Gesonde Seks Huiswerk #25 – Quickie Seks


Gesonde Seks Huiswerk #25
Quickie Seks

As jy verlede week se Gesonde Seks Huiswerk stiptelik gevolg het, en geen seks gehad het nie, sal jou mond water vir hierdie week se huiswerk – quickie-seks!
Verlede week se geen seks huiswerk was om die fokus op seksualiteit te plaas en daarom penetrasie vermy. Hopelik voel jy nie soos ʼn seksobjek nie, maar voel dit vir jou asof jou huweliksmaat jou liefhet vir wie jy is. Die gevolg is dat jy meer seks sal wil hê – geen seks sal altyd lei tot baie quickie-seks!
Hierdie is nie die quickie-seks wat die vrou vir haar man gee sodat hy dit tog nie op ʼn ander plek gaan soek nie. Nee, hierdie quickie is wanneer julle al twee reg is vir ʼn oomblik van pure plesier. Dit is wanneer passie julle oorweldig en julle mekaar se klere van mekaar afruk!
Quickies moet spontaan gebeur en moenie geforseer word nie; dit is die gevolg van gesonde seksualiteit.
Wanneer jy volgende keer die passie in jou maat se oë sien, gryp hom/haar net daar en dan en geniet saam ʼn lekker quickie!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

Gesonde Seks Huiswerk #24 – Geen Seks


Gesonde Seks Huiswerk #24
Geen Seks

Hierdie week se Gesonde Seks huiswerk mag dalk vir jou nie soos seks klink nie, maar ek verseker jou dit is! Te veel van ons dink seks moet altyd penetrasie behels – anders is dit mos nie seks nie. Dis ʼn baie eenvoudige siening van seks. Seks is eintlik ʼn afkorting vir seksualiteit.

Jy kan byvoorbeeld nou ja sê vir seks, maar nee sê vir seksualiteit op die langtermyn. Netso kan jy nee sê vir seks en terselfdertyd ja sê vir seksualiteit op die langtermyn. Dis hoekom is hierdie week se Gesonde Seks huiswerk om geen seks te hê nie. Dis sodat jy bietjie jou langtermyn seksualiteit kan opbou deur nee te sê vir quickies wat die man skuldig en die vrou onbevredig laat.
Dit sal jou ook help om voorspel en naspel te beoefen wat so baiekeer verlore raak wanneer die fokus net op penetrasie is.

Watse boodskap dink jy stuur dit as ʼn man slegs liefdevol teenoor sy vrou optree wanneer hy later die aand seks wil hê? Die vrou gaan later begin voel soos ʼn seksobjek. Maar watse boodskap stuur die man wanneer hy sy vrou vertroetel en liefkoos net vir die lekker daarvan?

Dis presies wat hierdie week se huiswerk oor gaan. Die doel is nie om mekaar te vermy nie, maar om mekaar die hof te maak – sonder dat seks die uiteinde is. Een van die redes hoekom ons daardie gevoel van verliefwees verloor oor die jare, is omdat ons sekslewe net gefokus is op penetrasie en nie meer deur voorspel, liefkosing en hofmakery nie.

Dus skuif die fokus weg van seks in die kleiner sin van die woord (penetrasie) en fokus op seksualiteit deur intiem te wees sonder penetrasie.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

Gesonde Seks Huiswerk #23 – SeksToys reeks – Vibrerende Penis Ring


Gesonde Seks Huiswerk #23
SeksToys reeks – Vibrerende Penis Ring

Dit is net gepas om vandag se Gesonde Seks Huiswerk te maak om oor Seks speelgoed te gaan, aangesien ek net gister die Gesonde Seks Speelgoed en Smeermiddels produkte gelaunch het op my website http://www.gesondeseks.co.za
Nou moet ek sê dat daar heelwat mense is wat kwaad is vir my omdat ek SeksToys begin verkoop en goedpraat. Want dit is mos duidelik verkeerd en vuil en sonde?!?

Ek is nie so seker nie. Ek kan verstaan hoekom mense so sal dink, want vir so lank was daar vir ons gesê dat ons moet pasop vir wellus, die erotiese plesiere van die vlees. Maar soos julle al hier op Gesonde Seks gelees het, waar ek sê dat wellus, die erotiese plesiere van die ‘vlees’ wat God mens mee geskape het van Hom af is en bedoel is genotvol en avontuurlustig te wees.

Nou dit is waar dat nie almal ewe avontuurlustig is nie en dit is goed so. As SeksToys nie vir jou is nie, bly dan daarvan weg. SeksToys is en moet nooit gesien word as ’n plaasvervanger van jou huweliksmaat nie. SeksToys is slegs vir die couples wat saam nuwe dinge mee wil eksperimenteer en ’n gesonde avontuurlustigheid rondom hulle sekslewe het. Dit is ook nie ’n bewys van spice wat kortskiet nie of dat julle wat wel dit gebruik outomaties ’n beter sekslewe gaan hê nie. SeksToys is slegs ’n persoonlike voorkeur.

Daar is geen rede hoekom ons sonde, vuil of verkeerd daaraan hoef te koppel nie.
Ek wil graag met julle ’n gesprek deel wat ek met iemand gehad het oor die reg en verkeerd van SeksToys.

Anoniem: “Bly weg van SeksToys af, jy bring lust in jou huwelik in. Lust is nie van die Here af nie want dan sou die Here vir die man batterye in sy penis gesit het. Ontdek jou maat se liggaam, nie die toy nie.”

My antwoord: “God het dan vir die man batterye in sy penis gesit. Mens noem dit TESTOSTEROON. Ek weet daar is ander ‘kenners’ daar buite wat teen SeksToys preek, maar dit bly slegs hulle eie opinie en daar is geen Skrif wat dit sonde maak nie, en BTW as ‘n man nie ‘lust’ het nie, sou geen man ooit vir enige vrou vra om te trou nie. LUST is ‘n belangrike deel in enige gesonde huwelik. Koop my boek “Wat Adam my van seks geleer het” waarin ek ‘n studie gedoen het van al die mans in die Bybel se seksualiteit om te sien watse lesse die moderne man daaruit kan leer.”

Anoniem: “Dankie Timothy, ek sal definitief jou boek lees. Ek voel net mense gryp te maklik na al die aardse dinge en gebruik nie dit wat die Here hulle mee geseën het nie. Geen man kan kompeteer met ‘n toy nie. Een toy loop oor na ‘n ander en op die ou einde kan ‘n man en vrou mekaar nie meer geniet sonder toys nie. Iewers moet ons leer om die streep te trek.”

My Antwoord: “Ek stem, en daarom is Gesonde Seks informasie so belangrik. Kom ek gee ‘n voorbeeld. net voordat ek my kar lisensie gekry het, gaan een van my vriende dood in ‘n motor ongeluk. Dit sit my af om ooit ‘n kar te bestuur…(en so ook is ons vrees vir SeksToys, soms meer gegrond in vrees vir die moontlike gevaar dat ons nie die moeite meer doen om ons kennis oor die situasie te verbeter, en die wette te volg.) Daar is geen rede hoekom ons nie in ‘n gelowige gelukke gesonde huwelik SeksToys kan geniet nie. En ons moenie te vinnig AL die aardse dinge weg doen nie, want die Here het die aarde gemaak met al sy dinge. En in elke ander aspek van ons lewe gebruik ons aardse dinge om ons lewens te verbeter, bv. rekenaar, selfoon, TV, stoof, kar, ens hoekom dan nie seks speelgoed wat ons huwelik kan verbeter?”

Anoniem: “Dis waar, en ek glo daar is seker baie mense wat dit nodig het. Ek praat net self uit ondervinding, ek en my man, ons het na 16 jaar se getroude lewe het ons die wonderlikste seks (sonder toys). Want jou huwelik is een groot ontdekkingsreis van die dag wat jy voor die kansel staan. Ons het swaar tye gehad, ek sê nie daarmee dat die maanskyn en rose was nie, maar ons het mekaar ontdek, ten volle. Toys is ‘n quick fix.”
My Antwoord: “Daarom verkoop ek nie die toys as ‘n quick fix tot enige iets nie, maar net as ‘n enhancement tot die sekslewe.”

Anoniem: “LOL … Dankie Timothy, dit was lekker om met jou te chat. Mens moet altyd oop wees vir ander se opinies. Love nog steeds Gesonde Seks. Lekke doeks. PS: Sal jy nog steeds volgende jaar vir my as spreker optree? Met SeksToys en al … LOL?”

My Antwoord: “LOL, natuurlik. En dankie vir jou gesindheid. Ek glo dat as meer kinders van die Here kan saam werk al stem hulle nie oor alles saam nie, nog steeds die volwassenheid hê om te sien dat ons almal na dieselfde doel toe werk.”

Anoniem: “AMEN!!! vir daardie een. Baie dankie vir jou ook. Lekker aand.”

Okay so nou terug na die Gesonde Seks Huiswerk – Vibrerende Penis Ring.
Daar is so paar redes hoekom ’n Vibrerende Penis Ring, ’n Gesonde Seks speelgoed produk is.

• Nuwe dinge en sensasies wat jy en jou maat saam ontdek sal altyd julle emosionele “oxytocin” band versterk. Of dit nou ’n nuwe vakansie destinasie is, ’n nuwe stokperdjie wat julle saam ontdek of ’n seks speelding is wat julle mee eksperimenteer.

• Die Penis Ring word oor die man se klaar erect penis aangesit en tot heel onder die base van die penis geskuif. Omdat die ring nou om die man se penis sit, keer dit die bloed om nie vinnig weer uit te vloei en dus sal die man langer en sterker ereksies beleef.

• Die Penis Ring sal ook help om meer beheer oor premature ejakulasie te kry, omdat dit die seksuele gevoelens versterk en gelyktydig drukking plaas op die urethra waardeur die sperm beweeg.

• Wanneer die ring in plek is, kan jy die vibrasie aanskakel en voortgaan met wat julle gewoonweg so doen; penetrasie seks of orale seks. Die enigste verskil nou is dat daar bietjie meer van ’n ‘ritme’ by gekom het. Beide die man en vrou sal plesier vind en nuwe sensasie voel tydens hierdie ‘good vibrations.’

• Die vrou sal ekstra plesier ontvang want die ‘battery pack’ van die penis ring sal strategies haar op haar klitoris stimuleer soos wat julle gewone seks het.

• Tip: Gebruik genoeg water gebaseerde smeermiddels, soos KY Jelly om die penis ring aan en af te haal, sodat dit nie jou seer maak nie.

• Tip: As dit te ongemaklik en seer raak stop en haal dit liewer af en probeer ’n volgende keer weer. Hou in gedagte omdat die ring die bloed terug hou in die penis sal jou are in jou penis dikker word en dit sal ’n nuwe gevoel en sensasies ook verskaf.

Soos julle kan sien, hierdie speelding is ‘n ‘enhancer’ van seks tussen man en vrou en glad nie ‘n plaasvervanger nie.

Waar kan jy vir jouself of jou maat een van hierdie Vibrerende Penis Ringe koop?
Direk vanaf my webwerf http://www.gesondeseks.co.za of by enige sekswinkel (as jy braaf genoeg is om daarin te stap.) Bestelling vanaf my webwerf sal met Diskrete Aflewering na jou koerier word, sodra betaling ontvang is.

P.S en ja one size fits all!

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

Gesonde Seks Huiswerk #22 – Spieël Seks


Gesonde Seks Huiswerk #22
Spieël Seks

“Spieëltjie spieëltjie sê vir my wie is die mooiste in die land?” Ons verhoudings wat ons het met die spieëls in ons huis is een wat altyd op een van twee ekstreme fokus. “Damn ek is hot en sexy” of “Ag, kyk ek het nog ’n grys haar en nog twee plooie.”

Vandag se Gesonde Seks Huiswerk gaan jou sekslewe na die ekstreme neem. Spieël Seks. Mans is mal oor dit want alles in ’n spieël lyk groter as wat dit regtig is. Om seks voor ’n spieël te hê sal seker een van die mees erotiese dinge wees wat ’n paartjie kan doen.
Daar is so baie faktore wat jou sintuie en seksualiteit aan vlam dat jy gaan sukkel om nie oor en oor dit te wil doen nie.

Dit is baie min dat jy eintlik die seks daad kan sien terwyl jy seks het, maar met spieël seks kan jy die penis volg al die pad tot in sy huisie. Speel rond met posisies voor die spieël en maak seker jy gesels met jou maat hoe wit warm hierdie jou maak.

Om seks voor ’n spieël te hê, is soos om porn te kyk sonder om skuldig te voel na die tyd.
Maar seker die grootste twee faktore wat spieël seks so eroties maak is die
a)visuele stimuli en b) die fantasie aspek.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

Gesonde Seks Huiswerk #20 – Peperment Seks


Gesonde Seks Huiswerk #20
Peperment seks

Ons val so maklik in roetine met ons sekslewe en dit is nie lank voor alles maar dieselfde voel as die vorige keer. Dit is steeds lekker maar, maar waar is daar die hoendervleis, snak na jou asem en omkrul van tonne? Wel, hierdie week se Gesonde Seks huiswerk is om die GEVOEL terug te sit in jou sekslewe, met peperment seks.
Soos wat die titel noem het dit te doen met pepermente. Gaan koop vir jou lekker minty pepermente vandag, sommer ’n paar pakkies. En dan wanneer jy en jou maat vanaand kamer se kant toe staan, sit so een of twee pepermente in jou mond.

Soos wat jy jou maat se liggaam liefkoos met jou soene, met die peperment nog in jou mond, sal jou soene ewe skielik ’n meer tingle gevoel vir jou maat gee. Bestee baie tyd om mekaar se tepels te soen, nat te lek en so liggies te byt. Trek so elke nou en dan terug van die nat tepel en blaas saggies daarop. Hierdie sal die gevoel intensifier.

Nadat julle mekaar se liggame op ge-peperment het, kan julle aanbeweeg na die genitalia toe. (Nog steeds met peperment in jou mond.) Orale seks het nog nooit so lekker geproe of gevoel soos nou nie. Maak nat, blaas droog. Maak nat, blaas droog.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011

Die “Missing” hoofstuk in my boek – Josef, Seks tydens swangerskap


Josef
Seks tydens swangerskap
“Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.” – Matteus 1:25

Meer oor sy storie

Jesus se maagdelike geboorte is een van die hoekstene van ons geloof. Die Heilige Gees het Maria bevrug sodat dié profesie vervul sou word: “Die maagd sal swanger word en ʼn Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem. Die naam beteken: God met ons.”

Terwyl die wêreld op die maagd Maria gefokus is, vergeet almal waardeur arme Josef moes gaan. Hy moes uitvind dat sy aanstaande swanger is en hy weet vir ʼn feit dat hy nie die pa is nie. Dit moes vir hom baie erg gewees het! Dit het hom so ontstel dat hy besluit het om die verlowing te verbreek. Daardie selfde nag nog het ʼn engel aan Josef verskyn en alles aan hom verduidelik en vir hom gesê dat hy die seuntjie Jesus moet noem .
Josef het wakker geword en gedoen soos wat die engel van die Here hom beveel het. Tot die dag wat Jesus gebore was (en ek is seker tot ʼn rukkie daarna) het Josef nie seks met Maria gehad nie.

Les vir die moderne man

Ek dink almal is eens dat daar nooit weer ʼn maagd was wat swanger geword het nie – alhoewel sommige vrouens dalk al die verskoning probeer het! Wat op dees aarde is die les wat ons hieruit kan leer? Jy mag nie seks hê as jou vrou swanger is nie? Geensins nie! As julle albei lae libido’s het of vreeslike goeie selfbeheersing, dan is nege maande seker nie te lank om te wag nie!

Ongelukkig is hierdie ook die tyd wat baie mans ontrou aan hul vrouens is. Baiekeer sien die man sy vrou anders wanneer sy swanger is. Hy begin haar as ʼn ma sien en nie meer as sy lover nie en dis dan wat sy oë dwaal. Maar moet nie die fout maak om te dink dat dit nét mans is wat gedurende hierdie tydperk rondloop nie! Sommige vrouens se seksdrang styg geweldig gedurende swangerskap wat maak dat sy konstant seks wil hê. Omdat haar man haar vir bogenoemde redes nie meer begeer nie, mag dit dalk sy wees wat seksuele bevrediging op ander plekke gaan soek.
Kom ons wees eerlik, swangerskap is ʼn geweldige draaipunt julle huwelik maar ook in jou en jou vrou se lewe. Vir sommige raak die lewe dan net beter maar vir ander word dit ongelukkig slegter. Sommige huwelike val uitmekaar na die geboorte van ʼn kind as gevolg van ʼn gebrek aan kennis. . .

Die belangrikste hoeksteen van enige verhouding is kommunikasie. As julle oop en eerlik met mekaar kan kommunikeer dan is die kans vir misverstande skraal. Ons het reeds in vorige hoofstukke (Salomo veral) gesien dat God nie net seks gemaak het vir voortplantingdoeleindes nie. Daarom sal jy ook nie ophou om seks te hê as jou vrou swanger is net omdat julle uit die aard van die saak nou nie meer nodig het om seks te hê nie.
Baie paartjies is huiwerig om seks te hê tydens swangerskap omdat hulle bang is dat die baba kan seerkry. Tensy jy ʼn Babiloniër is, hoef jy nie daaroor bekommerd te wees nie! Die baarmoeder is baie vêr vanaf die vagina – hopeloos te vêr vir jou om by te kom! Ander is weer bekommerd oor die veiligheid van die baba wanneer die vrou ʼn orgasme kry – maar hierdie is ook nie rede om besorg te wees nie. Alhoewel die baba sal rondbeweeg tydens julle liefdemaaksessie, is daar geen negatiewe gevolge vir die baba nie.
Ek wil noem dat as jou dokter kommer uitgespreek het oor moontlike komplikasies tydens die swangerskap, is dit die beste om eerder seks te vermy solank as wat die dokter dit aanbeveel.

Man tot Man
Swangerskap hoef nie vir jou nege maande se droogte te beteken nie. Baie vrouens se seks drang is op haar hoogste tydens hierdie tydperk. Maak daarvan gebruik!

Wat sê die wetenskaplikes

Om seks te hê tydens swangerskap sal julle julle posisies moet aanpas om plek te maak vir jou vrou se maag. Vermy enige posisie wat druk op jou vrou se maag plaas. Die beste posisie vir jou is om onder of agter jou vrou te wees en haar van agteraf te penetreer. Enige staan posisie sal ook werk.
Daar is ’n hele paar voordele om seks te hê tydens swangerskap:
• ʼn Paartjie wat ʼn gesonde sekslewe tydens swangerskap het, lê ʼn goeie fondasie vir die toekoms. Omdat hierdie ʼn tydperk is wat mans en vrouens geneig is om ontrou aan mekaar te wees, is dit belangrik vir paartjies om seksueel daar vir mekaar te wees.
• Omdat meer bloed na die vrou se genitalieë vloei, raak dit makliker vir die vrou om ʼn orgasme te bereik. Baie vrouens wat nog altyd gesukkel het om ʼn orgasme te kry, sal dit nou baie maklik vind.
• Baie mans vind dit eroties om te sien hoe sy vrou se lyf tydens swangerskap verander. Haar borste is groter en haar figuur is voller. Haar hare blink en haar vel is seepglad; die afwesigheid van haar maandstondes dra ook by tot ʼn begeerlike lyf.
• Om sy vrou swanger te maak gee enige man se selfbeeld ʼn hupstoot! Wat beter bewys is daar nie van jou eie manlikheid as om pa te word nie?
• Baie paartjies kom uit hul gewone seksuele roetine en begin mekaar weer van vooraf ontdek. Baie paartjies ontdek weer die genot van gesamentlike masturbasie en orale stimulasie.

As jy hierdie hoofstuk geniet het, dink ek jy sal absoluut mal wees oor my boek “Wat Adam my van Seks geleer het”. Gaan na http://www.gesondeseks.co.za om jou kopie te bestel vandag.

Gesonde Seks Huiswerk #19


Gesonde Seks Huiswerk #19
Buitelug Seks

Dis somer in Suid-Afrika en die lekker warm weer moet gevier word – Gesonde Seks Styl!
Hoe langer ’n paartjie getroud is, hoe groter is die kans dat hulle elke keer op dieselfde plek, selfde tyd gaan liefde-maak.

Hier by Gesonde Seks is ons 100% vir monogamistiese verhoudings. Met ander woorde, die persoon aan wie jy ewige trou beloof het, is die persoon met wie jy Gesonde Seks beoefen. Om seker te maak dat jy vir die res van jou lewe met dieselfde persoon gaan seks het, moet jy tyd, plek en posisie afwissel om seker te maak die liefdes-vonke bly spat.

Met vandag se huiswerk gaan ons op uitstappie – na buite! Daar is niks meer romanties en avontuurlustig as om liefde onder die sterre te maak nie!

As jy dalk nie kans sien om seks in die buitelug te hê nie, stel ek voor jy begin met ’n romantiese piekniek. Speel voetjie-voetjie, lê op mekaar se skoot, streel mekaar se hare en vry mekaar soos verliefde tieners! Enige iets solank jy jou seks buitelug neem.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2011