V: Hoekom is seks al wat seuns aan kan dink?


A: Buiten die feit dat die seuns testosteroon het wat hulle ‘enjins’ dryf met hoë oktaan petrol, het seuns ook eksterne geslagsorgane, waarmee hulle konstant in kontak mee is, waar meisies interne geslagsorgane het en daarom is seksualiteit nie al wat hulle aan dink nie. Mans is ook seksueel aangetrokke tot wat hulle sien teenoor meisies wat aangetrokke raak deur wat hulle voel.

V: Kan jy swanger word op deur om coïtus interruptus te doen


A: Coitus interruptus (wanneer die penis uit getrek word voordat hy kom) is nie ‘n goeie metode om nie swanger te raak nie. Daar word klein hoeveelhede sperm vrygestel deur die ‘bulbourethral glands’ wat die suur urethra pypie neutraal maak gereed vir die saadstorting (ejaculation). Dit is heel moontlik vir ‘n vrou om swanger te raak van hierdie ‘pre-ejaculation’

V: Is die eerste keer seer?


A: Vir die virgin meisie kan seks effens ongemaklik wees die eerste paar keer. Dit is as gevolg van die hymen wat nog nie gebreek het nie. Wat egter die meeste seerkry is die meisie se emosies, wanneer dit nie met die regte man is nie. Vir sommige seuns kan die eerste keer ook ongemaklik wees, veral wanneer die voorvel van die penis te styf is om heeltemal oor of gedeeltelik oor die penis kop te gaan.