In ‘n kompetisie om te sien wie skryf die mooiste liefdesbrief, gaan jy, my Lief, altyd wen.

Want jy is ‘n Skrywer en kan toor met woorde. Hoeveel keer het jy my hart al gesmelt met jou liefdesdig?

Jy is ʼn Berader en verstaan hoe dink ‘n vrou. Jy begryp so goed wat my ontstel en wat my laat goed voel en sê altyd die regte ding.

Ek love dat jy Navorser is en heeltyd honger is vir nuwe inligting. Ek voel jou belangstelling in wat ek het om te vertel en jy deel graag jou nuutste boek, teorie, preek, kursus, gedagte, droom, sienswyse met my. Ons hardloop nooit uit goed om oor te praat nie. Die lewe bly ‘intriguing’ saam met jou, altyd vars!

In ʼn liefdesbrief, sal jy die Here in bring op ʼn manier wat jou diep liefde vir Hom wys. Min mense weet hoe baie lief het jy die Here, maar ek doen. En dit trek my hart na Hom toe ook.

En die komediant in jou vermaak my al vir jare, mense kan maar uitsien na jou verhoogvertoning!

Jy is die CEO van ʼn besigheid en ons huwelik. Jy’s ʼn life coach vir baie maar eerste vir my. Jy is DIE seksuoloog (ongeag van wat ander sê) om te raadpleeg oor als seksueel en ek trek voordele van die rol natuurlik 😉

Jy is liefdevolle Pappa vir ons drie girls- ek love om te sien hoe hulle op jou skoot klim, of op jou rug of op jou voete staan. Jy is hulle held en Prins.

En omdat jy SO baie rolle so goed vertolk, voel jy soms jy pas nie iewers in nie.
Jy is ʼn Verkleurmannetjie wat kleur verander met elke nuwe agtergrond. Jy pas aan waar jy geplaas word. Jy ‘adapt’ so ongelooflik goed!

Jy is ʼn Verkleurmannetjie.

Jy is my VerkleurMAN.

Lief jou vir ewig

7 thoughts on “In ‘n kompetisie om te sien wie skryf die mooiste liefdesbrief, gaan jy, my Lief, altyd wen.

  1. Tim is baie gelukkig, hierdie brief het my ‘n knop in die keel gegee en trane in my oe. Janet, jy is verseker my wenner, jammer ek was bietjie laat. Tim se brief is ook baie mooi maar daar skemer soveel emosie en rol van vrou wees in hierdie brief deur.

  2. Die is pragtig. Voorwaar die wenner in my oe. Ons is nou amper 3 jaar getroud (16 oktober), en my man is ook so n wonderlike verkleurMAN. In so kort tyd moes hy leer man wees en pappa vir ons 2 kindertjies ( boeta is 2 en sussa is amper 1). Hy is net so wonderlik en daarom kon ek “relate” en die brief was voorwaar vir my die wen een. Geluk met julle 10 de huweliks herdenking!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s