Hoekom mans cheat

why do men cheatHoekom mans cheat?

Ek glo nie daaraan om vrees te gebruik as ʼn motivering om gedrag te verander nie. “Bekeer of gaan hel toe”, “Gee seks vir jou man, anderste gaan hy dit op ʼn ander plek kry.”

Die probleem wat ek het met vrees-motivering is omdat dit glad nie enige insig vir die persoon gee tot die situasie nie.

Byvoorbeeld:  Die persoon identifiseer hom/haarself as iemand wat eendag hemel toe gaan, maar lewe ʼn helse lewe op aarde?

Of ʼn vrou wat haar man nooit seks weier nie en vir hom selfs twee keer  ʼn dag seks gee, maar dit nooit self geniet nie.

Vrees-motivering sal altyd jou gedrag verander, maar nooit jou begrip van die situasie nie.

Die doel van Christenskap is nie om eendag nie in die hel te brand nie, maar eerder om jou naastes lief te hê soos jouself. En so baie Christene lewe net met die ewige hemel of hel vrees dat hulle glad nie in enige liefde wandel nie.

Die doel ook van ʼn gesonde sekslewe in  ʼn huwelik is nie waar die vrou nooit haar man weier nie en vir hom soveel seks gee soos wat hy wil hê nie. Nee! Die doel is dat twee verskillende mense seks gebruik om hulle diep liefde en waardering vir mekaar wys.

So in ander woorde, dit is nie goed genoeg om vir jou man elke dag van die week toe te laat om met jou seks te hê nie. Hy wil ook hê jy moet uit jou eie seks met hom wil hê en dit dan boonop geniet!

Dis soos om ʼn geskenk vir iemand te koop, maar dan is hulle nie opgewonde of bly as hulle die geskenk oop maak nie.

In die man se kop, is seks  ʼn geskenk wat hy vir sy vrou gee, en as hy nie sien sy geniet dit nie, kan hy netsowel seks hê met ʼn blow-up doll.

So met dit as inleiding… hoekom ek dink mans cheat.

Meer as 90% van die mans wat ek in my praktyk sien wat affairs het, was dit nie die man wat die skelmpie gaan jag het nie. Dit was sy wat hom begeer en verlei het. En in baie gevalle, vêr meer begeer en verlei as wat hy voel sy vrou begeer en verlei hom.

Ja, die man is die jagter. Blah blah blah. (Ek haat stereotipes.)

Maar daardie jagter het ook ʼn emosionele hart, ʼn sagte broos plekkie in sy binneste, wat smag om ook net aanvaar, begeer en gelief te word.

So vra jouself die vraag: Persentasie gewys, hoeveel keer inisieër jou man seks in die huwelik, en hoeveel keer inisieër jy as vrou seks?

As dit nie naby 50/50 is, wil ek jou aanraai om daaraan te werk.

Moenie dat die skelmpie die een wees wat al die inisieër werk doen by jou man nie.

En een laste wenk. Moenie net seks in die normale styl hê nie. Moenie net van nou af meer seks inisieër nie, maar ook wees jy die een om iets nuuts voor te stel.

In my navorsing oor die Afrikaners se lekkerste seksuele belewenisse, het twee dinge duidelik uitgekom.

1)      Avontuur en spontaan. (So probeer iets nuuts, en as jy nie baie kreatief is nie, sluit aan by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ek elke week vir jou ʼn nuwe seks idee SMS.)

2)      Seks binne ʼn veilige toegewyde verhouding. (So moenie dink die beste seks is daar buite jou huwelik nie, maak net seker daar is genoeg avontuur en spontaniteit van albei in julle huwelik.)

 

P.S Hou op uitstel met al die seks planne in jou kop, jy mag maar jou sekslewe geniet in jou huwelik, nou gaan en DOEN DIT!

 

As jy meer belangstel in ons Gesonde Seks advies oor “Hoe om jou huwelik te affair-proof” skryf in vir ons Mentorskap program en loop ons weeklikse e-Kursusse. Kliek hier vir meer inligting.

2 thoughts on “Hoekom mans cheat

  1. Beste Timothy

    Dis great. Maar dit sal gaaf wees om meer stories te hoor wat paartjies (anoniem) al probeer het en wat die ervaring was. Mens kry van dit op jou facebook maar die name verskyk ook by die “comments” en dan is die paartjie blootgestel.

    Terloops ‘Verneuk” is n pragtige Afrikaanse woord.

  2. Ek het dit nou terdee geniet. ek het self al meer as een keer in die strik geval en vandag het ek as te ware verstaan hoekom ek dalk fouteer het. ek wil nie my vrou blameer nie. don’t get me wrong. ek het altyf gewonder hoekom ek gedwaal het ten spyte van my en vroulief se aktiewe sekslewe. nou het ek iets geleer. dankie timothy.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s