My dogtertjie (4jr) se maatjie het haar op haar privaatdele gelek.


Ek probeer nie sulke emosionele vrae post nie, want dit ontaard omtrent elke keer in ‘n bakleiery en niemand weet eers mee waaroor anoniem bekommerd is nie. Maar ek het vandag besluit om nie net hierdie te post nie maar om ook ietsie daarop te antwoord, en vir ons ietsie te leer oor emosies.

Eerstens weer anoniem se vraag:

“Timothy en Janet help my asb ek is besig om van my kop af te raak. My 4jarige dogtertjie het gister by ‘n maatjie gaan speel en toe sy by die huis kom en klaar gebad het, sien ek haar private deeltjie is baie rooi. Ek vra haar toe hoekom is dit so rooi en sy se toe die maatjie het dit gelek en die maatjie het gesê sy moet ook hare lek. Wat doen ek nou? Eks radeloos help my asb”

Nou hierdie anoniem vraag is een wat elke liewe een van ons se emosies gaan op hol jaag. Emosies in dit self is wonderlike goed. Dit maak ons mens. Dit laat ons lewendig voel. Dit help ons om simpatie en empatie vir ons medemens te gee.

Maar wat emosies nie baie goed in is nie, is om te dink, redeneer, advies te gee en by die feite te bly. Emosies is iets wat gemanipuleer word deur jou eie vrese en daarom sal emosies altyd subjektief wees tot die persoon met die emosie. Jy gaan dadelik die situasie, die feit, die gebeurtenis, rondom jouself maak en dan as ons nie oppas nie, raak die persoon vir wie ons simpatie en empatie voor moes gee as gevolg van die emosie wat ons vir daardie persoon voel, is juis die oorsaak hoekom ons op die persoon draai, en haar of hom begin aanval.

Dit verduidelik hoekom daar so baie comments is wat aanvallend draai, wanneer anoniem ‘n emosionele vraag vrae.

Baie ander mense het aangeneem dat anoniem haar kind laat oorslaap het?

‘n Feit wat nie daar is nie. Maar ons emosies is so sterk dat ons oortuig is van dinge.

Ek deel hierdie maar net met julle om iets uit te wys wat ek nie net elke dag op Facebook sien nie, maar ook by die kliënte wat my kom sien vir huweliksberading.

Ons sukkel om verby ons eie emosies te kyk en die persoon met die probleem raak te sien en eintlik te help.

So vra gou vir jouself hierdie vraag af: Is jy geneig om ‘n gesprek in ‘n bakleiery te neem wat jou bloeddruk deur die dak stoot? Dan is dit veilig om te besef dat jy nie in beheer is van jou emosies nie, en dit veroorsaak dat jy nooit die situasie sal kan baas raak nie. Daarom is dit juis nodig om na ‘n berader of ‘n 3de persoon te gaan net om jou te help om verby jou eie emosies te kom.

 

Okay, genoeg gepraat oor emosies en stuff.

Kom ek gee vir jou ons opinie op anoniem se vraag.

 

Wat met jou kind gebeur het sal ek nie beskryf as iets wat haar noodwendig seksuele gaan traumatiseer nie.

Natuurlik voel jy getraumatiseerd, want dis jou kind! En ons is bewus van al die seksuele misdade daar buite, en dit is geneig om ons oor sensitief  te maak dat ons soms te vinnig “Wolf, Wolf” skreeu.

Ek bedoel nie hiermee dat ouers naïef almal moet vertrou nie, glad nie. Kom ek probeer dit verduidelik om dit in twee kategorieë op te verdeel.

KATEGORIE 1 – Die reaksie

In my navorsing oor die seksualiteit van die Afrikaanssprekende Christen, is daar iets wat baie duidelik na die voorgrond kom. “Die reaksie”

Die ouer vang hulle kind in die bad besig met hom/haarself speel…

Die ouer vind die kind iets op TV kyk met ‘n ouderdomsbeperking…

Die ouer hoor ‘n storie van die kind wat dokter dokter gespeel het…

Die ouer vind uit dat hulle kind het geëksperimenteer met dinge…

 

Waarvan al hierdie dinge baie normaal en algemeen en skadeloos kan wees, TOT die reaksie.

“WAT MAAK JY!!!!”

“HOE KON JY!!!”

“DIS SIEK!!!!”

“LOS DIT, DIT GAAN AFVAL!!!”

“JY GAAN HEL TOE!!!”

“GEEN KIND VAN MY NIE!!!”

Die reaksie.

Selfs ‘n reaksie wat nie so kwaai op die kind afkom nie, kan net so skadelik wees.

“AAAHHHH, JOU ARME DING”

“Sê WEER, WAT HET HY GEDOEN. DIS VREESLIK”

“KOM EK MAAK DADELIK ‘N AFSPRAAK BY DOMINEE”

Die reaksie.

 

Die reaksie van die ouer veroorsaak in baie gevalle die EERSTE trauma in kinderseksualiteit.

 

KATEGORIE 2 – Die beskerming

Ek is self ‘n pa van drie dogtertjies en gaan uit my pad uit om hulle te beskerm. Maar dit is soms maklik om oor paranoïes te raak en jou kinders in die huis te wil toesluit totdat hulle,… nee wag tot verewig.

So hier is so paar goeie beskermings wenke:

1)      Laat maatjies eerder by jou huis kom speel (Wel dit gaan slegs moontlik wees as die maatjie se ouers nie ook hierdie artikel gelees het nie. Ja, hulle vermoed jou ook van sulke dinge.)

2)      Slegs beste maatjies kry sulke kuier voorregte. Ander maatjies is maar by die skool, vriende se partytjies, verjaarsdae, ens.

3)      Maak moeite om jou kinders se beste maatjies se ouers te ontmoet en leer ken.

4)      Maak seker jy en jou kinders kan gesels gereeld oor alles.

5)      Leer jou kind gesonde seksualiteit van ‘n vroeg ouderdom af. Kennis gee mag.

6)      Bid en vertrou die Here dat Hy julle nie sal laat versoek bo julle kragte nie.

7)      Wees betrokke in jou kind se lewe.

8)      Maar bo alles, maak seker jou eie gesindheid oor seksualiteit is gesond, anderste sal “DIE REAKSIE” alles in hierdie kategorie van beskerming neutraliseer.

 

Anoniem, advies spesifiek vir jou geval.

Ek weet dit was ‘n groot skok, en dat dit jou baie omgekrap het. Jy het goed gedoen om so iets vroeg op te spoor. Jy het iets raak gesien en sonder om oor te reageer meer informasie gevra. Die feit dat jou kind alles vir jou vertel het is ‘n goeie teken van vertroue en oop kommunikasie tussen julle. As daar nie enige ander simptome is nie, soos sy wat dit nou met haar maatjies wil doen, of dat sy in publiek wil aan haarself vat, sal ek nie sê dat jou kind getraumatiseerd is deur hierdie eerste vir haar ondervinding nie.

Jou kind is 4 en ken nie die seksuele betekenis van wat sy gedoen het nie. Jou neutrale reaksie gaan haar help om vinnig daarvan te vergeet.  Jy kan vir jou dogtertjie vertel wat haar maatjie gedoen het was verkeerd, want ‘n mense se privaatdele is baie sensitief en kan maklik rooi raak en brand. Daarom mag net jy jouself daar was.

Leer haar dit word privaatdele genoem en daarom moet dit privaat wees.

Jy kan vir haar sê kyk na al die mense rondom ons. Almal het klere aan, dus moet ons ook maar ons klere aanhou.

 

Wat die maatjie aanbetref.

Wanneer kinders saam speel en eksperimenteer dan is dit een ding, maar wanneer daar ‘n duidelike leier is wat sê doen dit of doen dat, verander die spel van dokter-dokter tot ‘n potensiale oortreder-slagoffer.

Kinders wat self slagoffers was, sal daardie selfde dinge op ander wil doen en dus in die oortreder rol in beweeg. Hierdie maak nie die kind sleg of seksueel gefrustreerd of so iets nie, die kind is net besig om ‘n seksuele aktiwiteit te mimiek wat aan haar/hom gedoen was.

As ‘n kind te lank in so ‘n ongesonde atmosfeer bly, vermeerder die kans dat die seksuele oortreding in seksuele trauma verander en groot sielkundige skade kan beteken.

 

Hier is ons advies vir anoniem rondom die maatjie:

Ons stel voordat jy ‘n afspraak maak met die maatjie se ma. Net jy en sy. Vertel haar wat het jou dogtertjie jou vertel en dat dit jou geskok het om te hoor. Ons kan ongelukkig nie weet wat die maatjie se ma se reaksie gaan wees nie, seker skok ook. As julle steeds voel hierdie saak benodig hulp, kan julle altyd ʼn kinderberader, sielkundige of dominee in roep om die gesprek tussen jou en die maatjie se moeder te fasiliteer.

Aan die einde van die dag gaan ons ons kinders die beste beskerm wat ons in staat is om te kan doen. En vir die res gaan ons seker kan maak dat ons reaksie altyd jou kind veilig laat voel by jou.

 

 

Ek verstaan dat hierdie onderwerp het nog baie nodig om oor te sê, en as jy jouself meer wil toerus met Gesonde Seks informasie stel ek die volgende voor.

Sluit aan by ons Gesonde Seks Mentorskap en loop die e-Kursus “Hoe om met jou kinders te praat oor seks.” En dan kan jy al die ander e-Kursusse doen om seker te maak jou eie gesindheid rondom seksualiteit is Gesond.

Skryf in hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

 

 

Q & A “Gesonde drank gebruik in huwelik!?”


Hierdie vraag en antwoord verskyn in die Intiem tydskrif Des/Jan uitgawe. www.intiem.co.za

Vraag: 

Ek is hierdie jaar 5 jaar getroud..  ek het my man ontmoet waar hy n gereelde drinker was, hy hou van sy drank.

Ek het nie veel daarin gelees nie want ons is jonk en dis nie abnormal vir n jong man om

Te wil kuier en drink nie,

Maar tyd het aangestap en ek het agter gekom hy drink glad nie minder nie.

Na ons kinders gebore is, het ek baie verantwoordelik begin raak,  My man staan nog steeds daar waar hy gestaan het in die lewe. (ek verstaan nou hoekom mans kan se n vrou verander na sy die huwelik kontrak teken) – inteendeel ons wil verantwoordelik raak en mans wil stil staan in die lewe.

Hy drink elke aand tussen 2 en 5 glase drank (of dit nou bier of brandewyn of OBS is)

Ek het al vir hom gesê hy’t n probleem, maar hy se al wanneer hy n probleem het is wanneer hy

Begin bottles per dag drink en in kroeë rond hang ..

Wel my probleem is,  hoe hanteer ek dit van my kant af,  los ek hom om aan te gaan sal hy dalk in n volledige alcoholic verander en hys nie ‘in my oe” n baie goeie voorbeeld vir ons 2 dogtertjies nie, (nie as hy elke dag drink nie)

Of  hou ek aan moan en verloor dalk so my man, want as ek met hom daaroor praat dan baklei ons

My man word nie gou dronk nie, hy sal ook nie in n kroeg gaan rond le nie, hy kan net dood eenvoudig nie

Net n glasie Coke of sprite drink as hy dors is nie, daar moet altyd drank in wees. En even as niemand drink nie

Sal hy nog steeds drink, al drink die res van die mense tee of koffie, hy sal dood eenvoudig sy bottle uit haal en vir Homself skink, (ek hang dan my kop in skaamte)

Is ek verkeerd?  Is dit normal, en sal hy dit ontgroei as ek hom net los.

Let wel: ek karring glad nie aan hom hieroor nie, ek sal net nou en dan vir hom vra, waar kry hy geld vir n bottle as daar nie geld is vir kos nie, of ek dink hy drink bietjies baie vanaand.

Timothy Kieswetter antwoord:

Liewe anoniem, jy is verseker nie die enigste vrou wat in hierdie situasie haarself bevind nie. Kom ek begin om vir jou te antwoord op jou vraag, sal hy dit vanself ontgroei? Nee, ek dink nie so nie. Niemand van ons gaan somer net vir geen rede uit enige iets groei nie. Daar moet ’n ontwaking plaasvind. En vir sommige van ons vind so ’n ontwaking slegs plaas nadat ons ons koppe lelik gestamp het. Jou ontwaking het gebeur nadat jy kinders gekry het. Vir sommige vrouens voel ma-word soos een groot kopseer. Maar dit forseer jou om te groei en volwasse te raak.

’n Man aan die ander kant bly vir langer ’n ‘kind’ in baie opsigte want eers was dit hulle moeders wat vir hulle gesorg het en nou is dit hulle vroutjies. Hulle kan nog steeds terug sit en doen wat hulle wil.

Maar hier kom die probleem om die hele tyd jou man se drank probleem op te bring. Hy dink nie dit is ’n probleem nie, want volgens hom moet hy eers elke dag bottels uitdrink en in die kroeg eindig, voordat hy ’n probleem het. (Wat vir my sê daar is iemand in sy kinderjare wat vir hom hierdie voorbeeld gestel het) So om elke keer met hom te baklei oor sy drankprobleem en hy is nie in die kroeg nie, gaan hy net jou bekommernis afskryf aan vroulike bitchiness.

So hier is wat jy aan hom moet kommunikeer. Hoekom is sy huidige drank gebruik vir jou ’n probleem?

Tree hy anderste op as hy dronk is? Praat hy sleg met jou? Is hy kortaf met die kinders dan?

Jy moet vir hom wys dat sy huidige drank gebruik al sit hy nie in die kroeg nie, ’n probleem is.

Maar as jy slegs ’n probleem het met die drank omdat dit sosiaal sleg lyk of dat dit nie jou smaak is nie, dan stel ek voor jy ondersoek jou hart vir die eintlike probleem en ware issue. Dalk is dit omdat jy voel jy is die enigste ouer en dat hy jou nie genoeg help nie? Dan het die probleem niks te doen met sy drank gebruik nie, maar dat jy uitgeput en alleen voel. Kommunikeer dit so oor aan hom en los die drank, want dit is dan nie die rede hoekom jy so kwaad voel nie.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012

Hoekom sê my man nee vir seks maar ja vir porn?


Hoekom sê my man nee vir seks maar ja vir porn?
Deur Janet Kieswetter

Bevind jy jouself in dieselfde situasie? Jy is sexy met ʼn hoë libido, maar hy masturbeer en kyk eerder porn!

Wel, daar kan net ʼn sielkundige rede hieragter sit! Elke man sit met dieselfde vraag: “Is ek mans genoeg?” Mans doen verskillende dinge om hulle manlikheid te bevestig. Party stoot gewigte by die gym, ander klim die korporatiewe leer en party slaap rond en gaan na ontkleedans-klubs toe. Ander kyk weer na pornografie en masturbeer – alles in die naam van manwees. Dit laat hom soos ʼn man voel!

Maar hoekom kan hy nie saam met jou slaap om soos ʼn man te voel nie? Dis omdat hy voel dat hy in daardie area gefaal het. Dalk sukkel hy met premature-ejakulasie, dalk sukkel hy jou ʼn orgasme te laat bereik. Dalk neem sy gedagtes hom na ander plekke toe . . .
Dalk voel hy skuldig oor iets wat hy gedoen het.

Die grootste oorsaak is dat hy nie jou kan “face” nie. Die vrou vir wie hy baie lief is, veroorsaak dat hy skaam voel . . . en baie skuldig voel. En dis hierdie skuldgevoel, of gevoel van ek is nie man genoeg nie, want hom weer terug pornografie toe stuur!

Hoe breek ʼn mens die siklus? Hoe laat jy jou man soos ʼn man voel?

1. Bevestig sy manlikheid met jou woorde.
– Komplimenteer hom oor sy voorkoms. (Mans wil ook hoor dat hulle goed en sexy lyk.)
– Wanneer julle liefde maak, vertel hom dat hy jou plesier, dat sy penis vir jou mooi/groot/viriel is.
– Spog met hom voor julle vriende en familie. Vertel hulle hoe hard hy werk en hoe goed hy met die kinders is.
– Vertel hom hoe baie jy hom waardeer.

2. Bevestig sy manlikheid met jou dade.
– Hanteer jou man soos die hoof van die huis. Wys hom jy respekteer hom.
– Smelt sy skudgevoel weg met jou liefde en aanvaarding.

3. Wees sy berader

Dit sal goed wees vir sekere mans om formele berading te kry maar min mans sal instem vir so iets. So hoe kan jy sy berader wees?

Die Here het die huwelik geformuleer sodat mense heel kan word deur verhouding met mekaar. Wetenskap het bewys dat ons maats kies volgens die pyn wat in ons harte is van ons kinderdae. Dikwels sal ons eggenoot ons juis toets of seermaak op ‘n soortgelyke saak waarmee ons as kinders geworstel het. Nou is dit ons groot voorreg om Jesus te wees vir mekaar en deur kommunikasie en onvoorwaardelike liefde mekaar se wonde te genees.

So, gesels met jou man oor dinge wat met hom as seun en tiener gebeur het. In ʼn informele gesprek waar julle gemaklik gesels oor julle verlede kan julle albei die volgende vrae bespreek:

* Wat was jou pa en ma se houding oor seks?
* Wat was jou eerste seksuele ondervinding?
* Was jy ge’bully’ op skool?
* Hoe en wanneer het jy jou eie seksualiteit ontdek/ begin eksperimenteer?

Deur openlik met mekaar te praat, gaan julle mekaar beter kan verstaan en sal dit positiewe gevolge in julle sekslewe hê. Jou man moet jou sό kan vertrou dat hy vir jou sal sê wanneer hy porn gekyk het. Soos wat die vertrouensverhouding groei, sal hy ook later vir jou kan sê voordat hy porn kyk en wanneer hy in die versoeking is om dit te doen. Jakobus sê dat julle jul sondes eerlik teenoor mekaar moet bely en vir mekaar moet bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van ʼn gelowige het groot krag.

En wat doen jy met jou eie seer oor jou man wat porn kyk? Vertel hom hoe dit jou laat voel en neem ook jou gevoelens na die Here toe. Praat jou hart uit en Hy sal jou weer kom nuut maak en jou leer om te vergewe soos Hy vergewe.

Vra jou man om vir jou te sê as hy weer in die versoeking is om porn te kyk en dat jy l ʼn plan sal maak om hom te help. Natuurlik moet hy ook sy deel bydrae, maar die stryd is groot en jy sal moet kan help waar jy kan.

En onthou, bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek alles.

MY MAN SE WERK STEEL ONS HUWELIK



MY MAN SE WERK STEEL ONS HUWELIK“Kan julle asseblief ‘n artikel plaas oor hoe ‘n vrou dit moet hanteer as haar man ‘n beroep beklee wat hom gereeld van die huis af wegneem en veroorsaak dat hy gevolglik sy gesin tweede moet plaas ter wille van sy werk. Vriende en familie sê bloot dat ek as vrou dit moet verstaan, my man moet respekteer en aan sy behoeftes moet voorsien. Dat my behoeftes buigbaar moet wees, maar hoe bereik ons daardie punt waar daar aan beide van ons se behoeftes voldoen word?” – Nadia

Timothy Kieswetter, ‘n Bybel- en seksualiteitskenner, antwoord:
Ek dink dat jou behoeftes net so belangrik soos jou man s’n is. Dit gebeur té gereeld dat ‘n man sý ding doen en ‘n vrou hare. Dit los een of albei van julle gefrustreerd en uitgeput. Dit hoef egter nie so te wees nie, Nadia. Ek glo ook nie dit is hoe God dit bedoel het om te wees nie. Hy het Eva gebring om vir Adam te help. Nie om sy slaaf te wees of agter hom skoon te maak nie, maar om hom te help met dieselfde taak wat God vir Adam gegee het. Ek glo ‘n bietjie vooruitbeplanning kan wondere vir enige huwelik verrig. Dit is maklik om een dag op ‘n keer te leef en dit hou sekere voordele in, maar jy word maklik vasgevang in jou huidige situasie. Ek vra altyd vir paartjies om my te vertel van hul vyf-, tien- en 25-jaar doelwitte en planne. Die meeste van die tyd kan hulle nie vir my ‘n antwoord gee nie. Kom ons veronderstel dat jy en jou man ‘n duidelike doelwit en plan het oor waar julle wil bly, wanneer julle kinders wil kry en so meer . . . dan sal dit vir julle makliker wees om tydelike opofferings te maak. Maar as die toekoms wat julle vir julself beplan, nie van hom vereis om ‘n werk te aanvaar wat die meeste geld huis toe bring nie, sal dit makliker wees vir hom om ‘n ander werk te soek wat beter by jul plan inskakel. Wanneer julle weet waarnatoe julle mik, raak die dag-tot-dag se vrag makliker om te dra.

Stuur jou vra na timothy@gesondeseks.co.za
Raak deel van ons Facebook groep http://www.facebook.com/gesondeseks

“Faking” ‘n orgasme


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za of stuur dit via Facebook. (Almal bly anoniem)

Vraag: Ek en my man is al twee jaar saam en ons ‘speel’ baie lekker in die slaapkamer, maar ek het net al een keer ‘n orgasme gehad en dit was nie eers met penetrasie seks nie. Om my man nie seer te maak nie, maak ek net of ek orgasme kry. Maar ek is bekommerd dat daar fout is met my.

Antwoord: Baie vrouens sukkel om orgasme te bereik deur penetrasie seks alleen. Orgasme gebeur baie meer dikwels vir vrouens deur klitoris stimulasie. Maar “faking an orgasm” is baie gevaarlik vir jou verhouding, want jy lewe basies ‘n leuen. Jy kan nie ware intimiteit met jou man bou as jy oneerlik met hom is nie. Ek stel voor dat jy uitkom met die hele waarheid so gou as moontlik.
Wanneer die man sy vrou na orgasme moet bring, sal dit in die begin dalk nie asemrowend wees nie, want die man is in die donker oor wat lekker is vir sy vrou. Dus, moet sy hom by die hand ly, (letterlik en figuurlik) en hom aanspoor met wat vir haar werk, of nie werk nie. Baie keer, bou die vrou ‘n angs op oor of sy orgasme gaan hê of nie. Haar gedagtes raak so opgevang in die groot behoefte om orgasme te bereik, dat sy nie fokus op die plesier en daarom teleurgesteld gaan slaap. Vrouens kan rustig met hulle mans gesels oor hierdie ‘performance anxiety’ en dan kan die paartjie saam fokus om geduldig liefde te maak. Die vrou moet haar gedagtes beheer en fokus om haar man te lei en die plesier wat sy voel te geniet. So, sal haar man en haar eie lyf gou leer wat vir haar genotvol is. Maar onthou, selfs die mees erotiese vrou gaan nie elke keer orgasme bereik nie! Orgasme moenie die eind doel wees van elke intieme geleentheid nie. Seks moenie net ‘n voertuig wees wat jou tot orgasme neem nie, maar wanneer julle fokus om elke oomblik van plesier te geniet sal die ‘skaam’ orgasme meer kom.

Vraag: My seuntjie het begin om met homself te speel! Wat nou?


Stuur jou vrae na timothy@gesondeseks.co.za of stuur dit via Facebook. (Almal bly anoniem)

Vraag: hi, ek het ‘n vragie vir Timothy. My seun (11) het begin ontdek wat lekker is en is eintlik so onskuldig, gaan le sommer op my sitkamer bank op sy maag en … Ek weet nie hoe om dit te hanteer sonder om hom te knou op seksueele gebied nie, los ek hom of jaag ek hom kamer toe of verbied ek hom om dit te doen? Is dit gesond? – Anoniem

Antwoord: Dit is baie gesond en normaal en moenie negatief daarop reageer nie. al wat jy wel vir hom moet leer, is wat privaat gedoen kan word en wat kan publiek gedoen word. leer dat in die publiek vat jy nie aan jouself nie of ‘expose’ jy nie jouself nie. maar as jy bad of in die bed alleen le kan jy maar vat as dit lekker is

Ek het my vriendin se man per ongeluk gesoen!?!


Vraag – “Ons was onlangs ‘n klomp vriende by ‘n braai en het lekker gekuier. Ek en my vriendin se man het in die gang in mekaar vasgeloop en voor ons ons kon kry, het ons mekaar gesoen. Ons het onmiddelik weer opgehou en albei besef ons het miskien een drankie te veel ingehad. Dit pla my baie. Daar is definitief niks tussen my en my vriendin se man nie, maar wat nou? Moet ek my man vertel dat dit een onbesonne oomblik was? Moet ons die vriendskap verbreek? Of moet ons maak of daar niks gebeur het nie…?”- Anoniem, Standerdton.

Antwoord:
Anoniem as jy al my advies vir ander gelees het, sal jy weet dat ek glo in ’n huwelik waar beide man en vrou 100% alles van mekaar weet en okay is daarmee. Dit is tog die enigste manier om iemand waarlik lief te hê, wanneer jy waarlik die persoon heeltemal ken. So die ideaal is en waarnatoe jy sal moet strewe is om vir jou man te vertel. Die rede hoekom ek nie in geheime glo nie, want dit is soos kanker wat jou van binne opeet. Maar ek moet hier ook noem dat jy jou tydsberekening moet reg kry, want die nuus gaan heel waarskynlik jou man omkant vang. As julle alreeds sterk kommunikasie kanale tussen julle het, gaan voort en vertel hom. As julle nie regtig diep dinge met mekaar deel nie, is dit dalk nie die beste onderwerp om mee te begin nie. Begin om iets uit jou verlede te deel wat hy nog nie van jou weet nie. Wanneer jy en jou maat ‘kaal’ staan voor mekaar deur om oop en eerlik te kommunikeer is dit belangrik om aanvallend of ‘defensive’ te raak nie. As hy kwaad reageer, moenie jouself verdedig nie, bly by ‘ek is jammer ek het jou seer gemaak.’
Aangaande jou vraag oor die toekoms van die vriendskap? Ek dink nie jy hoef enige iets drasties te doen nie, maar waak net jou hart en as jy enigsins gevoelens begin ontwikkel vir hom is dit tyd om drastiese stappe te oorweeg.

stuur jou vrae van timothy@gesondeseks.co.za