Sosialemedia: Die nuwe skelmpie in elke verhouding!

Online-Affair_71935402Sosialemedia: Die nuwe skelmpie in elke verhouding!

Sosialemedia, is nie meer net iets wat ons doen om inligting te kry of hoe ons kommunikeer nie, dit het deel van ons identiteit geword, hoe ons onsself sien, uitdruk en met ander verkeer. Die vraag is nie of sosialemedia goed is vir ons nie, want ons het nie meer ʼn keuse in die saak nie, dit is klaar deel van ons DNA. Die vraag is het ons al geleer hoe om dit te beheer?

Die voordeel van tradisie is dat dit die volgende generasie met een hand terughou om nie blindelings om die draai van progressie te jaag nie. Al hoewel ons nie vasgevang kan bly in ons voorouers se gewoontes (tradisies) nie, help dit ons tog om aan ons morele waardes en sosiale etiek vas te hou totdat ons nuwe waardes en etiek as ʼn samelewing ontwikkel sonder dat dit eindig in ʼn tipe van hippie “free-love” era nie. (Ons het gesien hoe die samelewing weer terug trek van daardie “free-love” era om sy voete te vind in werkbare sosialeaanvaarde “post-AIDS-era” norms en beginsels.)

Maar met die snelheid wat Sosialemedia homself ingewurm het in letterlik elke deel van ons lewens, moet ons die vraag vra, het ons morele waardes, rasionele denke, sosiale etiek, gesonde verstand en werksame verhouding beginsels, agter gebly?

En omdat my fokus op Gesonde Seks is, kan ek met baie sekerheid die bogenoemde vraag beantwoord met ʼn harde en duidelike: “JA! Ons etiek en sosiale reëls het nog nie vinnig genoem ingehaal met Facebook, Twitter, Whatsapp, BBM, en online chat nie.”

Die affairs gebeur nie meer in die werksplek nie.

Die sekswerkers word nie meer op die staathoeke opgetel nie.

Die strippers word nie meer besoek op werk-naweek-trips nie.

Dit is nie meer jou jaloerse beste vriendin/vriend wat jou man/vrou wil steel nie.

Ons offer sommer onsself vrywilliglik op die sosiale-altaar om geslag te word!

Sosialemedia het die nuwe skelmpie geword in elke verhouding.

Die rede hoekom die meeste van ons nie die gevaartekens al kan raak sien nie, is omdat die nuwe sosialemedia nie enige van ons ou tradisies breek of verhoudings etiek oorskry nie. (Totdat dit te laat is)

  • Daar is mos nie ʼn reël wat ʼn man keer om met die teenoorgestelde geslag te praat by sy werk nie.
  • So hoekom moet hy nou skuldig voel as hy ʼn whatsapp gesprek het met ʼn vrou wie hy nog nooit eers ontmoet het nie?
  • Daar is mos nie ʼn reël wat ʼn vrou keer om langs haar man in die bed te lê en ʼn sappige liefdes roman te lees nie.
  • So hoekom moet sy nou skuldig voel as sy deur iemand se Facebook News Feed lees, langs haar man in die bed?
  • Daar is mos nie ʼn reël om by jou beste pelle af te pak oor jou frustrasies in jou verhouding nie.
  • So hoekom moet ons skuldig voel om ons probleme te begin met ʼn # en dit te Tweet?

Ons nuwe manier van menswees het nie saam met gesonde, verstaanbare en getoetste etiek en reëls gekom nie. En die ou reëls, tradisie, etiket en morele waardes het nie sosialemedia in gedagte gehad toe dit in ons samelewing aanvaar was as die norm nie.

Op my Gesonde Seks Facebook blad wat nou 30 000+ aanhangers het, sien ek op ʼn daaglikse basis hoe sosialemedia haarself dieper en dieper in wurm as die skelmpie in elke verhouding.

Maar niemand van ons sien dit as ʼn skelmpie nie, want ek het nog nie seks gehad met die persoon nie, redeneer ons!

Wat is ʼn foto nou stuur, heen en weer?

Wat is ʼn bietjie los praat, nou eintlik?

Wat is so bietjie aandag soek, so vreeslik?

Wat is so bietjie emosionele support, nou verkeerd?

Wat is so bietjie deur foto albums scroll, nou regtig?

Wat is ʼn friend accept, like, share, follow en poke, nou werklik?

Wat is die 24 uur aangeskakelgeid, ʼn probleem?

Nee, ek weet nog nie. Niemand van ons doen nie. Maar wat ek wel weet is my inbox loop oor en my beradingsdagboek is propvol, waar sosialemedia die skelmpie is.

Hier is een van die vrae van anoniem wat ek net vanoggend ontvang en antwoord het.

“Beste Timothy,

Ek is nou in die 8ste maand van my swangerskap met net ‘n paar wekies oor. Dit is my 2de baba en ons, veral my seuntjie sien baie uit. Dit was nie die maklikste swangerskap nie en toe vind ek op 7mnde uit my man ‘praat’ seksuele praatjies op verskeie websites en whatsapp met ‘n hele paar vrouens.

Hy se dit was onskuldig en het skuld aanvaar en erken. Ek weet nie hoe om oor die seer van die situasie emosioneel en in die slaapkamer te kom nie. Dit was nogals ‘n skok omdat hy een van daai wonderlike mans is wat jy dit nie van sal verwag nie. Ek het nooit gedink so iets sal met ons gebeur nie. Ek is maar 28 en hy 33.

Het jy dalk enige raad vir my.”

Hier is my antwoord vir haar.

“Eerstens, baie geluk met jou amper klaar swangerskap.

Daar is niks wat ek sal kan sê wat die seer en skok sal kan wegneem nie, behalwe om vir jou te sê dat dit ‘n baie algemene probleem is nie net onder mans nie, maar vrouens ook.

Dit begin baie onskuldig met lekker chats, en voordat ons onsself weer kan kry, is daar ‘n seksuele aspek.

Die rede hiervoor is nie omdat daar noodwendig fout is met die huwelik nie of omdat jou man nie meer gelukkig met jou nie, maar eerder net omdat ons wêreld rondom ons verander het.

Ons sosiale tegnologie het so vinnig ons lewens oorgeneem, dat ons nog nie mentally weet hoe om dit te beheer nie.

Ons het nog nie ‘n gesonde sosiale aanvaarbare etiket ontwikkel oor wat is gesond en ongesond by sosialemedia nie.

Jou man het dit nie aspris gedoen nie, hy het net in die sosialemedia lokval geval, want daar is nog geen duidelik waarskuwing tekens of reëls om hom daarvan weg te stuur nie.

Ek stel voor julle stel saam Sosialemedia huisreëls op vir julle wat julle al twee veilig in voel sonder om julle vryheid te beïnvloed nie.

Ek glo dit sal ʼn goeie begin wees.”

Toe ek en Janet begin het met Gesonde Seks op Facebook toe moes ons vinnig-vinnig reëls neerlê, want geen van die gesonde beradings etiket het die nuwe uitdagings van sosialemedia aangespreek nie. En ons albei het ons tone in warm water gedruk.

Maar omdat ons nie bereid is om naïef deur die lewe te gaan nie of om alleen deur die lewe te gaan nie, het ons saam gesit en ons eie “Timothy en Janet Sosialemedia Huisreëls” gemaak waarmee ons albei saam op besluit het en afgeteken het op, en by gebly het. (Want wie kan met vuur speel en nie brand nie?)

En hierdie Sosialemedia Huisreëls van ons word gereeld opdateer en hopelik sal ons en julle morele waardes, sosiale etiek, aanvaarbare en werksame verhoudings weer sy voete vind in die digitale sosialemedia era.

online-affair-1

Maak seker jy lees ook my vorige artikel oor Sosialemedia Affairs.

One thought on “Sosialemedia: Die nuwe skelmpie in elke verhouding!

  1. Wat van as jou man op die “chat sites” is? Ons het al soveel keer daaroor gepraat en hy weet hoe ek daaroor voel maar hy gaan nog aan daarmee. Hy se hy kyk net na die “profiles” maar ek voel as hy kyk dan soek hy mos iets? Hy verwag ek moet hom vertrou maar hoe doen ek dit? Ons is nou 16 jr getroud en ek is nog baie lief vir hom, maar ek is moedeloos

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s