Gesonde Seks Movie review – Friends with Kids


Friends-with-Kids-MovieGesonde Seks Movie review – Friends with Kids

Romanties:  3/5

Eroties :  2/5

Gesonde Seks Boodskap: 5/5

Ouderdoms beperking: 16 L,S

Director: Jennifer Westfeldt

Writer: Jennifer Westfeldt

Stars: Jennifer Westfeldt, Adam Scott, Maya Rudoph, Chris O’Dowd

Hierdie fliek het nogal ‘n indruk gemaak op my. Nie omdat dit baie snaaks of romanties of mooi is nie. Maar oor die dieper gesprek rondom wat gebeur met ‘n huwelik wanneer kinders by kom. Die storie gaan oor Julie (Jennifer Westveldt) en Jason (Adam Scott) wie jare lange vriende is. Hulle het al probeer uitgaan maar gesien daar was nie ‘chemistry’ nie.

Hulle voel net te veel soos broer en suster. Ironies genoeg, besluit hulle om saam ‘n kind te hê. Hulle spekuleer dat hulle sal goeie ouers kan wees en mekaar nog ruimte gee om ander verhoudings te hê en sodoende die horibale bakleiery en lelik word van hulle vriende, uitskakel. Want duidelik het kinders kry hulle vriende se huwelike baie skade aangedoen. Dis duidelik baie stresvol en min lekker om kinders saam met iemand anders groot te moet maak. Of is dit? Die storie is lank en bietjie uitputtend maar die einde los jou met ‘n warm gevoel in jou hart.

Die Gesonde Seks les is dat daar ‘n konstante soektog in die huwelik is na ‘equality’. Ons kompeteer teen mekaar sonder om dit ooit te weet. Dis nog altyd daar maar wanneer kinders arriveer, raak die kompetisie strenger. Ons kyk heeltyd of die ander een sy kant bring. En sodra ons voel iets is ongelyk of onregverdig, is daar gevoelens van resentment. Dit kan opbou as dit nie uitgepraat is nie en lei dan na konflik. Sommige paartjies deel alleste netjies in die helfde. Kinders rondry, inkopies doen, aandete voorberei, selfs nag voedings word ge-alternate. Ander besef weer mamma se talente lê in die huishouding, pappa s’n by die geld inbring. En ander probeer saam saam by alles uitkom.

Het julle ‘n sisteem in julle gesin? Het julle al gepraat oor die verdeling van verantwoordelikhede of is dit vanselfsprekend? Voel een dat hy/sy die meeste doen in die gesin? Het julle ‘n skeidsregter nodig? Watookal julle opset, die beste plan bly dat twee beter is as een. Baie hande maak ligte werk. ‘n Tou met twee stringe is sterker. En ‘n huis wat verenig is, bly staan!

Friends with Kids Trailer

Gesonde Seks Movie review – Don Jon


Don-Jon

Gesonde Seks Movie review – Don Jon

Romanties:                                      1/5

Eroties :                                           4/5

Gesonde Seks Boodskap:            5/5

Ouderdoms beperking:                 18 S,N,L

Director: Joseph Gordon-Levitt

Writer: Joseph Gordon-Levitt

Stars: Joseph Gordon-Levitt, Scarlett Johansson, Julianne Moore

Ons wou al ‘n geruime tyd met ‘n Gesonde Seks Movie review begin, en met watter beter movie as een oor pornografie en masturbasie om mee te begin. Hou net asb in gedagte hierdie is nie ‘n gewone movie review wat na acting, geweld, taal, of enige iets anderste wat ‘n goeie movie laat uitstaan van ‘n swak een nie. Hier gaan ons movies review wat ons voel het ‘n sterk Gesonde Seks boodskap om te vertel.

Kom ek begin om te noem dat hierdie fliek – Don Jon, is rof en onbeskof. As jy ‘n sensitiewe kyker is, moet jy maar eerder hom ‘n mis gee.

Maar as jy bereid is om taal, krasheid, seks en nudity verby te kyk (ek weet nie hoe baie mense wil seks en nudity verby kyk nie) vind jy ‘n baie insiggewende blik op die krag van pornografie en masturbasie op die man.

Die storie gaan oor ‘n jongman wat passie voel oor sy lyf, kar, huis, vrouens (ja daar is baie one-night-stands), sy kerk en sy familie.

Maar maak nie saak hoe baie seks hy saam met mooi vrouens het nie, sy behoefte om porn te gaan kyk is oorheersend en los hom om happy endings vir homself te gee.

Sy girl (aktriese Scarlett Johanson, wie grootliks bydra tot die erotika van die movie) vang hom en dit is die einde van die verhouding. (In berading vind ek BAIE huwelike wat op die rotse kom as gevolg van agter die rekenaar kom.) In my opinie, is pornografie NIE ‘n rede om te skei NIE.

Hierdie fliek verduidelik aan die vrou wat ‘n man van porn kry en wat die groot trekkingskrag is van pornografie. Libido energie kan voorgestel word soos die vloei van water. In die sin dat dit soek altyd die pad van die minste weerstand. As ‘n ou lus is en hy voel hy kan makliker en vinniger by orgasme uitkom as om nou eers sy vrou in die mood te kry, dan raak porn ‘n baie goeie alternatief. (click, click, click, ahhuuuhaaa.)

Hier is twee dinge wat ons hier kan leer.

#1 Pornografie leer vir die man ‘n baie selfsugtige stel van seksualiteit. As jy werklik seks wil geniet SAAM met iemand gaan jy moet kan gee net so veel (eintlik meer) as wat jy ontvang. Met porn, hoef  jy niks te gee nie (soms jou kredietkaart), maar dit is net ek, ek, ek, ek. (Wat die hoofkarakter aan die einde van die movie wel begin agterkom.)

#2 Pornografie leer vir die vrou dat haar man nie lief is vir haar nie, dat sy nie goed genoeg is nie, dat die seks wat hy by haar kry is boring, ens, ens. Let op alles is ook, ek, ek, ek, ek. Maar omdat dit haar man was wat die porn kyk, is sy in die reg en daarom is haar EK meer geregverdig as sy ek. Dames moet verstaan dat as hulle mans porn kyk, dit NIE ‘n refleksie is van hulle vermoë om ‘n goeie vrou te wees nie. Dit is jou man se eie issues en worstelings wat hom daaraan gebonde hou. So as jy regtig daar wil wees vir jou man, moenie die porn nou oor JOU maak nie, maar luister en wees daar vir HOM. (In die meeste van die berading wat ek met mans werk oor porn verslawing is daar amper altyd ‘n dieper emosionele rede hoekom porn die meester is in sy lewe. En wanneer die vrou emosioneel reageer en die ‘victim’ kaart speel, help sy nie veel vir haar man om met sy emosionele wortel te deel nie. Inteendeel, dit laai net die skuld en maak die ontvlugting al hoe meer aanloklik.

 

Pornografie in dit self kan nooit ‘n huwelik vernietig nie. Dit is ons reaksies daarop wat huwelike verwoes. So as jy iets wil verander, verander jou gesindheid en besluit om jou huwelik bo jouself te kies.

Don Jon Trailer