Hoe om jouself voor te berei vir jou kind se eerste “Wys my joune en ek wys jou myne”

show-you-mine

Hierdie is elke ouer se grootste nagmerrie en hoop dat dit nooit met hulle sal gebeur nie. Maar ongelukkig, is hierdie lewensles nie vermeibaar nie en ook moet ons dit nie weg wens nie. Lees gou eers wat een bekommerde mamma vir my gestuur het.

Anoniem vra: Gisteraand het ons groot mense buite gesit by die vuur, het ‘n vleisie gebraai en gekuier vir my verjaarsdag 🙂 Kinders het agter in die erf gespeel in die pophuis, my man wat kort kort in die kombuis was met voorbereiding van vleis ens het gesien dat al die kinders daar binne gespeel het (5 kinders). Later het hy weer ingegaan en gesien dat net 2 daar binne is, my dogtertjie 5 en vriende se seun 8 amper 9. My man het gaan kyk en hul het die venster toe gemaak en toe hy die deur oopmaak lê my dogtertjie op die grond broek halfpad af en die seuntjie bo op haar. Hy se sy het haar broek afgetrek en gaan lê, hom aan die voete getrek en dat hy toe bo op haar val en toe try hy opstaan en sy trek hom weer af (wat ek nie glo nie omdat my kind nie so groot gemaak word en bloodgestel word aan seks nie, dit sluit tv ens in ) en sy ma glo hom weer ( volgens haar word haar kind ook nie aan sulke goed bloot gestel nie en sy sê hy het net niggies en het nog nooit so iets oorgekom nie). My dogtertjie sê die seun het gesê sy moet haar broekie aftrek, want hy wil haar verkeerde plek soen/sien en die seun se ma sê haar kind ken nie sulke woorde ens nie. My dogtertjie sê ook dat sy vir hom gesê het nee. Ekt haar gevra hoekom het jy dan geluister en jou broekie uitgetrek en syt gesê sy weet nie. Wie dink jy praat waarheid en is beide skuldig of net een waar kom die kinders aan sulke dinge want ons is goeie ouers wat nie ons kinders blootstel aan dit nie. Hoe benader ek die storie want indien my 5 jarige skuldig is hoe kom sy daaraan? Eks so teleurgesteld in my kind, voel skaam en seer vir my kind maar meestal teleurgesteld. Die ding pla my vreeslik ek kan nie ophou daaraan dink. Ek verbied haar ook om enige mamma en pappa speletjies te speel asook enige dokter dokter speletjies en ook geen man en vrou, so sy weet sy mag dit nie speel omdat ek al gehoor het wat kinders doen met die speletjies. Wat sal die beste wees om die storie uit te sorteer aangesien die ma glo haar kind is heeltemal onskuldig en my dogter alleen skuldig  en hoe maak ek seker dit gebeur nie weer van my kind se kant af nie aangesien sy mos nou die skuldige een is? Ewaarom doen hul dit, en as hul nie so groot gemaak word nie waar leer hul dit, by skole? maats? Help my asb want ek weet nie hoe om na my kind te kyk sonder om teleurgesteld te voel nie

 

Ek dink elke ouers wat kinders het kan met hierdie mamma assosieer, ek weet ek en Janet kan met ons 3 dogtertjies. Ek kan onthou die heel eerste keer toe my kind betrokke was met so ‘n “volwasse-kinder-speletjie”. (En onthou ek is ‘n professionele seksuoloog en werk elke dag met seks en het boeke geskryf oor kinder seksualiteit en opvoeding, so ek het gedog ek is waxed en ek gaan so situasie so kalm kan hanteer mense gaan boeke oor my skryf en liedjies van my sing.) Wel, dit het nie heeltemal so gebeur nie.

Ons was die aand by ons weeklikse selgroepie, wat meer in ‘n gemeenskap kleuter speelgroepie ontwikkel het, want almal daar het so 2-3 kinders van hulle eie. Soos die aand verloop het, kom ons almal agter dat die kinders opgehou het om tussen deur ons rond hardloop, daar is nie meer een wat die ander een laat huil nie en die konstante geraas van kinderspeel het doodstil geword.

Vir enige persoon wat nog nie in so ‘n situasie was nie, as jou kinders vir te lank stil is, gaan kyk wat doen hulle. Ek word genomineer om te gaan kyk. Ek stap deur die gang heel braaf en soos wat ek by die kamer instap waar al die kinders was, hardloop ‘n seuntjie verby my met sy broek uitgetrek en punt in die wind.

Ek skrik myself amper in ‘n geloof in. (Darem nou nie, net in ‘n ander selgroep in)

In daardie oomblik vergeet ek al die teorie wat ek oor die jare geleer het hoe om so situasie te hanteer en ek word oorval met pappa-beer beskermings hormone. Dadelik soek ek my kind. Waar is my onskuldige dogtertjie se gesiggie wat seker in die hoek sit met haar oë toe die hele tyd. Ek sien haar, sy is veilig. Sy lyk nog normaal. Ek tel haar op en gaan terug na die sitkamer toe.

Bleek in die gesig, vra my vrou my wat het gebeur.

“Hulle speel dokter dokter en hardloop kaal rond.”

“So het jy met hulle gepraat?” vra my vrou, met al die vertroue dat haar seksuoloog man die regte persoon is vir die job.

“Hel nee, ek het net ons kind gekry en dink dit is tyd dat ons nou moet ry.”

Liewe anoniem, ek deel hierdie storie met jou om vir jou te wys jou reaksie is normaal. Ek dink nie daar is enigiets wat ‘n ouer kan doen om hom/haarself voor te berei vir wat om te sê of te doen in so situasie nie. Ek weet nie wat ek dan probeer bereik met hierdie artikel nie, maar dit voel soos ‘n goeie idee in elk geval.

So die eerste stap hoe jy jouself kan voorberei is om vrede te maak dat dit GAAN met jou ook gebeur en dat jy ook gaan uitfreak. (Comforting ek weet)

Maar net omdat jy nie jouself kan voorberei nie, beteken nie dat jy nie jou kind kan voorberei nie.

Sien ons maak ouerskap soms ‘n bietjie te veel oor ons en hoe ons kinders se gedrag op ons reflekteer. As ons na anoniem se vraag kyk, dan sien ons dit is die ding wat moontlik hierdie vriendskap nou gaan skade maak. Want elke ouer voel vernederd en beskuldig deur die ander een. Ek het nog nie ‘n ouer ontmoet wat nie gaan opstaan vir sy kind nie, want eintlik staan die ouer net op vir hom of haarself, “maar ek maak nie my kind so groot nie.”

Sien die rede hoekom ons uitfreak het meer te doen oor ons eie insecurities, vrese en persoonlike sieninge en trauma rondom seksualiteit, as enigiets anders.

Maak dit regtig saak wie se skuld dit was?

Is hier regtig iemand skuldig van iets?

Moes hulle dit regtig eers iewers gesien het?

Is dit nie interessant dat as ons kinders gevang word so iets speel, dan is ons reaksie dadelik “is nie my kind nie” en “waar het hulle dit geleer” want dit was duidelik nie van my af nie. Maar die oomblik wanneer jou kind iets kreatief en oulik doen, dan is ons eerste om op Facebook te gaan brag oor hoe kreatief ons kind is en om te dink hulle het dit self uitgedink.

So hoekom is dit normaal vir ‘n kind om kreatiewe dinge te doen en speletjies uit te dink, maar die oomblik wanneer die speletjie ‘n bietjie te veel seksuele konnotasie in hou, dan skreeu ons abuse?

Sulke speletjies is normaal en gaan nie weggaan nie. So bly kalm, dis nie die einde van die wêreld nie.

(Ek wil net hier noem dat daar wel gevalle is waar kinders wat self getraumatiseerd is deur ‘n lang verhouding van molestering sal soms draai tot die seksuele oortreder. Maar nie alle “volwasse-kinder-speletjies” is iemand ‘n seksuele oortreder nie. Ons moet onderskeid kan maak tussen wat is speel en wat is abuse.)

Om terug te kom tot anoniem se vraag oor haar kind se speel. (Dis al wat ek dink hier gebeur het. Speel.)

Maar natuurlik kan speel trauma vir ‘n ander een beteken. Daarom is dit so belangrik om jou kind voor te berei vir wanneer daar so ‘n speletjie oor hulle pad kom.

En hierdie is die doel van hierdie artikel en my Gesonde Seks boodskap vir elke ouer daar buite. Jy kan nie jou kind van sulke interaksie keer nie, maar jy kan hulle voorberei vir wanneer dit gebeur.

HOE?

Deur om vir hulle meer inligting, gesonde inligting te gee oor hulle lyfies, hulle geslag, en hulle privaatheid.

Het jy al ooit gedroom jy staan in die pad van gevaar, maar jy kan nie uit die pad kom nie, want jou bene is gevries. Of waar jy wil gil en vir hulp skreeu in jou droom, maar daar kom niks uit jou mond uit nie.

Wel dis is presies wat ons wil keer wat met ons jong kinders moet gebeur wanneer hulle gekonfronteer word in ‘n moontlike abusive situasie. (Onthou speel gaan hulle speel, en dit is gesond.)

Wat jy wil keer is dat jou kind ooit ‘n slagoffer raak van iets wat nie meer speel is nie.

Wanneer jou kind gekonfronteer word met ‘n situasie wat sy/hy nog geen kennis van dra nie of weet ek kan nie vir mamma of pappa hiervan vertel nie, want hulle gaan met my raas en teleurgesteld wees in my. Gaan jou kind vries en net passief daar lê.

Nee ons moet ons kinders bekragtig met kennis sodat hulle aktief besluite kan neem, tot waar hulle gemaklik voel en wanneer hulle voel dit is nie net meer speel nie, dat hulle kan hardop roep, gil en skreeu of weghardloop, sonder die vrees dat mamma of pappa gaan kwaad wees met my of minder van my dink.

So in ander woorde, begin met om jou kinders die regte name vir hulle geslagsdele te leer. Moenie vir hulle leer dit is ‘n verkeerde plekkie nie. Leer eerder dit is ‘n spesiale plek wat privaat is net vir hulle. Leer hulle om te mag nee sê. (Dit is ‘n groot probleem met ons onderwys sisteem en manier hoe ons ons kinders groot maak in die lewe. Ons leer hulle om ouer mense te gehoorsaam en nie tee te praat nie. Ons stel ons kinders op om passief abuse te word. Nee ek leer my dogtertjies om hulle sê te sê.)

Net gisteraand sê my middel dogtertjie vir my nee, sy dink nie dit is ‘n goeie idee nie. Sy het dit met soveel oorgawe en mening gesê dat sy uit haar aand se bad gekom het.

Die punt wat ek probeer maak is, as ek vir my kind leer dis okay om vir my nee te sê en haar nee goed te verdedig (want ons het geswem pappa, eks klaar skoon), dan is daar ‘n baie goeie kans dat sy nie passief deur die lewe sal gaan en geboelie word deur mense daar buite wat meer wil doen as net speel nie.

En wat die speel aanbetref. Kinders is nuuskiering en daardie nuuskierigheid is gesond en normaal. Bou jy net ‘n gesonde kommunikasie verhouding met jou kind dat hy/sy nie hoef te voel om hulle nuuskierigheid van jou af weg te steek nie, sodat jy jou kind kan begelei en leer hoe om gesonde besluite te neem.

As jy meer wil lees oor wat ek alles in my nuutste boek “Die Naakte Feite” geskryf het oor kinder seksuele opvoeding, kan jy hier kliek: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel/product/143-die-naakte-feite-2-gratis-mp3-s

2 thoughts on “Hoe om jouself voor te berei vir jou kind se eerste “Wys my joune en ek wys jou myne”

  1. Hi Timothy

    Waarom ontvang ek steeds eposse van jou?

    Ek het gevra dat my maandelikse subskripsy gekanselleer word aangesien ek nou omtrent elke moontlike kursus al deurgewerk het.

    Maak seker asb en laat my weet.

    Mooi bly.

    Kobus

  2. Baie dankie hiervoor. Ek het nou inlangs dieselfde situasie mef my 7 jarige seuntjie gehad, en jou raad het my baie gehelp.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s