8. Jul moet albei wen!! jul vul mekaar 100% aan. Tel mekaar se harte op! wow! sien mens kan srokies huwelik he. jul help my om in my droom te glo! lief v jul 2! Laat my dink!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s