Wit Warm Wenke

Wit Warm Seks Wenke
Aangesien so baie van julle vir my gevra het vir praktiese advies om julle seks lewe op te kikker, het ek dit goed gedink om op hierdie semi-verskuilde deel van my blog ’n bietjie meer sexy, intieme en vir die avontuurlustige paartjies, wit warm seks wenke te gee. Neem kennis dat sensitiewe lesers dalk ongemaklik mag raak. Vir die res van julle wat gemaklik is met die ‘ongemaklikheid’ van die seksuele erotika wat diep binne jou brand, geniet dit!
Ek sal gereeld nuwe Wit Warm Wenke hier post, so maak seker jy besoek my blog gereeld. Stuur ook vir my ’n e-pos met een of twee van jou eie seks wenke wat jou sekslewe vuur warm hou. timothy@gesondeseks.co.za

Nuwe Wit Warm Wenk

Jack-in-the-box Tegniek
Penetrasie is soms baie meer sensitief en genot vol as die ‘thrusting’ wat gewoonlik daarna volg. So hoekom verleng jy nie die penetrasie nie deur om te penetreer en dan weer uit te trek. Penetreer en dan weer uit te trek. Jy kan die diepte en snelheid van die penetrasies afwissel asook om tussen penetrasies ’n bietjie aandag aan ander dele van jou vrou gee. Hierdie tegniek sal die spanning bou en ’n goeie fondasie lê vir ’n sterk orgasme om te volg vir julle albei.

Argief

Seks Posisies

Variasies van die ‘missionary’ posisie
Tydens ’n variasie van die ‘missionary’ posisie kan die vrou se G-Kol ook gestimuleer word deur die penis. Daar is twee hoof variasies van die gewilde missionary posisie. Die een is om die vrou se boude op te lig. Dit kan maklik gedoen word deur om ’n kussing onder haar lae rug te plaas of, as die man sy krag wil afwys, kan hy haar by haar heupe oplig.

Die ander variasie is vir die vrou om haar knieë te buig en teen die man se bors te druk. Hierdie posisies verander die vorm van haar vagina sodat dit stywer om die penis is. As die vrou gimnasties is en kans sien, kan sy altyd met haar enkels op die man se skouers laat rus, terwyl hy die penetrasie met snelheid en diepte afwissel.

Vir Hom

Hoe om jou man se G-Kol te vind
Wat? Het ’n man ook so iets? Dalk meer akkuraat moet dit die P-Kol genoem word, want die is te vinde in albei die man en die vrou se prostaat. Vrouens het die skene’s gland (vroulike prostaat) wat hierdie ekstra plesier verskaf indien dit reg gestimuleer word tydens seks.
Om die man se G-Kol te stimuleer, kan jy effense drukking op sy perineum plaas. Die perineum is te vinde tussen die man se skrotum en sy anus. Tydens seks, druk effens op die perineum met jou vingers en volg jou man se instruksies oor hoe hard om hom op die perineum te druk. Hierdie drukking plaas druk op die prostaat asook die urethra wat plesierig voel veral tydens ejakulasie.

Vir Haar

Hoe om jou vrou se G-Kol te vind
Vir beide die man en die vrou is die stimulasie van die G-Kol mees plesierig op die punt van orgasme en kan ongemaklik wees indien jy te vroeg die G-Kol begin stimuleer. Die beste manier om die vrou se G-Kol te stimuleer is om jou vinger in haar vagina te plaas sodat jou palm boontoe wys. Dan kan jy met jou vinger ’n ‘kom-hier’ beweging maak om haar aan die bokant, (tussen 11uur en 1uur posisie) van haar vagina te stimuleer. Volg haar instruksies oor presies waar dit vir haar die lekkerste is en hoe hard en vinnig jy met jou vinger kan beweeg.
Jy kan ook tydens penetrasie seks haar G-Kol stimuleer deur jou penis met jou hand te beweeg sodat die kop van jou penis teen die bokant van haar vagina druk. Hierdie is vir beide die man en die vrou plesierig wanneer die vrou hom soos ’n ‘joystick’ binne haar rondbeweeg.

Vir Hom

Die Squeeze Tegniek
Omdat so baie mans sukkel met prematuur ejakulasie of altans net heeltemal te vinnig klaarmaak voordat sy vroutjie selfs eers begin het, is die Squeeze Tegniek ’n wonderlike manier vir die man om sy meneertjie ’n bietjie te oefen. Jou seksualiteit is iets wat jy kan oefen en verbeter. Die meeste mans is in ’n patroon van vinnige ejakulasie vas gevang, omdat dit die patroon was van masturbasie tydens jonger jare, waar jy dit net wil oor en verby kry voordat iemand jou vang. Jy kan die Squeeze tegniek op jou eie doen of saam met jou vrou. Net voor die punt van geen omkeer (jy voel hoe sperm vry gelaat word en 1…2…3 sekondes later is alles verby), druk jy of jou maat stewig met die duim en voorvinger net onder die kop van die penis. Hou stewig vas vir so 30 sekondes totdat die gevoel van orgasme nie meer daar is nie. Die man sal effens sy ereksie verloor, maar sal dit weer optel sodat normale liefde-making voortgaan. Onthou net ‘practice makes perfect’ en met herhaaldelike oefening sal jy jouself kan leer om langer seks te hê, sonder om te bekommer om te vroeg orgasme te bereik.

Vir Haar

Vind die Heuning
Die meerderheid vrouens kla oor die feit dat hulle mans nie genoeg tyd aan voorspel spandeer nie, so hier is ’n lekker, ‘sweet’ idea om dit vir al twee pret te maak. Dit begin om jouself te ontkleed en hom te blinddoek. Dan neem jy heuning of enige iets wat hy dalk van hou (biltong kan ook seker werk, dit is net neem net ’n bietjie van die romans weg) en sit dit iewers op jou naakte lyf. Jy kan meer as een plekke die heuning sit. Dit is dan jou man se beurt om net met sy tong te soek vir die heuning.

Vir Hom

Koue Warm Asem
As gewone orale seks nie vir ’n man goed genoeg is nie, gaan jy sy ‘mind blow’ of meer gepas as ons dit in Afrikaans vertaal ‘jy gaan sy kop blaas’ met hierdie ene. Maak vir jou ’n koppie tee of koffie asook ’n glas yskas water met ys in. Neem al twee drankies slaapkamer toe en sê vir hom hy moet net ontspan en sy oë toe maak. (Hierdie sal hom help om meer op die gevoelens en sensasie te konsentreer). Neem een slukkie warm tee, spoel dit rond in jou mond en dan sluk. Dan neem sy penis in jou warm mond en doen jou ding. Maar nie te lank nie, neem nou ’n slukkie van die yskas water, spoel rond in jou mond en sluk. Neem sy nog warm penis in jou nou koue mond en geniet hoe jou man onder jou beheer smelt. Herhaal die warm-koud asem vir so lank dit sy tone laat omkrul.

Vir Haar

Vinger Omhels
Hierdie is ’n goeie manier om haar ’n bietjie vinniger warmer te maak sonder om jou klaar te maak. Lê op julle sye na mekaar toe. Terwyl julle mekaar lekker soen laat jou arm wat jy op lê haar klitoris vind. Met jou vinger maak sagte ronde bewegings rondom die klitoris. (As jy dit reg doen, sal jy voel hoe die klitoris opswel en groter word soos wat sy meer seksueel opgewek word.) Met jou ander arm beweeg om haar boude en soek haar vagina. Vir eers bly net buite die vagina, doen terg penetrasie met jou vinger. Laat die opwinding bou. Hierdie stimuleer haar op al twee sensitiewe plekke gelyktydig. Hou so aan totdat hy jou in nooi.

 

Wil jy elke Vrydae so ‘n Gesonde Seks Wit Warm Wenk ontvang?

Kliek hier om jou Vrydae Gesonde Seks SMS huiswerk te ontvang: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/sms

 

38 thoughts on “Wit Warm Wenke

  1. Ek het die yswater met my man probeer en hy se vreeslik dankie dit is “mind blowing” soos julle beskryf. Dankie vir die tips !!!

  2. Hi daar ek wil graag hoor waar mens ‘n vibrator kan koop sonder om in ‘n dodgy plek in te loop. Ek sukkel met lae libido en het ‘n wonderlike man, maar wil graag my libido aanehelp. Baie dankie

  3. Kani wag tot vanaand nie! 1 meisiekind slaap by die ouma en gelukkig het baba n slaap roetine!! Dankie vir die wenke Timothy,ek moet net meer moed bymekaar skraap vir die seks toys – of dalk net die goed koop en my man surprise!!

  4. Foonsex (veral op Mxit) het my gehelp en geleer om ure lank te ‘speel’ en my liefdespel baie verbeter. Ek het meeste van jou tegnieke al op die proef gestel en dit werk pragtig. Dankie vir jou artikels.

  5. Dit is so…..ek en my man het sedert hierdie jaar meer daaraan begin spandeer….en WOW……it is mind blowing hoe Amazingly wonderful ons sex lewe verbeter het!

  6. Jou wenke is fantasties baie dankie !! Ek hou van eksprimenteer, so sou ek di een met jou kan deel, en jy dit in n wenk kan gebruik en publiseer vir di meer eksotiese, met n lekker 4 play is di asemrowend vir my, ek vat di hol groot ysblokkies, sit dit in my mond en speel so van kop na tone met my manlief, en hy natuurlik met my, en hier kom di lekker deel, ek druk dan so 2 tot 3 binne in my en laat manlief dan ingaan, dit is skoon koel en smelt soos ons hitte vlamvat…geniet

  7. ai my man werk 10 weke weg van die huis af en prober elke keer as hy huis toe kom iets nuuts. het laas die sweety pie prober as hy nou weer kom gaan ek koffie en ys probeer. hy hou nie van orale seks nie hy se dit voel nie vir hom reg. nie en ek probeer hom verkeerd bewys.

  8. Ek en my man is al 3jaar saam en is nou al 5maande getroud.Ek is n groot vrou en is skaam om wild liefde maak met my man te he.Hy wil so graag he ek moet sy pines suig maar ek kry skaam.Kan jy dalk vir my raad gee asb ek is baie lief vir my man.
    Baie dankie

    • Baie vrouens voel skaam om vir die eerste keer orale seks te gee of ontvang. ‘n Baie goeie manier om te begin is eers om gemaklik te raak om met jou man se penis te speel met jou hande. Kyk vir die penis, bestudeer die penis. Raak verlief op die penis.
      Daarna kan jy oorgaan na orale seks.
      As dit steeds te moeilik is vir jou kan jy jouself blinddoek en net doen wat jou man vir jou begely om te doen. Dat jy jou aksies oorlaat aan iemand wie jy vertrou en lief het, sonder dat jy self verantwoordelik hoef te wees vir wat jy nou doen nie.
      Hoe meer jy dit doen, hoe meer jy sien hoe jou man dit geniet, hoe meer jy van die penis begin hou, hoe makliker sal dit vir jou raak om orale seks vir hom te gee.

  9. Ek is mal oor die blog het nie eers geweet dit bestaan. ek wou eintlik gaan op soek het hoe maak mens n hond kwaai toe sien ek die blog. glo my ek is nie spuit nie gaan die koffie en yswater somer venaand doe nou kan ek regtig nie meer wag vir venaand my man gaan nie weet wat hom getref het nie. 10000 dankies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s