Hoekom blommetjies en bytjies gevaarliker is as penisse en vaginas

Die naakte feite

In die volgende paar maande met die aanloop van my nuutste seksvoorligtingboek “Die Naakte Feite” wat uitgegee word deur CUM uitgewers, gaan ek al hoe meer begin skryf oor gesonde seksopvoeding vir ouers met kinders.

(Die boek sal Feb `14 beskikbaar wees.)

(HIER IS DIE BOEK NOU – BESTEL HOM HIER)

Een van my goeie vriende het nog altyd gewerk onder die jeug en hy sê altyd mens kry nie iets soos ‘n probleem tiener nie, net probleem ouers.

Ek wil dieselfde sê oor seksualiteit. Mense kry nie kinders vir wie seksualiteit sies, skaam, lelik en vuil is nie, net konserwatiewe ouers.

Ons moet begin om te verstaan dat seksualiteit, begin in elke kind as skoon, heilsaam, rein, mooi, opreg en gesond. Daarom sal jy kinders vind wat dit lief om kaalbas deur die huis te hardloop. Dat nadat hulle geleer het om self op die pottie te sit, sal hulle vir almal uitnooi om te kom kyk en sodra jou seuntjie leer dat hy iets het wat meisies nie het nie, sal hy sommer voor al jou kuiergaste met al die trots in die wêreld die publieke aankondiging maak, “Kyk, ek het ‘n tottie.”

Iemand het eendag vir my gesê, hy wens dat sy kinders verewig onskuldig sal bly.

Onskuldig? Ja ek bid dit ook vir jou kinders, maar Naïef? Nooit.

Vandag se gedagte oor gesonde seksopvoeding vir ouers met kinders, wil ek net fokus op die titel wat ons aan hierdie gesprek koppel.

“Die blommetjies en die bytjies.”

Nou ek studeer seksuologie nou al ‘n lang ruk en ek verstaan nog steeds nie, waar op aarde hierdie blommetjies en bytjie vandaan kom en hoe dit sin maak nie. Ek weet bye steek, en blomme het stampers, maar meer as dit maak dit nie vir my sin nie. Die twee is nie eers dieselfde spesies nie.

Die Engels is dalk ‘n bietjie nader met “The birds and the bees”, nog steeds nie dieselfde spesies nie, maar darem kan al twee saam weg vlieg.

Moenie jou kind se intelligensie onderskat nie. Hulle gaan agterkom wanneer jy vir hulle lieg. En hoe meer hulle voel jy probeer iets wegsteek hoe meer nuuskierig gaan jy hulle maak.

Daarom as jy vir jou kind die heeltyd stories oor blommetjies, bytjies en voëls vertel gaan jy die kind baie meer nuuskierig maak oor die penis en die vagina.

Maar as jy van die begin af vir jou kinders leer dis ‘n penis en dis ‘n vagina, en vir hulle leer ‘n mens kan normaal oor seks praat sonder om skuldig te voel of skaam te kry, sal nuuskierigheid verminder, want hulle voel nie jy steek iets vir hulle weg nie.

(Glo my nie, dis okay. Doen hierdie eksperiment met jou kind. Neem daardie sjokolade wat jou kind so dop hou die hele dag en gaan in die kamer en steek dit weg. Kom uit sonder die sjokolade en jou kind sal dadelik vir jou vra, waar is dit? Moenie jou kind antwoord nie. Gee vae antwoorde soos wat jy nou sou doen met die blommetjies en bytjies. Los jou kind alleen, en kyk wat maak hy! Verseker die eerste geleentheid wat hy gaan kry, is hy in jou kamer en op ‘n soektog na daardie sjokolade, want hy weet jy lieg vir hom, hy weet jy steek iets weg, en omdat jy nie hom eerlik en opreg en sonder skaamte geantwoord het nie, het jy hom net meer nuuskierig gemaak waar daardie sjokolade is.)

Kyk ‘n bietjie na hierdie video clip wat mooi illustreer hoe naïef-wees, jou meer nuuskierig gaan maak. Let op die ou wat wel weet wat aangaan, minder nuuskierig is. (en minder creepy)

As jy nog nie die boek bestel het nie, doen dit hier: www.gesondeseks.co.za

 

2 thoughts on “Hoekom blommetjies en bytjies gevaarliker is as penisse en vaginas

  1. Pingback: Timothy verjaar – deur Janet Kieswetter | Timothy Kieswetter's Blog oor Gesonde Seksualiteit

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s