Timothy verjaar – deur Janet Kieswetter

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

Timothy is vandag slegs 31 jaar oud en hy het al klaar ‘n merk gemaak op ons land. Sy naam en bediening is deurdrenk in kontroversie en hy ontvang daagliks ‘hate-mail’ wat sê hy is seks-behep sowel as klomp ‘Baie dankie’ briewe van mense wie se huwelike hy gehelp red het. Hy het al vroeg besef dat hy dikvellig gaan moet wees, asook geleer om sy vyande te seën. Ons verstaan in elk geval dat slegte publisiteit bly publisiteit! 
In plaas daarvan om al sy prestasies te noem (en daar is baie) of sy goeie eienskappe (nog meer!), gaan ek kontroversiële sinne aanhaal uit sy skrywe. Ja, sodat die wat nog wonder presies waarvoor Timothy staan, nie meer sal wonder nie. Die boek of tydskrif waaruit elkeen geneem is, is tussen hakkies daarna.

“Ons moet begin om te verstaan dat seksualiteit, begin in elke kind as skoon, heilsaam, rein, mooi, opreg en gesond.” (Hoekom blommetjies en bytjies gevaarliker is as penisse en vaginas: Gesonde Seks blog, 2013)
“Die samelewing leer ons dat dit die man moet wees wat die jagter is. Dat ʼn goeie Christen vrou en gerespekteerde moeder, net nie sulke dinge doen soos om haar man te bespring nie. Ek glo hierdie konserwatiewe stereotipe weerhou die seksuele vrou om waarlik in aanraking te kom met haar innerlike seks-godin. As ons na die Hooglied vrou kyk, vind ons dat dit heel normaal is vir ʼn goeie gelowige vrou om haar man te gryp so elke nou en dan.” (Artikel vir Finesse Tydskrif)

“Watter waardes jy ook al aan orale seks koppel, verstaan dat dit niks te doen het met die aksie (orale seks) self  nie, maar slegs jou persepsie daarvan. En persepsies kan verander!” (Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis, 2013)

“God het nie die man gemaak om oor sy vrou te heers soos ’n koning oor sy slawe nie, maar eerder hom Koning van die huis gemaak om saam met sy Koningin te heers.” (Wees die CEO van jou huwelik, 2013)
“God het nooit bedoel vir ‘n man om net ‘n spermskenker te wees nie, maar om ‘n liefdevolle pa te wees.”  (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Selfbevrediging is ‘n goeie indikasie van hoe gemaklik jy met jou eie seksualiteit is.” (Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis, 2013)

“Daar is gewoonlik ‘n emosionele rede wat ‘n man na ‘n prostituut toe dryf.” (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Seks Speelgoed is vir baie mense ‘n baie sensitiewe en taboe saak. Maar soos enige taboe is dit maar net omdat ons nie genoeg kennis daarvan het nie, en daarom is ons bang vir die onbekende.” (Seks Speelgoed 101, Mentorskap Kursus)

“As jy ‘n rede soek om te skei, dan sal jy gou een kry. Maar as jy jou huwelik wil red, dan sal jy redes moet soek om te bly.” (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Daar is nie een mens op die aarde wie se lewenspad nie bestaan uit kruispaaie nie. God gee vir almal genoeg kans om Hom te kies as Redder. Ons gebede kan niemand iets maak doen nie, dit kan hom net tot die volgende kruispad in sy lewe bring, waar hy self ‘n keuse moet maak.” (Gebeds-Handleiding, 2001)

“So alhoewel ek glo in net een God, glo ek Hy manifesteer Homself aan sy kinders (die mens) hoe Hy wil en soos Hy wil.” (As daar net een God is, hoekom aanbid ons elkeen one eie god?: Binne die Glashuis, 2013)

Ek glo dat God Timothy opgerig het om in hierdie tyd ‘n stem te wees in ons land. Hy MOET leer en praat en skryf oor seks. Hy moet mans, vrouens, tieners, dominees, onderwysers en leraars leer oor GESONDE SEKS. Dit is sy roeping en sy bestemming.

Dankie Timothy dat jy bereid is om te praat oor die Taboe. Dankie dat jy dag in en dag uit na mense se seer luister en raaksien. Dat jy God se boodskap van genade en genesing bring tot jou medemens.

 

Now this looks like a job for me
So everybody just follow me
‘Cause we need a little controversy
‘Cause it feels so empty without me
I said, this looks like a job for me
So everybody just follow me
‘Cause we need a little controversy
‘Cause it feels so empty without me

(Eminem, 2002)

2 thoughts on “Timothy verjaar – deur Janet Kieswetter

  1. Baie geluk met jou Verjaarsdag, mag God jou en jou familie seen met liefde, geluk en oorvloed, mag goedheid en guns jul volg al die dae van jul lewens. Gaan aan met jou goeie werk! Moenie jou steur aan mense wat negatief saai nie ons sny dit af in Jesus Naam! Daar sal altyd mense wees wat teen jou is, maar God is vir jou en dis al wat saak maak

  2. Baie geluk met jou verjaarsdag Timothy! God’s rykste seën word jou toegewens, in alles wat jy doen en aanpak. Be blessed!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s