Ons WAS ‘n gesin van 5. Ma, Pa, 2 seuns en 1 dogter (ek)

iStock_000004743935XSmall (1)Anoniem vertel: My ouers is getroud toe hulle 20/21 was. Ons is 3 kinders, 2 seuns en 1 dogter (ek). Ons was ‘n hegte gesin. Ons was goed groot gemaak. Ons het nie baie geld gehad nie, maar ons het altyd kos gehad en was altyd skoon en netjies. My ouers het altyd seker gemaak ons is netjies aangetrek vir kerk en as ons winkel toe gaan. Ons het altyd mooi maniere gehad oral waar ons gaan, respek vir ouer mense, vir ander mense, vir onsself en ons het waardeer wat ons het ens. My ouers was liefdevol teenoor ons, regverdig, het altyd seker gemaak dat ons weet hulle sal altyd daar wees vir ons, maak nie saak wat nie.  Hulle het ons geleer van die lewe (meer my ma het) en seker gemaak dat ons hard leer en werk op skool sodat ons ‘n goeie toekoms kan he.

So het ons groot geword en met die gedagte dat ons ‘n onbreekbare gesin is. Dat min ander gesinne so ‘geheg’ is soos ons nie. Ons kan openlik met mekaar oor alles praat. Ons het familie ‘meetings’ gehad, veral toe ons tieners was, as ons nie mekaar respekteer nie, ongelukkig is oor dinge, nie wil luister na my ouers ens nie. Dan sal elkeen ‘n beurt kry waar hulle kan se hoe hulle voel, waaroor hulle ongelukkig is en dan word die huis reels (ons takies soos beurte vir skottelgoed was ens) uitgele en so word dit uitgesorteer en daarna is almal weer gelukkig.

Die mense in veral ons kerk (waar ons is vandat ons almal klein is tot ons nou onlangs) het altyd ons familie bewonder (so het hulle vir ons gese). Vriende het ook. Mense in my skool het altyd gedink ek het die coolste familie (veral my pa).

My ma was n huisvrou tot en met ek so 9jaar oud was toe het sy gaan werk agv finansiele redes. My pa het n besige werk gehad het hy het naweke ens gewerk, oor kerstyd, paastyd ens. Ons het hom later al hoe minder begin gesien.

Soos ek en my broers ouer word het ons agtergekom my pa steek dinge weg en iets klop nie  altyd lekker nie. Ons het begin dinge dophou en uitvis wat aangaan. Eers meer my broers omdat hulle ouer was en hulle meer verstaan het en ek maar nog klein was en ‘innocent’ was. Ek en my pa het n ongelooflike sterk pa-en-dogter band gehad. Dit was onbreekbaar en ons was soos n tweeling. Ons het so baie dinge saam gedoen en hy was my hero. (Op skool moes ons n taak inhandig oor ons ‘hero’ en al die kinders het sport of popsterre gekies, maar ek het my pa gekies en n taak oor hom gedoen).  Ek kon hom enigiets vertel, enigiets vra of deel en hy sou altyd luister en my help en so. Ons het ons eie spesiale pa en dogter sê-ding gehad as ons met mekaar oor die foon gepraat het en ons groet, dan se ek altyd vir hom: ‘Ek is die liefste vir jou’ en dan sal hy se nee hy is en ek kan nie hom ‘beat’ nie. Ons het ook baie vir mekaar gese dat elke sandkorrel in die heelal tel as n miljoen druppels liefde en so het ons altyd die speletjies gehad van wie is die liefste vir mekaar.

Ek het vir lank aan my pa vas bly glo hy sal nie oneerlik teenoor my ma (of ons) wees nie alhoewel ek gehoor het wat my broers ontdek. Daar was n hele paar vrouens. Ek dink my broer het n lys gehad van name wat hy gemaak het en die hele puzzle bymekaar gesit het. My broers het toe half van hom af weg beweeg sielkundig. Ek was so verwar en het nie geweet aan wie se kant ek moet wees nie. Want ek is so bitter lief vir altwee my ouers. Ek het nie geweet waar ek hoort nie. Dit het my baie deurmekaar en skuldig laat voel as ek my pa mis of as ek n dag saam met hom sou geniet, want ek weet hy was besig met dinge (al was ek nie seker waarmee nie) Dit het my hele wese in twee gedeel.

Ek weet my broer het hom toe gekonfronteer op n tyd, met sms’e wat ek op sy foon gekry het en n video wat hul op af gekom het van hom en n ander vrou. Ek dink hy was op hoërskool in matriek. Al het hy al die feite voor my pa gegooi het my pa alles ontken en homself so uit dit uit gejok en verskonings vir alles gehad. dit was ongelooflik om te hoor wat hy alles gese het. My pa het n gawe om vreeslik goed te jok. Jy kan glad nie verby hom kom nie. Hy sal jou ‘outline’, maak nie saak watter feite jy voor hom sit nie.

Hy het so baie dinge gese hy sal doen en belowe maar dan gebeur dit nooit. soveel leuens…..Hy het SO baie dinge gedoen waarvan ons niks geweet het nie…

So 4/5jaar terug toe val ons lewens uitmekaar en ons gesin bars uitmekaar…….

Ek was maar 18 en net uit die skool uit.

Soveel mense het, wou en wil ons nie glo nie, maar dit het gebeur en dit is waar. En ons sal nooit ooit weer dieselfde wees nie.

Dit het so gebeur my ma uitgevind het my pa is al die jare getroud met ‘n ander vrou. (maar hy bly nogsteeds by ons gesin en is ‘getroud’ met my ma). My ma het gaan kyk na haar huwelik status by die Hoogeregs hof en toe sien sy dat sy ‘n geskeide vrou is, al vir 13jaar!!!! En sy weet van absoluut niks!! Hy het haar geskei sonder

haar wete of verbale toestemming. Die skeibrief is wettig by die Hooggeregs hof ens. Hy het haar handtekening op ‘n manier gekry, ons dink ons weet hoe maar is nie heeltemal seker nie. Hy is wettig getroud met hierdie ander vrou al vir 7/8jaar en hulle is al saam vir 14jaar. En bo op dit, het sy (die ander vrou en haar dogter) nie geweet hy bly by ons en lewe nog ‘n ‘getroude’ lewe met my ma nie. (en daar is nog BAIE leuens wat hiermee saam loop, ek kan ‘n hele boek skryf)

Ek het die vrou ook ontmoet, hulle trou fotos ook gesien. My pa lyk so jonk op daardie fotos en om te dink ek was maar 6jaar oud toe hy my ma geskei het en ‘n paar jaar daarna trou hy met iemand anders! Terwyl ons 4 salig onbewus is van niks en ek hom ophef as die hero in my lewe!!!

Ek het in my lewe nog nooit so iets erg ervaar nie, nog nooit!  Dit het gevoel of jy my lyf stadig in twee skeur, my hart met ‘n tang uit my bors trek en op hom spring! My hart is vergrys. My siel is gebars en gebreek en hy sal nooit weer genees nie, ek sal nooit genees nie, ek sal nooit ooit weer dieselfde wees nie. Dit voel asof jy van my ledemate verkrummel het en dit net so gelos het met die pyn. Dit is elke dag daar, die lem is elke dag nog in my hart.

Ek was in die hospitaal opgeneem vir ineenstorting. Ek het al ophou tel hoeveel panic attacks ek gehad het. Ek dink al my trane kan seker ‘n rivier vol maak. Ek trek nou al by my 5de sielkundige en ek glo nie daar is iets wat ooit hierdie seer, hierdie enorme teleurstelling en hierdie verraaiing kan herstel nie. Veral van die persoon wat veronderstel was om MY te beskerm, wat MY moes leer om uit te kyk vir die slegte dinge in die lewe, wat MY valskerm moes wees as iemand anders my seermaak of my breek. En nou……? Ek het gedink ek het een, maar net om uit te vind my valskerm is al die tyd net fals. Hy is nie daar nie. As ek sou hardloop vir my valskerm, sou ek my net flenters val, want daar is niks. Waarheen hardloop ek nou? Ek moet myself beskerm teen die man wat ek die liefste gehad het. Ek het net my ma oor wat my alles vir my beteken.

Al daardie dinge wat ek onthou wat ons saam gedoen het toe ek klein was, alles wat hy gese het, al die kere wat hy gese het hy is so lief vir my, is alles nou net n lem wat in my hart vassteek. Want jy doen nie so iets aan iemand waarvoor jy lief is en wat alles vir jou beteken nie. Jy praat as jy ongelukkig is en maak ‘n plan om hulle te maak luister, of jy skei op die REGTE manier en betrek jou kinders en help hul daardeur maar jy vernietig nie hulle hart en siel deur sulke leuns nie. Want maak nie saak hoeveel jare verby stap nie, die waarheid sal altyd maar altyd uitkom.

Hy het ons soortvan vermy en tot vandag toe maak hy asof niks gebeur het nie en het n lekker lewe. Hy kan nie eers die suffering erken waardeer ons is en nog deurgaan nie. Hy maak dit af as niks. Hy het nog nie eens eenkeer behoorlik jammer gese nie, jammer vir die verwoesting, vernietiging wat hy gesaai het nie. Hy het net gevra hy soek vergifnis. Maar al het ek dit gegee verander dit niks. Sy ‘niks omgee’ trap net die lemme net dieper in my. Sy woorde ‘Ek is lief vir jou met my alles’ beteken vir my niks.

Op 23 het ek tog ‘n klein bietjie genees op n manier, al is dit nie soos ek moet of graag wil nie. Ek is ‘n ongelooflike sterk steun pilaar vir ander. Ek kan BAIE dra op my voor ek sommer sal knak. Ek is ‘n baie goeie ondersteuner en skouer. Ek is ‘n beskermer vir die wat dit nodig het, het ‘n baie sagte hart vir die wat emosioneel suffer of seer het.

Ek het die storie kort gesluit, want dis te veel om te tik nou en my trane maak dat ek nie kan sien meer nie. Al die sielkundiges wat ek gesien het, was tot in hul diepste geskok oor die hele verhaal. (dis seker maar ook hoekom niemand regtig my kon help nie, ek weet nie) Al wat ek hoop is dat niemand ooit deur dit hoef te gaan nie. Veral nie as jy so erg was oor jou pa was soos ek nie. Ons band sal nooit ooit weer herstel of dieselfde wees nie.

Al wat ooit graag sou wou he is net ‘n pa, soos wat ek sien ander een het. Daardie onvoorwaardelike liefde en omgee en jou ‘safe haven’.  En nie soos die verlore skapie wat nie weet waar haar kraal is nie…

5 thoughts on “Ons WAS ‘n gesin van 5. Ma, Pa, 2 seuns en 1 dogter (ek)

  1. Sjoe dis hartverskerend…ek het nou hard gesit en huil soos ek die brief lees. Ek dink as kinders hef ons, ons ouers op n pedestal en dan op n dag besef ons hul is ook net gewone mense met n sondige natuur. Dit praat niks reg van wat hierdie man gedoen het nie. Wat n skok moes dit nie gewees het nie. Baie sterkte…ek glo die Here stap n pad met jou en sal jou nog baie gebruik om ander te help xxx

  2. Ek gou nou nog meer as OOIT seker maak dat ek die pa vir my dogter IS. Sy mag nie die teleurstelling beleef waardeur jy is nie. Dankie vir jou brief, dit inspireer my om ‘n goeie pa te bly!

  3. Hierdie ware verhaal verdien ‘n lewensoskar. Ek en my 5 kinders kan die presiese verhaal en die gevoelens daarin met die implikasies daarvan netso oorvertel. By ons het ma net pa se rol oorgeneem. As ‘n jong 60jarige pa probeer ek my kinders se stukke bymekaar kry en hul lewenslegkaarte van hulle siele weer inpas. Sterkte vir julle as gesin en mag elke persoon wat in ‘n buite egtelike verhouding betrokke is asseblief tog net hierdie stuk lees, wat hul oenskynlike lekker gevul met leuens en ontkennings aan hul eie bloed veroorsaak. Die beste medisyne is die waarheid en GEBED. Liefde vir julle as gesin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s