Anoniem deel haar gevoelens oor die lewe na die dood van haar geliefde.

grave-flowers_2599501b

Hi Tim, long time no chat. In tien maande se tyd het soveel dinge al gebeur. Ek het soveel dinge geleer van mense en van die lewe. Ek het geleer van eensaamheid en hartseer. Van verlies en memories. Maar ook dat alleen ok fine is, dat hartseer eintlik bitter diepe liefde is wat nooit sterf nie, dat die verlies van ʼn lewensmaat net verlies is as dit vermorste tyd was dat memories nooit ooit uitgewis kan word nie en dit die asem van die lewe is.

Alles in ag genome bly alleenwees alleen. Ek wonder oor die dinge en wonder wat staan ʼn jong weduwee soos ek te doen? Ek’t hierdie perfekte huwelik gehad, ʼn hero van ʼn man en my prentjie was eintlik so perfek soos mens kan hoop dit kan wees.

Toe tree die ongenaakte dood in en ek staan alleen met vier kids om voor te sorg sonder enige finansiële ondersteuning. Ek moet leer dat die lewe se lelik van my weggehou was deur ‘n hero. Dat alle mense nie noodwendig goed en eerlik is nie. Dat om die broodwinner te wees soveel meer as net finansies behels. Dat om roetine en dissipline te handhaaf veel meer as net reëls behels. Dat hartseer tyd vat om ʼn rofie te maak maar dat die lewe nie tyd het om stil te staan en wag vir jou totdat jy wee gereed is om op die tyd wa te klim nie.

Op 33 was my planne net om my kids groot te kry, vir hul ʼn toekoms te bou en saam my liefie oud te word. Ek’t ʼn fokus in die lewe gehad, ‘n steadyness en standvastigheid in die lewe wat my veilig laat voel het. Nou wonder ek, wat doen ek nou as alleen ma en vrou????

Soek ek ‘n man of aanvaar ek die eensaamheid? Ek en my engel se sekslewe was nog altyd om die minste te se witwarm, my hormone het ongelukkig nie ook saam met hom gesterf nie en het ek geleer om myself te bevredig wat ‘n kosbare en opwindende reis is, maar soms smag die vlees na vlees. Die komplikasies van beide kante, alleen bly of ʼn nuwe vreemde man is eindeloos, maar as ek weet waarop om te fokus sal ek min of meer weet hoe om my lewe te beplan.

3 thoughts on “Anoniem deel haar gevoelens oor die lewe na die dood van haar geliefde.

  1. My eerste man het gesterf 13 Julie 2003, 3 dae na my verjaarsdag en 3 dae nadat ek en hy ‘n hele dag in die staats hospitaal gewag het v medikasie. Anoniem, ek ken jou pyn en bekommernisse. Ek het geleer om op God te vertrou en soos ek terugkyk, kon ek God se goue draad deur my en my kinders se lewe sien vleg! God het voorsien waar ek gedink het dis menslik onmoontlik

    Ek het 18 Desember 2004 weer getrou, met die wonderlikste man en nou na bykans 11 jaar is ek so bly ek het hom ontmoet! Soms dink ek, ek is liewer vir hom as die lewe self!

    As jy die geleentheid het vir weer trou doen dit, vir my was dit oor en oor die moeite werd

    Sterkte en in ALLES wat jy doen, ken God daarin

    Groete
    Minharda

  2. Ai man!
    Waarom…. waarom? ‘n Mens kan dit ‘n duisendkeer vra en jy sal nie weet waarom die hartseer so lank moet wees nie. Tog gaan die lewe aan. Wees nie oorhaastig nie, maar bid dat Hy vir jou weer ‘;n maat sal gee. Ek was 32 jaar getroud, toe sterf my maatjie. Ek het voor haar dood geweet dat dit ook vir haar belangrik was dat ek weer ‘n maat moet kry, want sy het my baie lief gehad en het soveel vir my omgegee. Ek as man het dadelik begin soek, nie net alleen nie, maar deur vriende en vriendinne – hulle het my uiteindelik gelei tot heelwat keuses waaruit ek kon kies. Dit was vir my swaar om vroue wat gehoop het weer te moet los. Belangrik was dat ek met geeneen van hulle seks gehad het nie want, en dit is BELANGRIK – Seks tussen twee mense veroorsaak ‘n verdere verwagting en jy moet eers baie seker maak dat dit die regte persoon is voordat jy jouself aan daardie persoon oorgee om een met hom of haar te wees. Praat en gebruik jou vriendinne, en vertroiu en glo dat God jou maat vir jou sal stuur – die een wat Hy vir jou uitkies!! Bly vashou en weet dit is net nog ‘n kort tydjie voordat jou eensaamheid finaall verby sal wees en jou waaroms sal omswaai na daaroms.. En ek het baie gesoek, en skielik toe is sy daar! God het haar vir my gegee!!

  3. Hi Tim.
    Ek is ook n wewenaar en my geliefde vroutjie aan bors kanker verloor 8 Junie 2013, nadat sy in Oktober 2010 gedeagnoseer was.
    Ek kan so vereenselwig met anoniem en vele ander en weet dat dit nie maklik is nie. Die eensaamheid wat erg is nadat ek elke dag, moré en aand en wanneer nodig haar bygestaan het as sy my nodig gehad het, wil ek vandag weereens vir Abba Vader dankie se vir my reis wat ek met Karin kon deurmaak. Wat my as mens verander het om na dIe weréld te kyk. Terug te staan en die mooi en spesiaal in die die lewe te kan ervaar .
    Om jou geliefde so te sien wegkwyn voor jou elke dag is HEL gewees… En wat sleg was is dat familie en vriende in die prosess weggeraak het. Nou dat jy alleen is, is die rou prosess makliker as wat dit sou wees as mense my omgord het met hulle teenwoordigheid.
    Maar wil ek almal bemoedig wat in die prosess is, God is groot en getrou en Hy is lief vir jou en sal dit weer beter gaan. Ek bemoedig myself met die woorde en weet dat ek weer geluk sal vind soos wat die Here dit vir my in Sy Godelike plan het.
    Om jouself te offer en jou lewe staan stil met die maat wat God jou gegee het, was n Godelike voorreg dat ek my legacy aan Karin volstaan het tot die laaste asem toe.
    Dankie Here dat ek myself weer kon vind in die prosess, dat ek weer myself kan aanvaar vir dit wat U my voor bestem het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s