En die wenner van die “Wat is seks nou eintlik?” kompetisie is…

Die naakte feite

Ek het jou gevra hoe sal jy antwoord as jou kind jou kom vra “Wat is seks nou eintlik?” Baie se reaksie is dat hulle te jonk is vir sulke ‘grootmens’ sake. Ons wil graag in beheer wees wanneer en wat ons kinders oor seks en seksualiteit leer en weet en verseker beleef. Maar pasop om te lank te wag om jou kind nader te roep om vir hom of haar die feite van die lewe te gee.

“My kind, ek dink jy is nou oud genoeg om te weet van die feite van die lewe. Kom sit hier dan vertel ek jou.”

“Ag toemaar, ek weet alreeds alles. Wat kan ek vir pappa en mamma van seks vertel?”

Ek glo jou kind moet van jou sy eerste seksinformasie ontvang. En dit beteken jy moet opskud want die skool, maatjies en televisie gaan nie vir jou wag nie. Moenie bang wees om te vroeg informasie te gee nie. Onthou net dit is nooit die fisiese informasie wat jou kind kan ‘corrupt’ nie, maar die waarde, persepsie en gesindheid gekoppel aan hierdie informasie. So moenie die informasie weerhou nie, weerhou eerder die negatiewe gesindheid oor gesonde seksualiteit wat jy heelwaarskynlik van jou ouers gekry het.

Ons het lank gesoek vir ʼn goeie antwoord wat beide die naakte feite gegee het asook dit in ʼn positiewe lig geplaas het. Baie het net die naakte feite gegee, maar dit kan baie scary wees vir die kind, waar ander het weer net filosofies geantwoord oor 2 wat 1 word, wat absoluut geen sin vir die kind gaan maak nie.

So met dit ingedagte het ons op Heidi Schutte se antwoord besluit wat hierdie twee belangrike faktore van naakte feite en gesonde seksualiteit gesindheid by mekaar bring.

“My kinders is 11, 9, en 3. Ek het al lank met hul ‘n pad gestap vandat die twee grotes 6 en 4 was en hul geleer oor waar babatjies vandaan kom en wat seks is. Het hul al selfs geleer wat molestasie en verkragting beteken.

My kinders weet dat seks iets mooi is wat God gemaak het en dat dit iets spesiaals is tussen ‘n getroude man en vrou en nie iets wat jy sommer net doen met enige iemand omdat jy lus is nie. Ek het hul geleer dit is iets moois en dat hul moet wag tot hul die dag getroud is.

Op die oomblik dink hulle seks is “grows“. Ek moet erken in die begin was ek maar ongemaklik maar ek het hul stap vir stap ingelig soos wat hul dit kon hanteer, verstaan en vrae gevra het.

Ek probeer so ver moontlik al my kinders se vrae so eerlik as moontlik te beantwoord anders gaan hul dit op die verkeerde plekke uitvind.

So by die tyd as my kinders tieners is het ek nie regtig nodig om hul enige iets te leer of te vertel nie. En my kinders weet hul kan my enige dag iets vra as daar nog iets is wat hul wil weet.

So oor ‘n jaar is kleinboet 4, dan sal ek met hom ook stadig maar seker begin.

Ek voel maar net dat vandag se tye so lelik is. Dat ‘n mens se kinders vroegtydig moet weet van als anders leer hulle dit by ander plekke en hul weet ook nie as hul dalk in gevaar is soos bv. met molestasie en verkragting nie.”

Dankie Heidi dat jy jou kinders so goed leer. Met hierdie antwoord wen jy ons boek “Die Naakte Feite” wat jou verder sal help met jou kinders se seksualiteit vrae.

 

Om die ouer te help met die regte informasie en met ʼn gesonde siening rondom seksualiteit het ek en my oom ʼn boek geskryf “Die Naakte Feite.”

Kom ek gee vir jou ons antwoord op hierdie vraag oor “Wat is seks nou eintlik?”

(Let op die naakte feite gekoppel aan ʼn positiewe beeld van seksualiteit.)

Wel, na ʼn warm vryery eindig ʼn man en meisie sonder hulle klere en neem die natuur oor!  Die man sit sy penis in die meisie se vagina en beweeg dit heen en weer tot by die punt van orgasme of seksuele klimaks, wat vir die man gewoonlik plaasvind by ejakulasie. Die tegniese definisie van seks (as afkorting vir “seksuele omgang”) dui dus op die daad waarmee ‘n man met sy penis ʼn vrou se vagina penetreer tot by die punt van ejakulasie.   In ʼn breër sin dui seks ook op enige seksuele daad tussen twee mense met die oog op plesier of voortplanting, wat wedersydse masturbasie, orale seks, ens. kan insluit.

Dit is die koue, biologiese definisie. Mens kan egter nog heelwat meer sê oor wat seks nou eintlik is, want dit is beslis meer as net Biologie!  Dalk moet mens ook Wiskunde inspan om te verduidelik wat die siel van seks is – kom ons gebruik die plusteken (+):

1+1=2.  Seks is ʼn samevoeging van twee mense. Jy + Ek = Ons.

Seks bou ʼn intieme verhouding – maar pasop!  Omdat seks soos ʼn plusteken werk, moet mens mooi dink voordat jy dalk by iets soos die volgende “intieme verhouding” uitkom:  Jy + Nou = Spyt!

Ons hoop hierdie boek gaan jou help dat dit nie gebeur nie!

 

As jy hou van hierdie antwoord vir jou kind, sal jy mal wees oor die res van ons “Naakte Feite” antwoorde. Jy kan “Die Naakte Feite” boek bestel direk vanaf my webtuiste www.gesondeseks.co.za of by enige CUM boekwinkel.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s