Die rol van die Jester in ‘n seksuele taboe wêreld.


Jester_Transparent_PNG_by_AbsurdWordPreferred

Eers die definisie van ‘n Jester:

“a professional joker or ‘fool’ at a medieval court, typically wearing a cap with bells on it and carrying a mock sceptre.

  • a person who habitually plays the fool.”

 

Dit is beide nie maklik of lekker om gereeld  ʼn ass van jouself te maak nie. In die begin was die Jester se rol om die koninklikes te vermaak, maar dit het geëindig waar die Jester deur sy skerp humor iets soos satire ontwerp het, waar hy juis hierdie vermaaklike platform gebruik om  ʼn baie sterk onderliggende boodskap deur te gee. Baie keer om die amptenare en koninklikes op te wys in hulle dubbelstandaarde.

Vandag het ek weer  ʼn paar negatiewe briewe ontvang oor ek wat die fool speel in die baie sensitiewe seksuele verhoudingshof. (Die huwelik soos wat die koninklikes daarop aandring)

My kritiseerders is 100% in die feit dat ek die fool speel met “Die Stripshow”, maar wat hulle in verkeerd is, is hoekom. Ek is nie per ongelukkig foolish of net foolish vir die lekker daarvan nie.

Nee, hierdie Jester het  ʼn baie duidelike plan en boodskap.

Die plan is om soveel mense as moontlik te kry om onder die taboe van seksualiteit uit te beweeg en in die gesonde realm van openlike seksuele gesprek en debat deel te neem.

Die boodskap is Gesonde Seks. Dat dit nie vuil, lelik of volger is nie. Dat dit iets is wat jy kan geniet sonder om geestelik skuldig daaroor te voel of om daardeur versoek te word.

Stripshow-facebook-ads-(3)Ek mag dalk nie soos die Jesters van ouds  ʼn gekleurde hoed met klokkies dra en rondloop terwyl ek  ʼn mock sceptre swaai nie, maar my props spreek wel na dieselfde “valsheid” van die status quo. So totdat die status quo oor seksualiteit nie verander nie, gaan ek aanhou om my “klokkies” heen en weer swaai.

So as jy wil kom kyk hoe ek ‘n fool maak van myself om ‘n Gesonde Seks boodskap oor te dra, kom kyk na my volgende vertonings van “Die Stripshow”

 

2 Augustus in Kaapstad by Hoërskool Durbanville Ouditorium

3 Oktober in Pretoria by Centurion Teater

Alle kaartjies beskikbaar by Computicket.

 

Hoekom mans cheat


why do men cheatHoekom mans cheat?

Ek glo nie daaraan om vrees te gebruik as ʼn motivering om gedrag te verander nie. “Bekeer of gaan hel toe”, “Gee seks vir jou man, anderste gaan hy dit op ʼn ander plek kry.”

Die probleem wat ek het met vrees-motivering is omdat dit glad nie enige insig vir die persoon gee tot die situasie nie.

Byvoorbeeld:  Die persoon identifiseer hom/haarself as iemand wat eendag hemel toe gaan, maar lewe ʼn helse lewe op aarde?

Of ʼn vrou wat haar man nooit seks weier nie en vir hom selfs twee keer  ʼn dag seks gee, maar dit nooit self geniet nie.

Vrees-motivering sal altyd jou gedrag verander, maar nooit jou begrip van die situasie nie.

Die doel van Christenskap is nie om eendag nie in die hel te brand nie, maar eerder om jou naastes lief te hê soos jouself. En so baie Christene lewe net met die ewige hemel of hel vrees dat hulle glad nie in enige liefde wandel nie.

Die doel ook van ʼn gesonde sekslewe in  ʼn huwelik is nie waar die vrou nooit haar man weier nie en vir hom soveel seks gee soos wat hy wil hê nie. Nee! Die doel is dat twee verskillende mense seks gebruik om hulle diep liefde en waardering vir mekaar wys.

So in ander woorde, dit is nie goed genoeg om vir jou man elke dag van die week toe te laat om met jou seks te hê nie. Hy wil ook hê jy moet uit jou eie seks met hom wil hê en dit dan boonop geniet!

Dis soos om ʼn geskenk vir iemand te koop, maar dan is hulle nie opgewonde of bly as hulle die geskenk oop maak nie.

In die man se kop, is seks  ʼn geskenk wat hy vir sy vrou gee, en as hy nie sien sy geniet dit nie, kan hy netsowel seks hê met ʼn blow-up doll.

So met dit as inleiding… hoekom ek dink mans cheat.

Meer as 90% van die mans wat ek in my praktyk sien wat affairs het, was dit nie die man wat die skelmpie gaan jag het nie. Dit was sy wat hom begeer en verlei het. En in baie gevalle, vêr meer begeer en verlei as wat hy voel sy vrou begeer en verlei hom.

Ja, die man is die jagter. Blah blah blah. (Ek haat stereotipes.)

Maar daardie jagter het ook ʼn emosionele hart, ʼn sagte broos plekkie in sy binneste, wat smag om ook net aanvaar, begeer en gelief te word.

So vra jouself die vraag: Persentasie gewys, hoeveel keer inisieër jou man seks in die huwelik, en hoeveel keer inisieër jy as vrou seks?

As dit nie naby 50/50 is, wil ek jou aanraai om daaraan te werk.

Moenie dat die skelmpie die een wees wat al die inisieër werk doen by jou man nie.

En een laste wenk. Moenie net seks in die normale styl hê nie. Moenie net van nou af meer seks inisieër nie, maar ook wees jy die een om iets nuuts voor te stel.

In my navorsing oor die Afrikaners se lekkerste seksuele belewenisse, het twee dinge duidelik uitgekom.

1)      Avontuur en spontaan. (So probeer iets nuuts, en as jy nie baie kreatief is nie, sluit aan by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ek elke week vir jou ʼn nuwe seks idee SMS.)

2)      Seks binne ʼn veilige toegewyde verhouding. (So moenie dink die beste seks is daar buite jou huwelik nie, maak net seker daar is genoeg avontuur en spontaniteit van albei in julle huwelik.)

 

P.S Hou op uitstel met al die seks planne in jou kop, jy mag maar jou sekslewe geniet in jou huwelik, nou gaan en DOEN DIT!

 

As jy meer belangstel in ons Gesonde Seks advies oor “Hoe om jou huwelik te affair-proof” skryf in vir ons Mentorskap program en loop ons weeklikse e-Kursusse. Kliek hier vir meer inligting.

Gelukkige Vadersdag – Gesonde Seks Styl: “Pappa, ek het ‘n geskenkie vir jou!”


fathers day sexy

Daar is baie dinge in die lewe wat ek nie verstaan nie.  Maar een van die dinge wat my die meeste my kop laat krap is die sexy taal gebruik tussen die Afrikanerman en -vrou.

“Pappa, gaan ons ‘n bietjie wors braai vanaand?”

“Mamma, ek is lus vir jou tjops!”

Ek weet Oedipus het iets gehad vir sy mamma, maar Mamma Mia, dis net Griekse mitologie. Ons is darem Christene hier.

Ek het nog nooit gehoor waar enige iemand hulle skelmpie pappa of mamma noem nie. (Dit verduidelik dalk die behoefte vir pappa om ‘n skelmpie te hê in die eerste plek!)

Dit is seker normaal om ‘pappa’ en ‘mamma’ as noem naampies vir mekaar te hê as jy seks slegs gaan gebruik om kinders te maak. Maar ek hoop teen die tyd het paartjies verby daardie eeu oue siening beweeg en darem seks vir meer as net prokreasie geniet.

Baie desperate ‘mammas’ kom na my toe vir berading en beskryf hoe moedeloos en frustreerd is hulle om te probeer om pappa gelukkig te hou. Sy gee hom gereeld seks, weier hom nooit nie, wat meer moet sy doen? Maar gereelde seks en om nooit nee te sê nie, maak ‘mamma’ niks meer as net ‘n flukse huwelikshulp nie.

Die rede hoekom skelmpies, skelmpies word, is omdat daar iemand is wie pappa vir meer sien as net pappa. Sy kyk met honger oë na ‘n sexy, aantreklike man! Sy sien hom buite sy rol as pa van die huis. Laat jou kinders hom pappa noem en jy noem hom enige iets anderste solank dit net in ‘n sexy nighty is!

So vir hierdie Vadersdag, stuur ‘n dankie boodskap vir jou biologiese pa, kry jou kinders om kaartjies te skryf vir hulle pa, en jy drop jou mamma-houding en bring erotika terug in julle sekslewe. (Moenie bekommer nie Erotika is nie ‘n regte persoon nie! Sjoe ons het nog baie werk om hier te doen!)

En ‘Mamma’ mag nie toelaat dat ‘pappa’ sy ding doen en omrol nie. Vra vir meer! Lei sy hand. Wys hom wat jy wil hê! Want jy is nie dan ‘n mamma nie, jy is sy wit warm vrou! Maak seker hy weet dit!

Het jy geweet die man benodig ook genoeg voorspel? Net omdat die man ‘n ereksie het, beteken dit nie hy is reg vir seks nie. Hoe meer voorspel jy vir jou man gee (en jy as man vir jouself toelaat – leer ‘n bietjie geduld jong!) hoe lekkerder en beter sal die orgasme aan die einde wees, en hoe langer sal jy eintlik kan uit hou met jou seks sessies.

Maak vandag die laaste Pappa-dag, en jou man se gelukkigste Man-dag!

As julle sukkel om dit vars te hou in die slaapkamer, maak seker julle skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap program vir al die tegnieke, wenke en seks advies wat jy benodig vir ‘n wit warm sekslewe.

Kliek hier: Gesonde Seks Mentorskap

 

 

Gesonde Seks Movie review – Don Jon


Don-Jon

Gesonde Seks Movie review – Don Jon

Romanties:                                      1/5

Eroties :                                           4/5

Gesonde Seks Boodskap:            5/5

Ouderdoms beperking:                 18 S,N,L

Director: Joseph Gordon-Levitt

Writer: Joseph Gordon-Levitt

Stars: Joseph Gordon-Levitt, Scarlett Johansson, Julianne Moore

Ons wou al ‘n geruime tyd met ‘n Gesonde Seks Movie review begin, en met watter beter movie as een oor pornografie en masturbasie om mee te begin. Hou net asb in gedagte hierdie is nie ‘n gewone movie review wat na acting, geweld, taal, of enige iets anderste wat ‘n goeie movie laat uitstaan van ‘n swak een nie. Hier gaan ons movies review wat ons voel het ‘n sterk Gesonde Seks boodskap om te vertel.

Kom ek begin om te noem dat hierdie fliek – Don Jon, is rof en onbeskof. As jy ‘n sensitiewe kyker is, moet jy maar eerder hom ‘n mis gee.

Maar as jy bereid is om taal, krasheid, seks en nudity verby te kyk (ek weet nie hoe baie mense wil seks en nudity verby kyk nie) vind jy ‘n baie insiggewende blik op die krag van pornografie en masturbasie op die man.

Die storie gaan oor ‘n jongman wat passie voel oor sy lyf, kar, huis, vrouens (ja daar is baie one-night-stands), sy kerk en sy familie.

Maar maak nie saak hoe baie seks hy saam met mooi vrouens het nie, sy behoefte om porn te gaan kyk is oorheersend en los hom om happy endings vir homself te gee.

Sy girl (aktriese Scarlett Johanson, wie grootliks bydra tot die erotika van die movie) vang hom en dit is die einde van die verhouding. (In berading vind ek BAIE huwelike wat op die rotse kom as gevolg van agter die rekenaar kom.) In my opinie, is pornografie NIE ‘n rede om te skei NIE.

Hierdie fliek verduidelik aan die vrou wat ‘n man van porn kry en wat die groot trekkingskrag is van pornografie. Libido energie kan voorgestel word soos die vloei van water. In die sin dat dit soek altyd die pad van die minste weerstand. As ‘n ou lus is en hy voel hy kan makliker en vinniger by orgasme uitkom as om nou eers sy vrou in die mood te kry, dan raak porn ‘n baie goeie alternatief. (click, click, click, ahhuuuhaaa.)

Hier is twee dinge wat ons hier kan leer.

#1 Pornografie leer vir die man ‘n baie selfsugtige stel van seksualiteit. As jy werklik seks wil geniet SAAM met iemand gaan jy moet kan gee net so veel (eintlik meer) as wat jy ontvang. Met porn, hoef  jy niks te gee nie (soms jou kredietkaart), maar dit is net ek, ek, ek, ek. (Wat die hoofkarakter aan die einde van die movie wel begin agterkom.)

#2 Pornografie leer vir die vrou dat haar man nie lief is vir haar nie, dat sy nie goed genoeg is nie, dat die seks wat hy by haar kry is boring, ens, ens. Let op alles is ook, ek, ek, ek, ek. Maar omdat dit haar man was wat die porn kyk, is sy in die reg en daarom is haar EK meer geregverdig as sy ek. Dames moet verstaan dat as hulle mans porn kyk, dit NIE ‘n refleksie is van hulle vermoë om ‘n goeie vrou te wees nie. Dit is jou man se eie issues en worstelings wat hom daaraan gebonde hou. So as jy regtig daar wil wees vir jou man, moenie die porn nou oor JOU maak nie, maar luister en wees daar vir HOM. (In die meeste van die berading wat ek met mans werk oor porn verslawing is daar amper altyd ‘n dieper emosionele rede hoekom porn die meester is in sy lewe. En wanneer die vrou emosioneel reageer en die ‘victim’ kaart speel, help sy nie veel vir haar man om met sy emosionele wortel te deel nie. Inteendeel, dit laai net die skuld en maak die ontvlugting al hoe meer aanloklik.

 

Pornografie in dit self kan nooit ‘n huwelik vernietig nie. Dit is ons reaksies daarop wat huwelike verwoes. So as jy iets wil verander, verander jou gesindheid en besluit om jou huwelik bo jouself te kies.

Don Jon Trailer

Anoniem deel haar gevoelens oor die lewe na die dood van haar geliefde.


grave-flowers_2599501b

Hi Tim, long time no chat. In tien maande se tyd het soveel dinge al gebeur. Ek het soveel dinge geleer van mense en van die lewe. Ek het geleer van eensaamheid en hartseer. Van verlies en memories. Maar ook dat alleen ok fine is, dat hartseer eintlik bitter diepe liefde is wat nooit sterf nie, dat die verlies van ʼn lewensmaat net verlies is as dit vermorste tyd was dat memories nooit ooit uitgewis kan word nie en dit die asem van die lewe is.

Alles in ag genome bly alleenwees alleen. Ek wonder oor die dinge en wonder wat staan ʼn jong weduwee soos ek te doen? Ek’t hierdie perfekte huwelik gehad, ʼn hero van ʼn man en my prentjie was eintlik so perfek soos mens kan hoop dit kan wees.

Toe tree die ongenaakte dood in en ek staan alleen met vier kids om voor te sorg sonder enige finansiële ondersteuning. Ek moet leer dat die lewe se lelik van my weggehou was deur ‘n hero. Dat alle mense nie noodwendig goed en eerlik is nie. Dat om die broodwinner te wees soveel meer as net finansies behels. Dat om roetine en dissipline te handhaaf veel meer as net reëls behels. Dat hartseer tyd vat om ʼn rofie te maak maar dat die lewe nie tyd het om stil te staan en wag vir jou totdat jy wee gereed is om op die tyd wa te klim nie.

Op 33 was my planne net om my kids groot te kry, vir hul ʼn toekoms te bou en saam my liefie oud te word. Ek’t ʼn fokus in die lewe gehad, ‘n steadyness en standvastigheid in die lewe wat my veilig laat voel het. Nou wonder ek, wat doen ek nou as alleen ma en vrou????

Soek ek ‘n man of aanvaar ek die eensaamheid? Ek en my engel se sekslewe was nog altyd om die minste te se witwarm, my hormone het ongelukkig nie ook saam met hom gesterf nie en het ek geleer om myself te bevredig wat ‘n kosbare en opwindende reis is, maar soms smag die vlees na vlees. Die komplikasies van beide kante, alleen bly of ʼn nuwe vreemde man is eindeloos, maar as ek weet waarop om te fokus sal ek min of meer weet hoe om my lewe te beplan.

Hou aan om julle vuur te poke, blaas en stook…


fireHou aan om julle vuur te poke, blaas en stook…
Om die vonk in jou huwelik aan die gang te hou, maak nie saak hoe lank jy al getroud is nie, is so eenvoudig soos om ‘n kaggelvuur te maak.

In die begin pak jy al die droë hout, stokkies en blits, koerantpapier, en steek aan. Die vlamme is vinnig groot en warm. As jy soos die meeste paartjies die fout maak om terug te sit en die hitte te geniet, gaan jy gou-gou wonder hoekom is die vuur uit. Want alhoewel daar baie groot vlamme was in die begin, was die hout nog nie aan die brand nie. Dit is maar oppervlakkige vuur gewees.

Daar is net een manier om ‘n kaggelvuur aan die brand te kry en te hou. Om die vuur te dokter, om aandag aan die vuur te spandeer, om te poke, blaas en stook…

In ander woorde, jy moet gedurig met die vuur peuter, en liefde aan die vuur wys. As jy dit kan leer hoe om in jou verhouding te doen, dan sal jy selfs op jou oudag nog ‘n vonkel vir mekaar in julle oë hê.

Maar Timothy dis, te moeilik op ons eie. Ek weet nie waar om te begin nie?
Wel, vir daardie rede het ek en Janet ‘n maandelikse Mentorskap program ontwikkel waar ons vir julle ons geheime vertel en ‘n padstap saam met julle via email om elke week ‘n herinnering te gee vir julle om julle vuur te poke, blaas en stook.

As jy deel wil word van ons Mentorskap program, gaan na www.gesondeseks.co.za en kliek op Mentorskap

Jy kan ons ook email by admin@gesondeseks.co.za om meer informasie te bekom oor ons Mentorskap program.

Sex sells, maar wat van Gesonde Seks?


magic mike

Dit is ʼn algemene aanvaarde spreekwoord “sex sells”, ons almal weet dit, maar wat van Gesonde Seks?

Ek wonder soms of ek meer kaartjies tot my verhoogproduksie “Die Stripshow” sou verkoop as ek regtig met my klere sou strip? (Dit is seker nie die strip van klere wat mense lok nie, maar die lyf agter die klere? So ek sal ʼn bietjie meer moet gaan gym voordat ek dit kan doen.)

In my “Die Stripshow” strip ek nie regtig met my klere nie (wel net so bietjie), grootliks omdat ek nie soos ʼn stripper lyk nie, maar ook omdat ek dink dit is meer gesond om met woorde te strip.

Natuurlik is daar voordele om na ʼn stripshow te gaan kyk, dis lekker, mooi en eroties.

Maar wat verander dit? Hoe verryk dit jou huwelik? Hoe maak dit jou ʼn beter lover? Hoe bemoedig dit jou om in jou seksualiteit te groei?

Gesonde Seks is nie regtig baie oor gepraat of besing nie.

Hoekom is dit dat in al die hygromans, movies en stories is erotika, seksuele plesier en genot te vinde buite die huwelik? Nooit word die seks in ʼn gelukkige getroude huwelik besing nie.

Hoekom nie?

Daar is twee moontlike rede hiervoor, waaraan ek kan dink.

#1           Die seks in ʼn huwelik is nie wonderlik en eroties genoeg om oor te praat, sing of dans nie. Dis boring, afgesaag, eentonig, missionary, min en wyd gesaai. Kyk net na al die grappies oor ʼn huwelik, en na TV wat ʼn huwelik uitbeeld. Almal beeld seks uit as bleeaa.

#2           Of as daar wel huwelike daar buite is wat wel goeie erotiese seks het, is dit beskou as te heilig en rein om daaroor publiek te praat. “Jy mag nie uit die slaapkamer praat nie” jy weet! Want seks in ʼn huwelik is nie soos seks buite die huwelik nie. Dit is meer gesofistikeerd. Dit is rein. Dit is 2 wat 1 word. Dit is intimiteit. Dit is saamwees.

Eroties nee, dit is bietjie te ‘dierlik’, wellustig.

Dit is seker ʼn kombinasie van die twee. Baie huwelike het nie goeie sekslewens nie, want daar is geen goeie rolmodelle van gelukkige lank getroude paartjies wat oor hulle sekslewens spog nie.

Daarom dink ek ons moet weer begin strip met ons woorde, dat ons hierdie taboe van erotiese seks in ʼn huwelik kan breek.

Ek dink ons kan wel die ‘heiligheid’ van seks behou terwyl ons die ‘erotiese’ seks geniet.

Daar is vir ons ʼn baie goeie voorbeeld van “uit die slaapkamer praat” met beide die heiligheid en erotiese sye van seks. ʼn Voorbeeld na wie ons almal kan opkyk en naboots.

Die liefdeslewe van Salomo en sy beminde in die Bybelboek van Hooglied.

P.S het jy al jou kaartjies bespreek vir my openingsvertoning van “Die Stripshow” by die Brooklyn teater in Pretoria vir die 12de April?

Bepreek nou by Computicket of skakel 0861 951 8000