50 Shades of Gesonde Seks

chicken-b-25-4-2013

Geskryf deur Janet Kieswetter

Ek het gehoop om die kontroversie van 50 Shades of Grey te ontsnap. Deesdae het elke tweede persoon ‘n opinie daaroor. Ek is seker dat baie van julle, soos ek, moeg is om daarvan te hoor.

Maar ons is Gesonde Seks en daarom moet ons ook ‘n verklaring gee oor die Grey storie. Ons gaan die grys standpunt inneem. Ons dink nie dis baie sleg vir jou nie maar dis ook nie noodwendig baie goed vir jou nie.

Ek het ook gelees van die gevare, mense se bekommernisse en vrese dat die fliek ‘n baie slegte en negatiewe invloed op ons samelewing gaan hê. Ek dink nie dit gaan meèr van ‘n effek op ons hê as enige ander fliek nie. Ons almal kyk elke jaar baie flieks en ons lewens is nie drasties veranderd nie.

Ek dink, eerder as om vir julle te sê Ja of Nee op die vraag “mag ek die fliek kyk?”, wil ons die leemte aanspreek. Die leemte vir erotiese seks! Sekerlik as daar so groot bohaai gemaak word oor die boeke en fliek, wys dit na ‘n reuse seksuele leemte.

Almal wat inskryf tot ons Mentorskap Kursusse ontvang ‘n Seksuele Gesindheids toets. Daarin merk hulle die woorde wat vir hulle die naaste aan hulle gevoelens rondom seks is. Ons sien baie keer dat een eggenoot woorde soos ‘sag’, ‘gemaklik’ en ‘versorg’ merk, terwyl die persoon se maat die woorde ‘sexy’, ‘sappig’ en ‘eroties’ beklemtoon. Ons kan hiervan aflei dat daar ‘n stryd in die huwelik plaasvind, bewustelik of onbewustelik. Die een maat soek meer opwinding en geniet nuwe dinge in hul sekslewens terwyl die ander maat sagte liefkosing en aanraking verkies (‘n gemaklike voorspelbare sekslewe) sonder te veel veranderinge. Hoekom gebeur dit? Omdat die spreekwoord wat lui “Opposites attract” baie waar is. Baie huwelike is opgemaak van twee teenoorgestelde persoonlikhede juis omdat ons as mens iets in iemand anders bewonder wat ons self nie het nie. Die rustige, terugetrokke man geniet sy vrou se waaghalsigheid en energie. Die vrou waardeer weer haar betroubare, staatmaker man. Hierdie persoonlikheids verskille word verseker weerspieël in die paartjie se sekslewe. Daarom word daar baie baklei of in ‘n gesonde huwelik, baie bespreking gedoen totdat daar ‘n goeie verstandhouding is. So groei ons, dikwels uit ons gemaksone, tot ‘n plek waar ons, ons eggenoot se verskille kan waardeer and selfs geniet!

Nou wat het hierdie te doen met die ellendige fliek? Wel, ons stel voor julle bespreek dit met jou maat en hoor hoe graag wil hulle die fliek sien of hoe sterk is hulle gekant daarteen. Besluit dan of julle net gaan uiteet of die fliek saam gaan geniet.

Aan die einde van die dag gaan dit oor julle en het, in ons opinie, baie min te doen met die fliek.

Skryf hier in vir ons Gesonde Seks Mentorskap program

2 thoughts on “50 Shades of Gesonde Seks

  1. Ek het die boeke 2 keer gelees. Depending on how you want to understand or see it is up to you! I never found it erotic enough to go into a tizz and grab Ian at any stage to try any BDSM! At the end of the day I found a good love story! Why Christian Grey was that way and how Anna taught him the right way of having sex and seeing and understanding what real love is!! “Rehabilitating” him was what was good about the books to me. We saw the movie and if you haven’t read the books you won’t understabd the movie and will be disappointed. Elke persoon is geregtig op sy eie opinie. Geen mens is sonder sonde nie!

  2. Baie dankie vir jou pragtige stuk.
    Ek het nogal uit gevoel tussen my vriendinne wat so opgewonde was oor die boek en ek het dit glad nie geniet nie. En nou staan hulle almal in die ry om die fliek te gaan kyk en ek speel liewer kaart speletjies saam met my man.
    So verskil elkeen van ons se smaak en hoe ons die lewe en veral sekslewe ervaar. Maar ek kon niks in die boek kry wat my opgewonde kon maak om iets nuuts in die slaapkamer of kombuis te probeer nie.
    God het my geseën met ‘n wonderlike man, pa vir my kinders en seksgenoot. Al het ons, ons verskille en baklei soms oor simpel goed kon ek nie vir iemand beter gevra het nie.
    Vir my is die daad van seks en liefde maak twee totaal ander dade, hoewel die een in ons huis wel tot die ander kan lei. In die boek/fliek is daar vir my net seks, kry die gevoel dat nie een van die karakters ooit die passie ervaar van om liefde te maak met iemand vir wie jy onvoorwaardelik lief is nie. Laat ek dit so stel, pornografie mooi opgedress en ‘n grys strik om gebind om dit te vermom as iets anders.
    Weereens dankie vir die mooi blou en wonderlike werk wat julle doen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s